Foto’s: Misdadigers moet nou oor hul skouers loer in dié gemeenskappe

Foto: Facebook.

Misdadigers en bendelede in Gelvandale, Bethelsdorp en Motherwell moet omtrent bontstaan nadat lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris Saterdag ʼn ingrypingspan in dié polisiëringsgebiede ontplooi het.

Die span, bestaande uit 30 lede van die nasionale ingrypingseenheid, taktiese reaksiespan asook die openbare orde polisie‑eenheid, konsentreer op bendegeweld en trio-misdade (huisroof, sakeroof en kaping).

Tydens hul eerste skof Sondagmiddag in die noordelike gebiede is geen skietvoorvalle aangemeld nie. Vrydag verlede week is nege verdagtes vasgetrek vir misdrywe wat wissel van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding, kwaadwillige saakbeskadiging en/of die besit van dwelms.

Ntshinga het gesê die polisie se optrede sal verskerp word totdat hulle tevrede is dié gemeenskappe is veilig en die omgewing gestabiliseer. “Ons het ook ʼn naspoorspan van die provinsiale kantoor na die speurders gestuur om hulle te help om gevaarlike misdadigers op te spoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cynthia TREDOUX ·

Halleluja….uiteindelik kom daar REDDING vir die onskuldige mense wat DAAGLIKS sterf as gevolg van BENDE BEDRYWIGHEDE!

Antjie ·

In Bloem maak die bendelede lede van die Valke dood. Misdaad spoel nou oor na die strate en winkelsentrums in die gemiddelde-inkomste buurte. Maar, hoekom is hier na maande nog niemand van hierdie span ontplooi nie?

Karolis ·

Want in PE moet die anc iets doen om die bewind terug te wen.

Tulani Jubileus ·

Wel gedaan!!!! dit is hoe ons die Polisie mag ken!!! meer dorpe moet hul probleem areas so red van die boelies en moeilikheid maakers!!!!!!

Ouvrou ·

Moet die wiele altyd eers afval voordat iets daaraan gedoen word? Maar dankie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.