Foto’s: Natasha skitter by Mej. Heelal-voorbereiding

Natasha Joubert tydens voorbereiding vir Mej. Heelal (Foto: Instagram/natasha_joubert)

Volgens verskeie peilings en berigte is Suid-Afrika se Natasha Joubert ’n voorloper in die stryd om die Mej. Heelal-kroon.

Die 69ste Mej. Heelal-kompetisie vind Sondag 16 Mei in die VSA plaas; dit is Maandag 17 Mei in Suid-Afrika. Die kompetisie gaan regstreeks om 02:00 op 1 Magic, DStv-kanaal 103, uitgesaai word. ’n Herhaling sal ook op 17 Mei om 21:30 beskikbaar wees op dieselfde kanaal.

Aanhangers van die kompetisie is vol moed dat Joubert het wat dit vat om vir die tweede agtereenvolgende jaar die Mej. Heelal-kroon vir Suid-Afrika huis toe te bring. Suid-Afrika het reeds in die afgelope drie jaar van die kompetisie twee keer gewen (Zozibini Tunzi in 2019 en Demi-Leigh Nel-Peters in 2017) en een naaswenner (Tamaryn Green in 2018) opgelewer.

In die geskiedenis van die Mej. Heelal-kompetisie het twee agtereenvolgende deelnemers van dieselfde land nog slegs een maal vantevore gewen toe Mej. Venezuela 2008 en 2009 gewen het.

Joubert sê sy is dankbaar vir al die Suid-Afrikaners wat haar aanmoedig, en dat sy gereed is om die taak aan te pak.

Huidige Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, saam met Natasha (Foto: Instagram/natasha_joubert)

“Ek weet ek het groot skoene om vol te staan, maar Zozi en Demi het my inspireer en baie goeie raad gegee. Sover het alles goed gegaan en ek sal my alles gee,” sê sy.

Die huidige Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, sal die geleentheid bywoon om die kroon op die volgende wenner se kop te sit. Voormalige Mej. Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow (Nel-Peters) sal ook die glansgeleentheid as ʼn kundigheidsanalis bywoon.

Suid-Afrikaners kan Natasha in die top-21 in stem deur die amptelike Mej. Heelal-app af te laai en daar te stem.

Joubert is die afgelope week hard besig met voorbereiding vir die kompetisie. Hier is ‘n paar foto’s van hoe dit met haar gaan:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert K ·

Ek ook Johan. Mensig maar sy is mooi! Ek hoop sy wen. Sterkte meisiekind!

AmY ·

Ek hoop met my hele hart dat hierdie pragtige meisiekind wen. Sterkte Natasha!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.