[Foto’s] ‘Motorsindikaat’ in Limpopo oopgevlek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie se provinsiale opsporingspan in Limpopo het ʼn vermeende motorsindikaat oopgevlek op ʼn kleinhoewe naby Polokwane.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die opsporingspan het die bestuurder van ʼn gesteelde voertuig agtervolg tot by die kleinhoewe in Ivydale. Die beamptes het hier op verskeie gesteelde motors beslag gelê.

Volgens Ngoepe is daar onder meer op ʼn Toyota Yaris, ʼn Nissan Sentra, ʼn Mazda 3 en ʼn Ford Courier-bakkie beslag gelê. “Voorlopige ondersoek dui daarop dat al die voertuie in Botswana geregistreer is en dat hulle die onderstelnommers afgevyl het. Daar is ook beslag gelê op registrasiedokumente van Botswana en Zimbabwe en lisensieskyfies van Botswana.”

ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde voertuie en sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn. “Die ondersoek gaan voort om vas te stel waar die motors vandaan kom,” het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johann ·

As die voertuie geklasifiseer is as gesteel moes iemand dit tog aangemeld het as gesteel. met ander woorde die klaer is bekend en sy verklaring is afgeneem… so hoe breinloos moet die mense wees om nou eers te wil vas stel waar die voertuie vandaan kom ???????????

Vra net..... ·

Miskien weet hulle nie waar die voertuie vandaan kom nie omrede die enjin nommers afgevyl is of enjins sommer verwyder is….en daar nie meer nommerplate is nie….wie sal weet waar dit vandaan kom…..net baie dankbaar hulle kon een van die sindikate oopvlek en dat dit sommer lei tot meer inhegtenisnemings…..mooi so!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.