Foto’s: ʼn Wit winterkombers hiér gegooi

Sneeu lê dik tussen Barkley-Oos en Elliot in die Oos-Kaap (Foto: Storm Report SA, Twitter)

Die eerste behoorlike sneeu vir die jaar het dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Lesotho oornag in ʼn prentjiemooi-landskap omtower.

Sneeu het Dinsdagoggend in dele van Lesotho, die suidelike Drakensberg van KwaZulu-Natal en die noordoostelike gebiede in die Oos-Kaap begin uitsak. Dit het uiterse koue vir ander provinsies soos Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en die Vrystaat tot gevolg gehad.

Die AfriSki-oord by die Maluti-berge en die Tiffindell-oord digby Rhodes in die Oos-Kaap was sedert Dinsdagoggend onder ’n sneeukombers toegevou, nadat sneeu deur die loop van die nag hier geval het.

Sneeu het veral in die noordoostelike gedeeltes van die Oos-Kaap uitgesak (Foto: Gauteng Weather, Twitter)

Sneeu het ook in Maclear en Barkly-Oos in die Oos-Kaap voorgekom.

Die Moteng-pas in Lesotho was teen Dinsdagoggend vir verkeer gesluit, weens swaar sneeu wat motoriste verhoed het om in die omgewing te ry. Dié pas was teen die middag egter vir 4×4-voertuie oopgestel. Motoriste is egter gewaarsku om versigtig te wees omdat die pad baie glad is.

’n Inwoner van Khohlo-Ntso in Lesotho het ’n foto met Snow Report SA gedeel, wat wys dat sowat 7 cm sneeu in dié gebied geval het.

ECR Traffic het op hul Twitterblad gewaarsku dat die Kingscote Cutting-pas op die R617 tussen Swartberg en Underberg in KwaZulu-Natal vir motoriste gesluit is, omdat sneeu hier tot 10 cm dik lê.

Die Sani-pas is ook deur swaar sneeu getref.

Die AfriSki-oord by die Maluti-berge was sedert Dinsdagoggend onder ‘n sneeukombers (Foto: AfriSki Mountain Resort, Facebook)

Die AfriSki-oord by die Maluti-berge was sedert Dinsdagoggend onder ‘n sneeukombers (Foto: AfriSki Mountain Resort, Facebook)

Sneeu op die Barkley-Oos-pas (Foto: Storm Report, Twitter)

Die Sani-pas is ook deur swaar sneeu getref (Foto: Sani Pass Tours, Facebook)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

As die winterkombers al soe vroeg kom, kan ons aanneem die gaan ‘n BAIE KOUE 4 tot 5 maande wees wat voorle?

koos ·

Ek dink die Kanadese en soortgelykes lag in hulle mou vir ons idees – hierdie is nie sneeu vir hulle nie, eeerder “oversize” ryp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.