[Foto’s] Motor skeur in twee ná botsing

Die motor se wrak: Foto: ER24

Die motor se wrak: Foto: ER24

ʼn Man in sy 30’s is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Sondag met sy motor in Vanderbijlpark, Gauteng, teen ʼn boom gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 13:00 in Frikkie Meyer-rylaan plaasgevind.

“Die man het beheer oor sy voertuig verloor waarna dit teen ʼn boom langs die pad gebots het. Die trefslag het veroorsaak dat die motor in twee geskeur het,” het Vermaak gesê.

Die man is ʼn paar meter van die wrak aangetref.

“Hy was in ʼn kritieke toestand met erge beserings aan sy kop en bors. Hy is aan lewensondersteuningtoerusting gekoppel en na die Sebokeng-hospitaal gehaas vir behandeling.”

Die oorsaak van die botsing is onbekend en word ondersoek.

FrikkieMeyer-2

Die motor se wrak. Foto: ER24

FrikkieMeyer-3

Die motor se wrak. Foto: ER24

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Landie ·

Die oorsaak van die botsing is SPOED, niks meer en niks minder nie.

Speedguard ·

‘n Boom wen ongelukkig altyd die stryd, hoop die kerel herstel volkomel van sy beserings!!

Ken ·

Nie alle bome is jammerkrywaardig nie, jy weet mos hoe gereeld die stout bome deesdae voor karre onverwags inspring in die nuwe SA!

KarooKlong ·

Swak motortjie wat nie eens heel kan bly as ‘n boom voor hom inhol nie.

Marianne ·

Genade!!!!!! Dat die ou nie ook in stukke is nie is ‘n wonder.
Spoed, onverskilligheid, “af show”, woede en drank of dwelms – is die hoof redes vir ongelukke deesdae.
Ai mense kyk, lees en Kom by. DAAR IS DIE TYE WAT JY NIE AGTER DIE STUUR VAN ‘n VOERTUIG KLIM NIE!!!

Pixie ·

Ag tog sterkte vir jou.
1 uur in die middag? Het jou vrou/vriendin jou
kwaad gemaak want ek stem saam met Landie.
Spoed ! Nee my ou mater jy het te vinnig gery.

Piet Pompies ·

Frikkie Meyer Boulevard in VDBP het ‘n spoed beperking van 80km/h, die bestuurder van die voertuig het nie by die pad reels gehou en sodoende sy eie lewe en ander pad gebruikers se lewe in gevaar gestel.

Philip ·

Die spoed beperking in Frikkie Meyer Boulevard is 60km/h en nie 80 nie. So hy was ver oor die spoedgrens

Varkie ·

Ek het juis vanoggend oppad werk toe ook n verlate kar gesien wat oor die sypaadjie in ystertralies gery het van sport gronde in Pretoria oornag.. geen mens weet hoekom nie

Wollie ·

Krisis! Mens sal dink julle almal was in die kar!!! Hoe sal julle nou weet hoe vinnig het die lid gery. Ek het my bakkie op 60km/h gerol ( na n taxi my van die pad af gedruk het)en dit het baie erger gelyk. Hou op aanneem en KRY DIE FEITE!

Jan maak n Plan ·

As die kop dom is moet die lyf maar voel. Geen voertuig raak buite beheer as mens stadig ry nie. Hoop die man word darem goi gesond en leer hopelik uit sy fout uit.

Wern ·

…Dan doen hy dit maar net weer. Ek hoop nie hy klim ooit weer in n kar om dalk enige van ons volgende dood te ry nie. Zero tolerance vir misdaad!

tammy ·

Nee julle, wees nou ernstig, watter fabrikaat is die kar? Laat weet ons asb as jy seker is.

Fanus ·

Dalk moet iemand die foto vir VW stuur, sal graag hulle kommentaar wou hoor :)

Fanus ·

Sou graag VW se kommentaar wou hoor oor die motortjie van hulle :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.