Foto’s: Motorfietsryer vas ná wilde jaagtog, ongeluk

Foto: Intelligence Bureau SA /Facebook

Foto: Intelligence Bureau SA /Facebook

ʼn 32-jarige motorfietsryer is in hegtenis geneem nadat hy glo geweier het om stil te hou toe verkeersbeamptes hom van die pad wou aftrek.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die man het glo teen 169 km/h in ʼn 120 km/h-sone op die N1 noord naby die 14de Laan-afrit gery. Verkeersbeamptes het hom probeer aftrek waarna hy glo weggejaag het.

“Die man het beheer oor sy motorfiets verloor en teen twee patrolliemotors, wat hom agternagesit het, gebots,” het Minnaar gesê. Die man se vroulike passasier is in die ongeluk beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Volgens Minnaar is die motorfietsbestuurder in aanhouding by die Weltevredenpark-polisiestasie en hy sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van roekelose of nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan 2 ·

Plaas gaan vang hul regte kriminele…seker te bang om in Jhb rond te hang nou kom tyster hul maar die motoriste.

Martin ·

JOHAN 2. Nee, kyk wat het die man nou aan homself gedoen. As ons almal nou die wet oortree en dan die skuld op die wets toepassers wil pak skep ons vir onsself groot probleme. Ons soek nie nog Nkandlas nie. Het die man nie ‘n verstand nie. Dan stel hy nog die passasier – en hoeveel ander mense se lewens ook in gevaar. Selfsugtig as jy my mening wil hê.

Johan 2 ·

Klink inelkgeval verdag of hul hom gestamp het of teen die randsteen vasgedruk het…hoe verloor hy beheer en bots teen hulle, met n motorfiets, na hul hom agternagesit het! Maar net nog n sagte teiken (soos meeste van ons) vir die metro as jy my vra.

Johannes ·

Ek stem as metro polisie hom jaag en hy op ‘n motorfiets hoe op aarde bots hy teen hulle?Baie verdag ek hoop daar is ooggetuies.

Piet Pompies ·

As jy jaag met ‘n motorfiets oortree jy die wet punt. Been verskonings, been vergelykings.

Peet Schabort ·

Inteendeel Piet, wanneer jy met ENIGE ding op ‘n openbare pad jaag soek jy vir moeilikheid.
Selfs tussen geparkeerde voertuie ry sommiges té vinnig. Daardie ma wat goed in die kattebak laai se kind moet net voor jou inhardloop.
Ander weer ry dwarsoor leë parkeerplekke i.p.v. om die rybane te gebruik, meestal a.g.v. luiheid want jy gaan nou ‘n draai ry.
Wat die jaery betref, kry vir jou ‘n plek op privaatgrond en ding mee met ander om dan uit te vind jy is nie so watwonders nie.

Rissiepit ·

Peet, ek stem saam oor die jaery!! Geen kuns om te jaag nie, die kuns is seker maar om die ding waarmee jy ry op die pad te hou en veilig te bly?

PIXIE ·

Piet Pompies ek stem absoluut saam met jou. Geen verskonings. Julle motorfietsryers wat WINDGAI is moet vasgevat word of gaan doen julle simpel TRUUKS op die ashope en bly van die strate af. Ek hoop die beseerde dame gaan spoedig herstel. Nou kry die arme metro polisie dit in die nek? TWAK hulle doen net hulle werk. Sagte teiken vir Metro (Johan 2) ?moenie nonsens praat nie. Jy ry self seker ‘n motorfiets.

Jacqui ·

Ek was vandag bygestaan deur twee lede van JMDP op Alandale. Hulle was hulpvaaddig en ek was dankbaar vir hulle diens

Johannes ·

Ek stem baie verdag hoe as metopolisie hom jaag en hy is op ‘n motorfiets bots hy teen hulle.Ek ruik lont.

harties inwoner ·

Mooi gedoen polisie, kom doen dit ook asb tusse J burg en Harties. Daar jaag die skurke gewetenloos. Almal wil voor wees en ander vertrap

PIXIE ·

Harties inwoner: Dankie tog ek stem saam met jou. Daardie pad is vreeslik gevaarlik en motorfietsryers is absoluut onverantwoordelik. Ek het self amper een in sy KANON gery. Hy het my bloeddruk sommer laat styg in die hoogtes in maar ek ry ‘n ou motor (1991) en kon die gemors nie agterna sit nie want dan is ek ook skuldig aan onverantwoordelikheid en spoed grens oorskry. Ek het hom so in my gedagtes geskel ^%$#.

laydbug ·

En dan wil motorfietsryers weet hoekom hulle nie van die gewildste ouens op die pad is nie! As jy soos ‘n maniak ry, oortree jy die Wet en moet dan nie huil as jy agter tralies sit nie!!!!

