Foto’s: ʼn Nuwe brug binne 20 uur

Die perseel ure voordat die oprigting van die brug begin het. (Foto: SANRAL)

Dit het ʼn span van 20 werkers met drie hyskrane die afgelope naweek slegs 20 uur geneem om ʼn splinternuwe voetgangerbrug in Erasmusrand in Pretoria op te rig.

Dié brug is Sondag deur die nag opgerig en toe spitsverkeer Maandagoggend hervat, het die nuwe struktuur in die son staan en blink.

Die brug is oor die N1 naby Hoërskool Waterkloof opgerig nadat die oorspronklike brug in Januarie 2015 erg deur ʼn vragmotor beskadig is. Dié brug is uiteindelik in Mei 2016 afgebreek weens veiligheidsbekommernisse.

Progress Hlahla, die noordelike streeksbestuurder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), sê daar is besluit om ʼn nuwe brug op te rig in ʼn poging om padongelukke waarby voetgangers betrokke is te verminder.

Oprigting van die brug begin. (Foto: Sanral)

ʼn Gedeelte van die N1 was van Sondag 18:00 tot Maandag 04:00 gesluit vir die oprigting.

Die nuwe brug is deur Gerard du Plessis van Superstructures (Pty) Ltd ontwerp en bestaan uit ʼn staalstruktuur gegiet in ʼn betondek. Alan Agaienz, Sanral se projekbestuurder: ontwerp en konstruksie, sê die brug is ontwerp volgens internasionale standaarde met voetgangers en fietsryers in gedagte.

Sanral het versoek dat die struktuur vooraf vervaardig word en dat dit sonder ʼn pilaar in die middel opgerig kan word. Die voorafgemaakte substruktuur is Sondagaand na die perseel vervoer en blitsvinnig deur die span opgerig.

Die betondek sal nou gegiet word waarna dit ongeveer ʼn maand sal neem voor die brug in gebruik geneem kan word.

Volgens Agaienz is die struktuur in twee dele opgerig en in die middel vasgesweis om die permanente struktuur te vorm.

“Die tydelike steunpilaar in die middel sal ná 28 dae verwyder word wanneer die betondek gereed is. Die brug sal ongeveer R22,3 miljoen kos en behoort dekades lank gebruik te kan word.”

Agaienz sê dié struktuur is uit vyf moontlike opsies gekies omdat dit die koste-effektiefste en mooiste ontwerp is.

Die koste van die sloping van die ou burg en die oprigting van die nuwe brug is deur Sanral se versekering gedek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

p ·

en gaan hy ook net 20 ure hou voor dit afbreek?
hoe veilig is die ding?

BS ·

Ek hoop hulle maak die brug ook toe rondom om te keer dat kwaadstokers klippe afgooi

B-man ·

Wow, welgedaan! Die loopvlak was vinnig, maar ons praat eerder nie oor hoe lank die bou van die twee landhoofde gevat het nie… En dis met die 28 dae nabehandeling van beton in gedagte gehou.

Jem ·

Aplous vir SANRAL. Uiteindelik 4 jaar later. Hoop net hy Hou.

Daan ·

My liewe ouers! Een goeie ding en wat ek dink ‘n wonderlike prestasie. Die mense daaraan verbonde is trots op hulself. So ook my respek. Wel gedaan! Aan die mense met hul negatiewe komentaar wil ek net se GAAN VLIEG! JUL HET GEEN RESPEK VIR ANDER WAT WEL ‘n VERSKIL MAAK NIE.

Jaco ·

@Daan. Ek stem heelhartig saam met jou. Daar is wel nog mense in Suid Afrika wat blerrie hard werk en trots kan wees daarop, en het sulke mense al my respek want hul probeer nog ten minste iets maak van ons land. Is net so moeg vir almal se negatiewe kommentaar.

Cherokee ·

Die oorspronklike brug wat deur ‘n vragmotor beskadig is? Wonder of assuransie daarvoor betaal het.

Jerry ·

Goed om te sien dat brue nie net gebrand word nie, maar ook gebou word. Dit kan ook n opvoedkundig doel dien deur mense aan te spoor om eerder brue te bou as mure! Ek is nou so opgewonde ek stuur sommer n tweet vir trump en vir ernst!

Uys ·

Saterdagaand N1 N gesluit en helfte en Sondagaand N1 Suid ander helfte opgerig.

