Foto’s: Motor ploeg deur huis se dak

motor-dak-1’n Man van Kwamakhutha in die suide van Durban het Donderdagoggend met ʼn skok wakker geskrik en afgekom op ʼn motor wat deur sy huis se dak geploeg het en halfpad in die woonkamer hang.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê ʼn man het omstreeks 08:30 op ʼn pad met ʼn effense helling langs die huis gery toe hy iets getref het wat die motor die lug laat inskiet het. Die motor het deur die huis se dak geval en met die enjinkap na bo in die huis se leefarea tot stilstand gekom.

“Die persoon het glo in die slaapkamer langs die leefarea geslaap toe hy wakker geskrik het van ʼn harde slag,” het Rossouw gesê. “Niemand is in die voorval beseer nie.”

Die omstandighede rondom die voorval sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Se Maar Net ·

Hoe is die lewe kry die bestuurder dit reg?
Dit lyk of die voertuig uit die lug geval het.
Brandewyn het nie remme nie!!!!

Theresa ·

Goeie genade – Nou het ek alles gesien. Wat doen die mense……..????!!!!

Rissiepit ·

Hy het te laat onthou “don’t drink and drive….” Toe probeer hy seker “drink and fly” Hy het beide toetse gedop

Winston ·

Hierdie bestuurder het net probeer om vinniger n voertuig in die lug te kry as die manne wat tans aan hulle werk. LMGA

ELSA ·

NOU HET EK OOK ALLES GESIEN……JAA BRANDEWYN HET NIE BRIEKE NIE..

zahn ·

Effense vae omskrywing van ‘n effense bult. Klink vir my nader aan ‘n effense steil bult. Nou wonder ek ook, wat kan jy tref wat jou motor so in die lug in laat opskiet? Daai jare het landmyne daai gewoonte gehad, maar hulle kon jy hoor, as jy baie ongelukkig was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.