[Foto’s] Motorfietsryer sterf in botsing

Die motorfiets se wrak. Foto: Netcare 911

ʼn 56-jarige motorfietsryer is Dinsdagmiddag in ʼn botsing in Krugersdorp aan die Wes-Rand dood.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 14:00 op die R28 by die aansluiting van Viljoenweg plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is daar bevind dat die motorfiets en ʼn motor gebots het. Die motorfiets het die motor teen die kant getref. Die bestuurder van die motor was in ʼn stabiele toestand en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Dollman gesê.

Die motorfietsryer is in ʼn kritieke toestand aangetref. Paramedici het dadelik noodhulp begin toepas, maar ondanks volgehoue pogings het hy aan sy beserings beswyk. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Die motor se wrak. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Uvonka ·

Indien dit in Krugersdorp gebeur het, is dit die Wes-Rand. Baie tragies!

Janie Monsieur ·

Dagsê Uvonka,
Dankie dat jy dit raakgesien het! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Marnus Strydom ·

Sover ek weet is Krugersdorp nie aan die Oos-Rand nie

Janie Monsieur ·

Dagsê Marnus,
Dankie dat jy dit raakgesien het! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Pamela Woest ·

Ek bly in die oos rand, en nee, Krugersdorp is baie ver ons af. Sterkte aan die oorledene se gesin asook bestuurder van die kar.

Janie Monsieur ·

Dagsê Pamela,
Dankie dat jy dit raakgesien het! Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Michael ·

Voertuig bestuurders moet meer oplettend wees jy het nog ‘n kans in jou kar maar die motorfiets bestuurder het geen kans en jou nalatigheid kan sy dood veroorsaak

LeonC ·

Bietjie minder spoed en
los facebook waneer my bestuur.

Anti texing while DRIVING

·

Behalwe dat die motorgoets ryers gewoonlik ry asof die duiwel en al sy demone him jaag en NIE KYK vir karre nie. Want:think bike
Wat van:think other road users.

riana ·

Michael jammer maar ek gaan nou tone trap. Het jy al gesien hoe ry die Bikers op daardie pad en tussen deur die karre. Dit is nie altyd ons wat kar ry se skuld nie en ook nie fb nie en ook nie whatsup nie. En wie is julle om te oordeel niemand weet hoe en wat gebeur het nie soos ek die berig lees.
Ek is mal oor n motorfiets maar hulle ry ook maar nes hulle wil en hulle moet bietjie dink wat hulle doen hulle is meer ingevaar en moet maar by hulle spoed hou maar nee mos lekker om
200km en plus te ry. En jy weet jy het geen protection nie. En van Harties af nog erger.
So is nie net ons altyd nie. Een het al een oggend my kar geskop en is nie my plig om vir hom plek te maak in die middel van die verkeer nie. So dink maar wat julle ook verkeerd doen en is.
Dankie

Alice S ·

You will be missed! Strength to your family and loved ones!

eugene ·

Dit is baie hartseer , sterkte vir die familie
ek doen n beroep op motorfiets ryers en veral die GS manne wat daagliks pendel, wees versigtig en gaan stadiger deur die karre wat stil staan of stadig ry asb mense

RIV ou maat

Johann van Staden ·

Ek is self n motorfiets bestuurder, en ek wil net graag noem (ja, gaan seker n paar negatiewe kommentare kry oor dit) motorfiets bestuurders oor die algemeen baie onverskillig ry. Ek is baie jammer dat hierdie ongeluk sy lewe gekos het, en innige meegevoel gaan vir sy naasbestaandes. Maar, as ek die foto so kyk (hoe daardie motor lyk) het hierdie motorfiets bestuurder met n ongelooflike spoed gery. Daardie is beslis nie onder 80km/h nie. Ek sien gereeld hoe ry motorfiets bestuurders onverskillig (nie die regte veiligheids klere aan nie, hoe hulle 100km/h plus tussen motors verby ry, hoe hulle meeste van die tyd die spoed beperking oorskry veral in residentiele areas, en hoe hulle nie oplet op die paaie nie). Baie mense is teen motorfietse, en die rede is omdat meeste motorfiets bestuurders onverskillig is. Ek vra dat my boodskap aan soveel moontlik motorfiets bestuurders uitgaan, om te vra om twee keer te dink. Net omdat jy iets kan doen, beteken dit nie jy moet dit doen nie. Ja, bromponies het baie krag, maar respekteer dit, en die pad. Sterkte aan die families.

HBK ·

Johann, ek gee jou gelyk. Ek self ry fiets en ja baie ryers draai die oor te veel en waag groot kanse. Die ongelukkige realiteit is dat wetstoepassing op ons paaie te kort skiet. Motors jaag oor rooi verkeersligte, verwissel bane sonder aanduiding en sit op hulle selfone. Die probleem gaan egter dieper, die houding van sommige motor bestuurders is skrikwekkend. Ek het onlangs my fiets neergesit agv voetgangers wat voor my oor ‘n rooi lig gehardloop het. Die persoon in die kar langsaan my het my in die gesig gekyk en vir my gelag. Ek is bereid om te verwed, hy sal willens en wetens voor ‘n aankomende motorfiets ook inry. Daar is bloot geen respek meer nie, en dis te wyte aan die swak wets toepassing in my leke opinie.

