[Foto’s] N3 gesluit ná noodlottige botsing

Die motor en vragmotor wat gebots het. Foto: Via @NelioDeSa op Twitter.

Die motor en vragmotor wat gebots het. Foto: Via @NelioDeSa op Twitter.

Te midde van swaar vakansieverkeer op die land se paaie is ʼn gedeelte van die N3-snelweg Vrydagoggend vir verkeer gesluit ná ʼn noodlottige botsing buite Harrismith in die Vrystaat.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn vragmotor en ʼn motor het omstreeks 08:00 naby Montrose gebots waarna albei voertuie aan die brand geslaan het.

“Daar word verneem dat ʼn onbekende aantal mense in die motor en in die vragmotor in die brandende voertuie vasgekeer is. Die brandweer en paramedici is op die toneel,” het sy gesê.

Die brandweer het teen 08:30 steeds gepoog nog om die brand onder bedwang te bring.

Dit is nog nie bekend hoeveel mense in die ongeluk betrokke was en wat aanleiding tot die ongeluk gegee het nie.

Die gebied is heeltemal vir verkeer gesluit en verkeer word deur die dorpie Swinburne herlei.

Die N3-Tolkonsessie het gewaarsku dat verkeer in die omgewing erg vertraag word. Die pad is in albei rigtings vir verkeer gesluit. Die konsessie het motoriste aangeraai om beplande reise uit te stel aangesien daar geen aanduiding is hoe lank die pad gesluit gaan wees nie. Klik hier vir opdaterings oor die padsluiting op die konsessie se Twitter-profiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Irah ·

Inige simpatie aan familie. Kerstyd is nie versonderstel om ń hartseer tyd te wees nie.

Frans ·

Al troke moet af die tyd as skole sluit en di nawek vor kersfees en waner mense trg gaan huis toe

Maritza ·

Dis onmoontlik. Hoe wil jy vars produkte koop, as geen vragmotor op die pad mag wees? Ons is self in die transport bedryf, en glo my, al baie verliese gelei, en die meeste kere was dit voertuie se skuld, nie eers die vragmotor nie. My hart gaan uit na elke ongeluk se slagoffers. Dit moet n verskriklike dood wees…

Arno ·

Wat gaan aan op ons paaie? Ek is al te bang om iewers heen te ry…

Yolanda ·

My ondervinding is; niemand ry 120km in n 120km pad nie, as jy 120 ry, druk hulle jou van agter om in die geel streep (wat eintlik n verbode ry gedeelte is) te ry en spasie vir hulle te maak. Nou vra ek jou, wat ry hulle dan? Dan “overtake” mense by gedeeltes wat dubbel strepe het. Het selfs n persoon gehad wat “overtake” het op n geel streep se kant en een wat in n dorpsgebied oor n stopstraat “overtake” het. Dan kla mense oor ongelukke, maar meerderheid hou glad nie by die padreëls nie. Ek het oor die 5000 kilos gery die maand, en net as ek dink ek het alles gesien is daar wel nog iets wat my stomslaan. Nee wat, weinig het respek vir spoedgrense en padreëls, die hoë ongeluksyfer moet ons glad nie verbaas nie.

Chris Ws ·

Yolanda hoeveel spoedlokvalle het julle teegekom in die 5000 km wat julle op die pad afgele het?Miskien 2 of 3?Ek sal graag wil weet want sover dit my betref is dit waar ‘n baie groot deel van die probleem le op ons paaie.Bitter min motoriste hou by spoedperke.Almal wil net jaag maar daar is ‘n baie goeie rede vir spoedperke.As daar nie was nie sou daar mos geen nodigheid spoedperke gewees het nie.

Erika ·

Al hierdie padsterftes is so onnodig veral hierdie tyd van die jaar waar daar vreugde en geluk moet wees. Sterkte aan almal wat hartseer tyding kry. Bid vir julle

Peet ·

Volgens ‘Arrive Alive” is daar drie dood, een volwassene en twee kinders. Uiters tragies. Ons verneem egter nooit wat aanleiding gee tot ongelukke. Dit laat my wonder hoe sorgvuldig en professioneel daar ondersoek ingestel word. Ek laat my nie vertel dat die plaaslike polisie in staat is om oor die nodige kundigheid te beskik.

Rbee ·

2 karre ñ trok en die insittendes was betrokke in die ongeluk

My tweesent bydrae ·

Hoe is die varsprodukte in die negentien tagtigs vervoer ? Toe was daar amper nie een trok op die Durban snelweg nie . Weet iemand dalk ?

Andrea ·

Goeie vraag! Ek verpes die groot trokke op die pad en wens hul kon af van die paaie kom!

Erika ·

Stem saam oor die padreels. Waar kry die mense hulle bestuurs lisensie???? Daar is geen respek op ons paaie nie….ek wil voor jou my bestemming bereik.

Vaaljapie ·

Ky aan watter kant van die pad die trok staan dan sê jy vir my wie se skuld dit is.

Karin ·

hoekom altyd so negatief, kom nie net niks se nie … wat van dit was n ongeluk en iets het verkeerd gegaan !!! jammer vir die gesinne van die oorlede mense .

Ano ·

Mens bespiegel en raai – maar wat vir my die mees ontstellende feit is – kyk hoeveel voertuie wat deesdae in ongelukke betrokke is slaan aan die brand. Ja, ek besef tegnologie het ons almal se lewens makliker gemaak met “smart” voertuie, maar toe ek groot geword het, het jy selde of ooit gehoor van enigiemand wat doodbrand in ‘n voertuig wat in ‘n ongeluk betrokke was. Nou wonder ek, is al die wonderlike tegnologie van vandag regtig so wonderlik? Sou hierdie mense gesterf het indien hulle nog een van die “ou dae” se motors gery het? RIV aan die mense wat gesterf het in die ongeluk.

Pastoor ·

Yolande jy praat die waarheid. Ek kom nou net tuis. Die snelweg is n nagmerrie. Groot vragmotors ry oor rooiligte. Waar roborts op is. Daars gedeeltes waar mens 100 kmpu moet ry. Dan is ek die enigste fool. Wat hou by die spoed. Selfs voetgangers kruis n 6 baan snelweg. 3 bane op e 3 bane af. Hardloop net blindelings. Taxis stop op die geel strepe ….voetgangers hardloop in 7 wind rigtings. Nee dit n waagstuk

goga ·

Ek stem saam hulle is n gevaar vir hul self en vir die mooteruste ..

Bokkie ·

Ons het vir 6 jaar in Toti gebly en ek mis daai verkeer glad nie die mense jaag asof die Mafia agter hulle aan is.En dan staan 1 jarige en 2 jarige kleintjies agter op die sitplek.Jy moet 10 oe in jou kop he om veilig by jou huis te kan kom.Ek is bly ons bly Desember maande by die huis.

kriekie ·

Sien d nuutste berigte op Maroela. Die trok ue aan d brand geslaan en toe in die aankomende verkeer trompop. Toe slaan die kar met die gesin in ook aan d brand. Volgens whatsapp gebedsversoeke is die pa en een kind wie se been geamputeer word d oorlewendes. Ons hemelse Vader is met julle.

Anoniem ·

Ons is so entjie terug verby ‘n ongeluk waar ‘n Polo agterin ‘n vragmotor is. As ek sien hoe die Polo lyk, dink ek die mens(e) wat voor sit is daarmee heen. By Grasmere plaza hoor ons die Polo het “laag gevlieg” (te vinnig gery). Nog ‘n fool wat gedink het hy bestuur goed genoeg om die hoë spoed te kan hanteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.