[Foto’s] N3-verkeer vertraag weens botsing

Twee vragmotors en ‘n bus het Saterdag gebots. Foto: Netcare 911

Minstens 17 mense is beseer en verkeer erg ontwrig nadat twee vragmotors en ʼn bus Saterdagoggend op die N3-snelweg naby Mooirivier in KwaZulu-Natal gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 06:40 in die suidelike baan van die snelweg plaasgevind.

“Dit is in dié stadium nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie. Owerhede is na die toneel ontbied om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek,” het Botha gesê.

Die bestuurder van een van die vragmotors was in ʼn kritieke toestand in die wrak van die swaarvoertuig vasgekeer. Ses mense het ernstige beserings opgedoen en tien mense is gering beseer.

“Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na hospitale in Pietermaritzburg geneem vir verdere behandeling.”

Die wrakstukke het die suidelike baan versper en die N3-konsessie moes ʼn gedeelte van die snelweg sluit en verkeer na Durban herlei.

Teen 10:30 is ʼn gedeelte van die snelweg vir verkeer oopgestel om die opgehoopte verkeer te verlig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe bots twee enorme voertuie wat in dieselfde rigting ry met mekaar? Swak motor/vragmotor bestuursopleiding met gepaardgaande hoe spoed? En hoe gereeld word die bestuurders getoets vir drankverbruik?

Sarie ·

Dit gebeur ook heel dikwels omdat die bestuurder moèg is. Èrens huil sy geliefdes….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.