Foto’s: Motorfietsryer sterf, 2 voertuie brand ná kettingbotsing

Foto's: Netcare 911

Foto’s: Netcare 911

ʼn Man is Maandag dood en vier ander mense is beseer tydens ʼn botsing tussen drie voertuie en ʼn motorfiets in Durban.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die M4-snelweg by die Blue Lagoon-brug plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê. “Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het twee voertuie gebrand. Die insittendes kon betyds uit die brandende wrakke ontsnap.”

Twee mense het ernstige beserings opgedoen en die ander twee is gering beseer. Die motorfietsryer is op die toneel dood verklaar.

IMG-20140519-WA0026 as Smart Object-1

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jakes ·

Nuwe Kayalami mos! Charro GTI met meths en gas. GEEN normale brandstof maak so wolk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.