[Foto’s] Mugabe moet nóú bedank, eis betogers

Duisende betogers in Zimbabwe en Suid-Afrika het Saterdag gevra dat pres. Robert Mugabe moet bedank (Foto: ANA)

Duisende Zimbabwiese betogers het Saterdag na die hoofstad, Harare, opgeruk om te eis dat pres. Robert Mugabe bedank.

Dié betoging vir “beter leierskap” volg nadat die Zimbabwiese weermag vroeër gesê het dat hy die betoging “ten volle ondersteun” uit respek vir vryheid van uitdrukking en beweging. Die weermag het gesê die enigste voorwaarde vir dié betoging is dat dit “ordelik en vreedsaam is, nié die handves van regte oortree nie, binne die grense van die grondwet bly en dat daar nie haatspraak en geweld aangemoedig word nie – dan ondersteun die weermag die optog ten volle”.

Betogers het ook hul stemme in Bulawayo, Zimbabwe se tweede grootste stad, laat hoor.

Volgens mediaberigte is die groep betogers nou van Harare na Highfields op pad. Die betoging is glo “vreedsaam” ten spyte daarvan dat “nie ʼn enkele polisielid in sig is nie”.

Tafara Mukusha, ʼn betoger, het aan African News Agency gesê die Zimbabwiese weermag is inwoners van dié land se “helde”.

Betogers het die Highfields-terrein as die “vryheidsterrein” beskryf. Dit is nog nie duidelik wie die skare gaan toespreek nie.

In Suid-Afrika het ʼn groep betogers ook by die Uniegebou byeengekom om Mugabe se afdanking te eis. Dié groep het ook die Zimbabwiese weermag geloof. Plakkate van betogers het geëis dat Mugabe moet bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leahim ·

Ek neem aan daar was meer Zimbabwe betogers in SA as wat daar in Zim self was.

Sue ·

Vir al die betogers van Zimbabwe wens ek saam hulle en dan moet ons dieselfde hier in SA doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.