[Foto’s] N2 gesluit ná petroltenkwa brand

'n Petroltenkwa het op 27 Maart by die Umvoti Shell Ultra City op die N2 in KwaZulu-Natal aan die brand geslaan Foto: Netcare 911

‘n Petroltenkwa het op 27 Maart by die Umvoti Shell Ultra City op die N2 in KwaZulu-Natal aan die brand geslaan Foto: Netcare 911

Die N2 is by Salt Rock in KwaZulu-Natal gesluit en verkeer word na die R102 herlei ná ‘n petroltenkwa Sondagoggend by die Umvoti Shell Ultra City tussen Ballito en Stanger aan die brand geslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die toneel ontbied waar ‘n petroltenkwa aan die brand geslaan het. ‘n Aantal vragmotors wat by die vulstasie parkeer was, het ook aan die brand geslaan.

Botha het gesê niemand is tot dusver in die voorval beseer nie.

Owerhede het inwoners versoek om nie die toneel te nader nie, weens ‘n gevaar vir verdere ontploffings.

‘n Ondersoek na die oorsaak van die ontploffing sal gedoen word sodra die brand onder beheer gebring is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GES ·

Gerugte gaan rond op sosiale media wat beweer dat dit die werk is van brandstofdiefstal. Die diewe het skynbaar nagelaat om die tenkwa behoorlik te grond en die brand is deur elektrostatiese ontlading veroorsaak.

Wat-ek-lees ·

Gaan na die ‘Zululand Observer’ vir die res van die storie. Ongelukkig laat MM my nie toe om te spoeg-en-plak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.