ʼn 56-jarige motorfietsryer is Dinsdagmiddag in ʼn botsing in Krugersdorp aan die Wes-Rand dood.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 14:00 op die R28 by die aansluiting van Viljoenweg plaasgevind.
“Met paramedici se aankoms op die toneel is daar bevind dat die motorfiets en ʼn motor gebots het. Die motorfiets het die motor teen die kant getref. Die bestuurder van die motor was in ʼn stabiele toestand en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Dollman gesê.
Die motorfietsryer is in ʼn kritieke toestand aangetref. Paramedici het dadelik noodhulp begin toepas, maar ondanks volgehoue pogings het hy aan sy beserings beswyk. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
Indien dit in Krugersdorp gebeur het, is dit die Wes-Rand. Baie tragies!
Sover ek weet is Krugersdorp nie aan die Oos-Rand nie
Ek bly in die oos rand, en nee, Krugersdorp is baie ver ons af. Sterkte aan die oorledene se gesin asook bestuurder van die kar.
Voertuig bestuurders moet meer oplettend wees jy het nog ‘n kans in jou kar maar die motorfiets bestuurder het geen kans en jou nalatigheid kan sy dood veroorsaak
You will be missed! Strength to your family and loved ones!