WonderNet ·

Teen watter spoed het daardie motorfiets gejaag deur ‘n robot om so ‘n duik in die kar te maak. Jammer vir die ou maar ek sien elke dag hoe hulle in 60 sones by my verby gejaag kom so dit is maar ‘n keuse wat jy maak. Net soos karre wat nie by rooi verkeersligte stop nie.

Ansie ·

Die betrokke robot is my roete elke liewe dag werk toe en terug en uit ondervinding het ek al menigtemale ondervind as jy regs wil draai in voortrekker laan, die verkeerslig oranje slaan en selfs partykeer rooi sal die aankomende verkeer nogsteeds oor die robot ry.

Anoniem ·

Ek stem saam Johann van Staden. Ek is 59 en ook n motorfiets ryer en sien menig male hoe die manne en slefs vroue onverskillig jag op die paaie. Hou hulle maar dop veral op sundae tydens breakfast runs dan word sommige jag duiwels. Ek het self al twee ongelukke gehad weens windgat te wees toe ek nog jonk was. Die ander ding wat my grief is die manne met hul GS BMW’S wat staande ry tussen die verkeer en party teen n spoed wat nie aanvaarbaar is. Ek glo hulle noem hulle meerkatte of so iets maar lyk my hulle soek eerder n gat om in te kruip. Hulle gee motorfietse n saal om in te sit so sit in hom en ry beskaaf. Sterkte en my innige simpatie met die oorledene se familie. Nb. Ek se nie hy was nalatig nie gee maar net my mening oor die algemeen van 41 jaar se motorfiets ry. Hou daai twee wiele op die pad en jou agterstewe in die saal.

Tanya ·

Dit is nogal betreurenswaardig om te sien hoeveel mense eerder omgee oor waar die Oos Rand is as die gebeurtenis in die berig. RIV oom.

riana ·

Ja nee is nie net altyd die karre nie die Bikers like van oop maak. Het al self met een te doen gehad wat my kar geskop het omdat ek te na aan die ander karre gestaan het en hy nie met die bike tussen ons kom deur kom nie. So dit is mos nie reg nie. En hulle op die bike weet hulle het geen protection nie so wees meer versigtig asb. Ek is mal oor bikes en gee altyd pad en maak seker ek sien hulle maar hulle kan maar baie lelik wees met ons ook.

Lee ·

Dis so hartseer. Rus in Vrede meneer en sterkte aan die familie in die moeilike tyd. Jis maar party mense is vining om te oordeel. Los julle 2c tot die ondersoek afgehandel is voor julle sommer aanneem die motorfiets was verkeerd. En nee, ek is nie ‘n motorfiets bestuurder nie en besit ook nie een nie maar mens oordeel nie so vining nie.

Jammer ·

My innige simpatie aan die naasbestaandes van die oorledene. EK wil NIE die motorfietsryers vir alles skuldgee nie, maar in Pretoria byvoorbeeld is daar ‘n algemene gevoel dat motorfietsryers VERWAG dat motors vir hulle moet padgee. EK ry elke dag Hans Strijdom, wat nou Solomon Mahlangu is .. ‘n motorfietsryer druk jou om regs by jou verby te gaan, waar dit net een laan word (verby Waterkloof lughawe), hy REVV sy enjin dat jy moet skrik (want sien ek is ‘n vrou, ek moet nou skrik vir hierdie groot motorfiets wat my nou bedreig), en nes ek uit die pad uit is vir hom (wat ek dink nie nodig is nie) dan REVV een weer links van my sodat hy by my kan verbykom, nou vra ek jou WAAR MAG EK BESTUUR? Die groot motorfietse wil links en regs van my verbykom want ons STAAN omtrent stil en beweeg teen ‘n slakkepas by Waterkloof omdat daar net ‘n enkelbaan is .. maar dit is hulle REG om jou te druk sodat jy moet PADGEE, en as hulle verbyry skud hulle hulle koppe asof JY die mal een is. DAAROM is my simpatie met motorfietsryers NIE vreeslik groot nie, ek sal nooit lane verwissel sonder dat ek kyk of ‘n motorfiets op die stippellyn aankom nie, maar as jy dink jy kan my elke dag heen en weer in ‘n baan rond druk, moet jy maar weet my SIMPATIE le nie by jou nie!!

Joanne ·

Lane splitting is wettig in SA. En bikers rev hulle motor lang jou of as hulle aankom so dat mense kan hoor. Dit maak niemand seer om net links te hou in jou laan dat hulle verby gaan . Ek n Cager en sien elke tweede persoon op hulle phone . ja hulle draai oor oop , as jy pad gee se die meeste dankie deur drie vinniger op te lig op hulle linker hand RI P biker.

anton ·

@ jammer……as die motoriste net mooi in die middle van die baan bly waarin hulle beweeg, sal die motorfietse sonder sukkel kan deurbeweeg.
Baie motoriste is ongelukkig net ”spiteful” en maak die baan toe vir motorfietse of hulle sit op hulle selfone en kyk nie hoe hulle bestuur nie.
Glo my ek sien dit daagliks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.