[Foto’s] Mpumalanga-ongeluk: Dodetal styg

Foto: Verskaf

Die dodetal van ʼn grusame ongeluk Dinsdagoggend buite Machadodorp in Mpumalanga het tot 18 gestyg.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, het gesê die moontlikheid bestaan dat die dodetal nog verder kan styg aangesien daar talle mense in ʼn kritieke toestand na hospitale gehaas is.

Maroela Media het vroeër berig die botsing het omstreeks 06:00 op die R541 ongeveer ʼn kilometer buite Machadodorp gebeur. ʼn Vragmotor wat vanaf Badplaas se rigting gekom het, het reg van voor teen ʼn minibus-taxi, wat vanaf Machadodorp se rigting gekom het, gebots. ʼn Midibus het daarna van agter teen die taxi gebots.

Foto: Verskaf

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel was verskeie mense in die wrak van die omgeslaande midibus vasgevang, terwyl ander onder die wrak vasgepen was. Meganiese toerusting moes gebruik word om die mense te bevry.

Minstens 16 beseerdes is na hospitale in Belfast gehaas, terwyl een van die beseerdes per helikopter na Mbombela (Nelspruit) geneem is. Volgens Mabuza was beamptes teen 12:30 steeds besig om die toneel op te ruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Winifred ·

Dis verskriklik. Soveel mense onnodig dood. Medelye met al die oorledenes se geliefdes.

Claudia ·

Phillip Koen, vat jy die woorde uit mond. Tragies, maar ek het ook so daaraan gedink. Sterkte vir die families.

dries ·

Phillip Koen, kan jy asb verduidelik wat het hierdie ongeluk te doen met plaasmoord.

Pieter ·

Dries,
Het jy nog nie van die blinde sambok gehoor nie, hy mis nooit.

gogo ·

Grote genugtig maar nou ja dit is defnitief nie n surprise nie taxi’s

Genieve ·

Trokdrywers kry nie genoeg slaap in nie.Hulle raak mos soma agter die stuur ani slaap ini dag.

amvi ·

Man hulle slaap punt. Loop maar in enige staats departement in of deesdae sommer in pick n pay en tot die parlement ook. Kyk maar, hulle slaap!!

Philip ·

Hulle dink mos vragmotors is nog die draadkarretjies waarmee hulle gespeel het. Dat hulle maar kan jaag soos hulle wil.

Doodskis op Wiele ·

Ons moet eintlik Taxis herdoop na Doodskis op Wiele. Hulle maai deesdare vreeslik onder die mense.

Toe werk dit anders ·

Toe werk dit hier anders: Die ‘minibus-taxi’ en ‘midibus’ is beide Sprinters wat werkers van ‘n kontrakteur vervoer het na ‘n myn. Meer as 40 was betrokke in hierdie ongeluk. Hierdie inligting is afkomstig van die Middelburg Observer. Miskien moet mens partykeer ‘n bietjie wyer lees voor die tong los raak.

Nel ·

Net n regstelling. Vanoggend uitgeskom dat die een taxi die ander verbygesteek het , nou is dit die trok drywer se skuld. Dit het te doen met met die moer wat die stuurwiel houvas dat sulke ongelukke gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.