Foto’s: Moloto-pad eis nóg 10

Die ongeluk naby die KwaMhlanga/Moloto-kruising op 13 Junie 2015 Foto: Life24

Die ongeluk naby die KwaMhlanga/Moloto-kruising op 13 Junie 2015 Foto: Life24

Tien mense, waaronder ʼn sewejarige dogtertjie, is Saterdagaand in ʼn ongeluk op die Moloto-pad, ongeveer 10 km voor die KwaMhlanga/Moloto-kruising, op die grens tussen Gauteng en Mpumalanga oorlede.

“Vyftien persone is beseer, waarvan 10 ernstig beseer is,” het Mercia Blake, bestuurder van Life24, in ʼn verklaring gesê. “Van die beseerdes is na die KwaMhlanga-hospitaal geneem.”

ʼn Sewejarige dogtertjie is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. “Die res van haar gesin het ook in die ongeluk gesterf,” het Blake bygevoeg.

Volgens haar het die verkeer tot ʼn stilstand gekom en het kilometers ver opgehoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Daardie is die pad van die dood want daar word gejaag soos die hel self en padreëls word verontagsaam om elke hoek en draai. Verbasend dat daar nie meer sulke ongelukke is nie.

Elize ·

Self die Verkeerspolisie oortree erg op die pad, daar word verby gesteek op blinde hoogtes en draaie, by sperstrepe…….die mense op die pad het hoegenaamd geen intensie om by enige pad en verkeersreels te hou nie. Ek ry die pad daagliks, en laat die idiote maar net verby gaan, alvorens ek deel van die statistieke op daardie pad raak.

Sussie ·

Laas naweek is ek en my gesin amper van die pad afgery ook deur ‘n bus, die verkeer was baie erg en toe die voertuig voor my brieke aanslaan moes ek ook en die bus agter my het die heeltyd nie by die spoed grens gehou nie, die drywer het geen moeite gedoen om eers te probeer briek nie en ek kon gelukkig uitswaai na die anderkant van die pad en hy het die motor voor my net-net gemis. nou wonder ek of dit dieselfde drywer is wat laas naweek ook so onverskillig bestuur het. En dit laat ‘n mens wonder hvl van die bestuurders van die busse kan bestuur. hul voel absoluut ‘n veer vir ander motoriste. Dis hoogtyd die verkeers persone bietjie hul werk in die aande ook doen en nie net deur die dag nie. En party van die busse is regtig oorlaai van mense!!!!

Grotman ·

Hoeveel mense moet nog op daai pad sterf voor die verdomde regering iets gaan begin doen?

Alki ·

My kind werk by ‘n wildsplaas op daardie pad moet die pad baie ry, ek het ook al die pad gery, die motoriste, swart en wit ry soos maniakke, ek is al vieslike tekens gewys deur wit mans in dubbelkajuit bakkies wat van agter verby kom, ek ry 80km/h wat die spoedgrens op daardie pad is, dit is geen wonder daar is so baie ongelukke op daardie pad nie

Peet Schabort ·

Alki, ek en jy voel dieselfde oor die dubbelkajuite (en soortgelyke goed) wat dominerend en dommenerend hul gedra op die pad. Daar was in die afgelope tyd ‘n hele paar van hierdie tipe goed ook in ongelukke betrokke gewees. Dié soort voertuie gee sekeres ‘n status agter die stuurwiel, altans dis wat hul dink te oordeel aan hul padmaniere.
Ook is daar diegene van enige soort van voertuig wat ‘n totale gedaanteverwisseling ondergaan sodra daar agter ‘n stuurwiel plaasgeneem word.

monique ·

my innige simpatie met die oorledenes se gesinne, ek sieen daar is WEER n PUTCO BUS betrokke. ek lees nie in die berig dat putco ge kontak is deur die media vir n pers verklsring nie? daardie busse ry in hulle honderde daardie pad elke dag en hulle ry soms meer as 120 km/h. hol kom op jou af gestorm en jy moet maar net hoop en bid jy draai betyds uit sy pad uit. daar is niks voud met die pad nie, dit is die gebruikers wat noe wet en orde toepas nie! as die sped grens 80 is dan ry ek 80, bogger die res…. maar waar trek mens die lyn as jy sien dis dan lewens gevaqarlik. ek voel daar is al teveel putco busse betrokke in ongelukke en hul reik nooit n media verklaring uit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.