Gedink hy kan wegjaag van Metro af, soos wat die skuldiges gewoonlik doen, en toe wys hulle hom ‘n ding of twee!

PIXIE ·

METRO – GIVEN THEM ALL BELLS!
You are great and may God bless you for your assistance on the roads and trying to take care of other motorists’ safety. Take care, be careful of motorbike hooligans and lock the ^%$ up!

PIXIE ·

SIT BOETIE, SIT AGTER DIE TRALIES EN VRA MAMMIE OM JOU TRANE TE KOM DROOG MAAK MAAR WEES VERSEKER JY GAAN BOET VIR JOU ONVERANTWOORDELIKHEID EN LOS DIE METRO POLISIE UIT, HULLE DOEN HULLE WERK EN IS BAIE BEHULPSAAM!
STERKTE EN SPOEDIGE HERSTEL AAN DIE VROULIKE PASSASIER WAT BESEER IS. DAGVAAR DIE WINDLAWAAI VIR MEDIESE KOSTES, PYN EN LEIDING.

Poplap ·

Motorfietsryers dink mos die pad behoort aan hulle. Almal moet vir hulle plek maak as hulle tussen karre deurvleg, terwyl gewone motoriste maar geduldig in die ry moet wag. Hulle het ongelukkig nie alleenreg op die pad saam met die motorfiets gekry nie. Hulle jaag agter jou deur by ‘n sentrum as jy uitgaan, sodat hulle nie vir parkering hoef te betaal nie. Selfs eenkeer met ons gebeur by ‘n tolhek. Of hulle staan in groepe by ‘n sentrum met die woorde “Bikers for Christ” op hulle baadjies, maar of die nommerplate is afgehaal of omgedraai. Miskien moet hulle eerder maar daardie baadjies weggooi.

Se Maar Net ·

Ek verstaan dat motorfiets ryers vinning kan ry en dat dit vir hul ‘n uilaatklep is.
Ek is altyd baie versigting as ek ‘n motorfiets sien, al vloek ek soms iets vreesliks.
Maar as hy val kry hy erg seer, wat kan lei tot sy dood. Maar sommige van hulle en
let wel ek se nie almal nie, jaag soos die hel self. Daar is van hulle wat baie beleef groet
en ook mens bedank as jy plek maak vir hulle. Maar om vir die metro polisie weg te jaag
skep vir homself groot probleme en ook ander ryers.

Charles ·

Ek stem saam met die laaste kommentaar gewers. Ek het die naweek weer ‘n idioot motorfiets ryer gesien wat in reguitbaan, regs gedraai het. Hy kon nie agter my wag nie, en ek was enigste voertuig in draaibaan. Moes verby my kom in reguitbaan, en wegtrek of die duiwel op hom is. Ek was self ‘n biker in my dae, maar het nie genade vir die ouens wat soos padvarke ry nie. Ongeag of dit verdag is of nie, as jy wil ry soos ‘n aap, moet jy hanteer word soos ‘n aap. More koop hy nuwe fiets, en jaag voort.

Poppie ·

Meeste motorfietse ry vinnig ja. Maar dit is nie te sê meeste is roekeloos nie. My man se 6de, 7de en 8ste sintuie skop in die oomblik wanneer hy op die fiets is. En ja, ek glo eerder die polisie het hom gestamp as wat hy hulle gestamp het. Die meeste wat hier praat oor vinnige motorfietse ken seker nie van motorfiets ry nie….

PIXIE ·

Poppie, twak, los die Metro Polisie uit hulle doen wonderlike werk. In my 66 jaar het ek NOG NOOIT ‘n motorfietsryer teegekom wat ordentlik ry nie. Altyd wintie, links en regs voor die motors in en uit want hulle kan mos deur die motors VLEG waar ons motoriste twee keer moet dink voordat ons ‘n ander voertuig verby steek.

andries ·

Hy het die wet oortree en nie gestop toe hulle hom agterna gesit het nie. So of hulle hom gestamp het en of hy hulle gestamp het is nie relant nie. Hy het ander mense se lewe in gevaar gestel die oomblik toe hy die wet oortree het en net aan homself gedink en aan wat met hom gaan gebeur as hulle hom vang. ‘n Lafaard wat nie verantwoordelikheid vir sy aksies wou vat nie.

nico ·

Wetgewing is vir almal vra hoekom ry hulle sonder nommerplate dan se hulle ditis om vinnig te ry word hy gestop en as hy lus is om te stop betaal hy eerder die boete vir n nr plaat as om toegesluit te word vir spoed gaan kyk in die omgewing van harties en krugersdorp naweke hoeveel val hulle dood dit is tyd dat verkeers beamptes hulle werk doen want bikes en taxis dink die pad behoort aan hulle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.