Anoniem ·

Ondersoek dit tog net asb gereeld en voorkom ‘n tragedie – VEILIGHEID INSPEKSIES

barend v d westhuizen ·

nog n bewys ons het mense wat die werk en beplaning kan doen benodig nie mense uit china en ander lande nie

IK ·

Ek glo dat die betrokke owerheid aandag gegee het om die regte bevoegde mense te betrek in die ontwerp en oprig vd brug. Reg vd beplanning, tekeninge ens. het alles reg verloop en pas alles 100%. Ek kan ook agterkom dat die struktuur volgens spesifikasies gedoen is en as voorbeeld dat die betonmengsel korrek is betreffende sement en klip/sand. Stoot vyf Gerard du Plessis en jou span.

LIEZL ·

Kom bou asseblief daardie brug hier by Du Noon in die Kaap….Elke dag moet voetgangers koes vir motors en motors moet koes vir voetgangers. Dis verskriklik.

bosluis ·

Daai brug in Du Noon sal net gebruik word deur kwaaddoeners wat klippe daarvan gaan afgooi op die motoriste. Mense soek altyd die kortste pad – hoeveel keer sien ek mense staan letterlik langs die voetoorgang brug en wag vir n kans om die pad oor te steek.

Wielspore ·

Die voete van die toekoms gaan oor daardie brug loop, wel gedaan.

GM ·

Ek raak bang as ek die woorde ‘vinnig’ en ‘koste-effektief’ in ons land hoor ? Die keer blyk dit darem of die tender op meriete toegeken is – die werk is vinnig afgehandel, en dit klink nie of miljoene rande se ‘ekstra’ winste bo-op die normale winsgrens bygevoeg is om iemand se boetie ook te ‘sponsor’ nie.

Welgedaan aan die span!

Hou duim vas ·

Kom ons hoop maar so @wielspore. Die skoolkinders kon nie waag om die vorige brug te gebruik nie. Elke week was daar kinders wie se goed gegryp word deur skelms wat laag lê op die brug terwyl kinders brug oorsteek oppad na of van die skool af. Kom ons hoop hierdie keer is dit anders….

Jan Alleman ·

Ek het geen kennis van brûe bou nie, maar ek het waardering vir waar mense hulle werk doen sonder politiek. Baie geluk aan almal betrokke hier!!!

jaco ·

het ek reg gelees? die brug is deur n WIT AFRIKAANSE MAN ontwerp? Waar is die regstellende aksie en BEE dan nou?
In kaapstad is n hele seewateronsoutingsvoorstel wat AL die kaapse waterprobleme sou oplos, afgeskiet NET om daardie rede: die entrepreneur wat dit voorgestel het is wit, en pas nie regstellende aksie reg toe in sy besigheid nie.

PJC ·

Ek voel alle oorbruê oor paaie en spoorlyne moet baie hoĕr wees vir treine en voertuie om onderdeur te beweeg dan sal ongelukke soos hierdie nie gebeur nie.

Seemonster ·

Dit lyk na ‘n baie mooi brug. Maar ek weier volstrek om etol te betaal om oor die brug te loop. Ek sal nie ‘n e-loopskyfie uitneem nie . . . . .

Seemonster ·

Baie geluk aan al die betrokke partye – knap gedaan.

Karen ·

Daar is nie ‘n manier……… Ek ry nie oor daai brug nie!

Boertjie ·

Karen, ek sal van harte hoop jy ry nie oor daardie brug nie! Die voetgangers sal dit nie baie waardeer nie.

lanie ·

Hoe is dit moontlik. Hoe veilig is die brug? Wie gaan die brug gebruik?

Buks ·

Wonderlik dat dit so vinning opgesit kon word.
FYI. Het julle gesien hoe skeef staan daardie “stut”? Of is dit net ek wat ys elke keer wanneer ek onder die ding moet deurry?

Heksie ·

Dit wil gedoen wees!

Baie geluk aan die span wat so hard gewerk het!

Hexadane ·

Baie geluk aan die span van ontwerper tot die persoon/persone wat skoon gemaak het julle kan trots wees op julle harde werk. Ek verstaan daar is nie plek vir foute met so n brug nie en ek glo ook hulle het rekenaar analiese geloop om seker te maak dat die brug die stresse kan hanteer. Weereens baie geluk welgedaan.

Hexadane ·

@Hoekom hierdie brug is om dit veiliger te maak vir hoofsaklik skool kinders wat aan anderkant van die snelweg woon. Op die oomblik moet hulle op die Hans Strijdom rylaan loop wat baie nou is alreeds vir voertuie, dit is n baie gevaarlike brug vir voetgangers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.