[Foto’s] Munisipaliteit kry emmers vol  

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Lephalale (Ellisras)-tak het Donderdag emmers vol rou riool by die plaaslike munisipaliteit afgelewer. Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Lephalale (Ellisras)-tak het Donderdag emmers vol rou riool by die plaaslike munisipaliteit afgelewer as deel van ʼn bewusmakingsprojek oor die voortslepende rioolprobleme op dié dorp.

Die organisasie het tydens die aksie ook ʼn brief aan verteenwoordigers van die munisipaliteit oorhandig waarin hy ʼn aksieplan en afskrifte van toepaslike rioolwaterbestuur- en rioolwerklisensies in Lephalale van die munisipaliteit eis.

Die brief is deur Charity Raditabe, waarnemende munisipale bestuurder, ontvang waarna die partye vergader het. Ná afloop van die vergadering het verteenwoordigers van die munisipaliteit lede van AfriForum na die probleemgebiede vergesel.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se provinsiale koördineerder in Limpopo, gaan Lephalale voortdurend onder rioolprobleme gebuk, wat tot ernstige waterbesoedeling lei en gevolglik ook groot gesondheidsrisiko’s vir mense en diere inhou.

Volgens Chris Boshoff, AfriForum se omgewingsakekoördineerder, is dit die munisipaliteit se verantwoordelikheid om daadwerklik in te gryp.

“Artikel 24 van die Grondwet bepaal dat alle Suid-Afrikaanse burgers die reg het op ʼn omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie. Die munisipaliteit het dus ʼn grondwetlike plig om skoon drinkwater aan die gemeenskap te verskaf en in die ekostelsel terug te sit,” het Boshoff gesê.

Volgens Grobbelaar hoop AfriForum om ʼn goeie samewerkingsverhouding met die munisipaliteit te bou sodat probleme in Lephalale spoedig getakel kan word. Die situasie sal deurlopend gemoniteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mornay ·

Hul weet al lankal van die probleem dit is seker nie die die eerste klagte nie

Maar beplannig en die geld is ??????

Se maar net. ·

Hoop daar word iets gedoen. Dis regtig n probleem , veral daar onder by die Palm Park Hotel omgewing! Dit VROT daar! Walglik!!

Frikkie ·

Daar sal niks gedoen word..sal n wonderwerk wees as iets gedoen word..hier kry ons al jare die versekering dat die rooiwal werke opgedradeer gaan word..niks verander..net media stunt weer

Ouma ·

Indien dit nie reggestel word nie, moet ‘n paar emmers maar ‘n keer of wat op sekere erwe “gegelip” word. Dit sal dalk die probleem vinniger laat oplos. Veral as mens weet wie die mense is wat geld vermor. Mens staan verstom as jy sien waarop geld vermors word . Ek dink nou aan die Burgemeester van Emfuleni wat R1,8miljoen se hoender “take-aways” vir die jaar gekoop het, terwyl die paaie totaal uitmekaar val.

John ·

Ellisras is mos nou ‘n voorstad van Zim? AfriForum is die laaste tyd met nonsies besig… of word die werklose Afrikaners deesdae so ingespan vir doellose effek? En as iemand maagkoors opdoen? Wat dan?

SARIE VAN HEERDEN ·

Waar wod die rou riool in emmers geskep? Dit is nou om siektes in te nooi na jou en jou gesin as jy deurmekaar raak met al daai bekiemde, besmette afval.

Phillippus Badenhorst ·

Ons gaan al jare deur die selfde gemors van riool hier by Margate, as die UGU mense nie in die Margate revier riool stort nie doen hulle dit in die Uvongo revier mense wat op vakansie kom word knaend siek, dokters gee nie om nie want dit bring geld in vir hulle.
En wat gee die gesondheidswerkers om niks die land gaan net meer en meer agteruit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.