[Foto’s] Munisipale gebou brand in Ventersdorp

Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @ op Twitter.

Munisipale gbou brand op 11 September 2015 in Ventersdorp, Noordwes Foto: @meintjesmadri op Twitter.

ʼn Munisipale gebou en ʼn motor is Vrydag in Ventersdorp, Noordwes, aan die brand gesteek.

“ʼn Munisipale gebou het ook gebrand, maar ons kan nie in hierdie stadium sê of dit verbind word met betogings deur inwoners in die gebied nie,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Bakkie is op ʼn pad in Tshing aan die brand gesteek. Ons het nog nie die eienaar van die bakkie opgespoor nie.”

Die gebou, wat deur die munisipale verkeersdepartement gebruik is, is gedeeltelik afgebrand en die dak het meegegee. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Geen beserings is aangemeld nie.

Inwoners van Ventersdorp het Vrydag teen die voorgestelde samesmelting van die Ventersdorp-munisipaliteit en Tlokwe [Potchefstroom]-munisipaliteit betoog. Hulle is glo nie geraadpleeg oor dié samesmelting nie.

Die Demokratiese Alliansie in Noordwes is ook gekant teen die samesmelting en het gesê dit sal inwoners in Potchefstroom benadeel. “Die DA staan die samesmelting teë, aangesien dit ʼn negatiewe impak op Potchefstroom se finansiële posisie sal hê,” het Chris Landsberg, koukusleier van die DA in Potchefstroom, gesê. “Ventersdorp sukkel met wanbetaling en het ʼn swak invorderingskoers. Inwoners van al twee dorpe stem saam met die DA dat dienslewering selfs nog meer daaronder sal lei indien hierdie twee dorpe sou saamsmelt.”

Landsberg het gesê die DA sal die samesmelting beveg en seker maak die ANC word in sy spoor gestop om soortgelyke optrede te voorkom wat slegs vir politieke gewin gedoen word en nie in belang is vir die inwoners van die gebied nie.

Inwoners in Potchefstroom het ook teen die samesmelting betoog.

Landsberg het gesê DA-lede is aangesê om nie in die gewelddadige betogings deel te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jan maak n Plan ·

En daar brand ons verkeers boetes ook – yipeeeee!

tina ·

Se ek dieselfde: wanneer gaan ons mense (vir die wat op die kantlyn sit) besef, dat na die Here toe, ons enigste antwoord is.

Jan-Hendrik ·

Ek stem saam! Die nasie word gestraf omdat hulle van God vergeet het en al hoe meer afvallig word.

Johann Marx ·

Sommige van my werkers is ontevrede met dienslewering. Ewe moedswillig begin ek hulle uitvra. Hoekom stem julle nou al 20 jaar vir die ANC wat NIKS vir julle doen nie? Stem ‘n slag vir iemand anders? Antwoord hulle: “nee, ons stem ANC, en as hulle NIKS doen nie….dan brand ons hulle huise en geboue af!!!” Al ooit gewonder hoekom praat ons van die “Mensdom”? As dit nie so was nie, moes dit “Mens-slim” gewees het….

Winston ·

Ja Johann. Die intelligensie vlak van mense in dié land laat soms my bek oophang.

Sue ·

Dinge gaan nou baie erger en skade is baie groter as gedurende die opstande van 1976.

Dan ·

Polisie staan en kyk, so hulle kan mos weet wie vir die skade moet betaal. Jy kan mos nie ander eiendom beskadig as jy nie daarvoor vergoed nie. Dar was voorheen gese dat instansies in die vervolg aanspreeklik vir skade gehou sal word, maar dit was net lippetaal.

Lulu ·

Ek staan verstom as ek sien hoeveel skade die “ontevrede” mense aanrig. Wat my verstand te bowe gaan is dat hulle nie besef dat presies dit wat hulle wil he (dienslewering) vernietig hulleself nie.

Bruno Stef ·

Die pragtige ou gebou was vir donkiejare al deel gewees van Ventersdorp dit is hartseer om al die skade te sien en na my mening is die skade so groot dat die mure wat oorgebly het maar liefs gesloop moet word.Die res van die dorp se infrastruktuur water /elektriese en riool hang aan genade en Professionele hulp wat aan die ANC raad gratis aangebied word deur afgetrede inwoners met genoegsame kennis en boere/besigheidsmense word die middelvinger voor gewys deur arrogante raadslede en kaders wat werk vir die Munisipaleteit.

Ederik Kritzinger ·

Die gebou is aan die brand gesteek, maar die oorsaak is nie bekend nie??????????????????

Peet Schabort ·

Samesmelting is ‘n wettige manier om te steel van die sg. ryk munisipaliteit. So word die nuwe groter een ook gedwing tot bankrotskap. Die uiteinde is dat almal ewe veel, oftewel niks behoort te hê. Dis deel van die kommunisme.

AmY ·

SA is ñ lekker land om in te bly. Brand en breek af en kom weg daarmee.

Ek het as tiener eenkeer my kamerdeur toegelaat on dat ek kwaad was omdat ek gehou was oor ñ swak rapport.
In die proses het die kamervenster ook gebreek.

Toe kry ek ñ goeie loesing en moes die venster uit my sakgeld terug betaal.

Het vroeg al my les geleer.

Henrietta Klaasing ·

Tina ek stem heelhartig saam met jou! Kom ons ondersteun hierdie gebeds- inisiatief. Al is ons nie fisies daar nie, laat ons waar ons ook al is, ‘n paar minute stil word in gebed en ons Hemelse Vader vra om ons genadig te wees:
http://www.repentance-sa.co.za/

CHRISTA ·

Maar die ANC het hulle vir dekades lank geleer om als af te brand of af te breek – hoekom wil dieselfde ANC nou daaroor kla? Pluk die vrugte ANC (Pasop – dis dalk net ‘n klomp suurlemoene)!!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie klomp vandaliste is almal wanbetalers wat buitendien nie enige bydrae ooit gemaak het tot voordeel van die inwoners nie, en nou betoog en brand hulle . Dit is bloot n geweldadige gier wat by sekeres posgevat het en net deur hardhandige wetstoepassing gestuit sal word. Ek sou graag wou se hoe maar uit ondervinding weet ek dat my kommentaar weer verwyder sal word

pop ·

Die boosdoeners word dan vergoed vir die skade wat hulle aanrig. Daar hoor ek nou die oggend die betogers wat busse afgebrand het, polisiemotors beskadig het ens ens, kry n trusfonds se geld. Mooi man. Nou hoef hulle ook nie werk te kry nie. Breek af, brand af en dan hou jy die hand bak. My arme seun het vir 2 jr verniet gaan werk by ambulanse, en toe sien hulle die kind wil werk. 12 uur skofde, verniet. Hulle het hom n pos gegee. Nou studeer hy vir Dr. Ek het net eenvoudig vir hom gese, jy gaan nie op jou rug voor n TV le en dik en lui raak nie, lig jou gaai en loop meld iewers aan as vrywilliger. Nie een keer het ek vir hom gese om die pad te versper, of die munisipale geboue te gaan afbrand oor hy nie werk het nie. Daars nie hoop vir ons land as mense nie gestraf word vir die anargie nie. En hoop is n mens se grootste bate. Sonder hoop is jy niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.