[Foto’s] Modimolle-pad weer oop ná betogings

R101 in Modimolle op 19 Februarie 2016 (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

R101 in Modimolle op 19 Februarie 2016 (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

Die R101 in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo is weer oopgemaak ná gewelddadige betogings in die gebied.

Inwoners het Vrydag die pad met klippe en brandende bande versper en glo ook ʼn vragmotor aan die brand gesteek.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van die openbareorde-eenheid het met rubberkoeëls op die persone geskiet om die skare te verdryf. “Vyf persone het mediese behandeling ontvang vir geringe beserings,” het sy gesê. “Dit is nog nie duidelik of dit weens die rubberkoeëls was of algemene beserings is wat hulle tydens die betoging opgedoen het nie.”

Die inwoners betoog oor ʼn gebrek aan water in die gebied. Maroela Media het vroeër berig inwoners van Mankweng betoog ook oor ʼn gebrek aan water.

Otto het gesê gerugte dat iemand dood is, is vals.

“Niemand is nog formeel in verband met die betogings in hegtenis geneem nie,” het sy bygevoeg. “Die pad tussen Modimolle en Mookgophong (Naboomspruit) is Vrydagaand weer oopgemaak en voertuie kon daarop ry, alhoewel daar steeds ʼn paar klippe op die pad is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kobus ·

Dis nou baie slim. Jy betoog oor ‘n gebrek aan water, dan steek jy ‘n vragmotor aan die brand sodat hulle water moet gebruik om die vuur te blus.

Michael ·

Ek verstaan dit nie iets moet altyd aan die brand gesteek word ek wonder of dit ‘n konektasie met die duiwel en die hel is.

Amoba ·

Die water-tekort is ñ realiteit. Die mense in Phagameng het al langer as ñ week geen water nie. Nie net was- of drink water nie,maar geen water vir die toilette nie. Hulle word al jare beter voorsiening belowe. Niks word daaraan gedoen nie. Mense staan al van 03h00 in die oggend om bietjie water by die waterkarre te kry. Hierdie waterkarre is ook nie gereeld soos “belowe” nie. Wat sou jy doen om “gehoor” te word?
Dit is swak munisipale bestuur se skuld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.