Foto’s: Natasha vertrek na Mej. Heelal

Natasha Joubert vertrek vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg na die Mej. Heelal-kompetisie in Florida, VSA (Foto: Mej. Suid-Afrika Organisasie)

Natasha Joubert het Maandag van die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg vertrek na Florida in die VSA om deel te neem aan die 69ste Mej. Heelal-kompetisies.

Suid-Afrika is tans ʼn sterk aanspraakmaker op dié kroon, nadat ons die afgelope drie jaar elke keer in die finale rondte geëindig het.

Zozibini Tunzi, Mej. Suid-Afrika 2019, is tans Mej. Heelal en Tamaryn Green, Mej. Suid-Afrika 2018, was die vorige jaar die naaswenner. Demi-Leigh Nel-Peters het ook 2017 die Mej. Suid-Afrika- en daarna die Mej. Heelal-titel gedra.

Daarom heers daar groot verwagting dat Joubert moontlik vanjaar die Mej. Heelal-titel vir die tweede agtereenvolgende jaar vir Suid-Afrika kan huis toe bring.

Joubert, wat derde plek gewen het in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie, glo sy is ten volle voorberei vir die Mej. Heelal-kompetisie.

“My voorbereiding het begin toe ek as Mej. Heelal Suid-Afrika gekroon is verlede jaar. Ek sien al uit na hierdie geleentheid vandat die kroon op my kop gesit is, en ek sal my titel met trots dra.

“Ek weet ek het groot skoene om vol te staan met Zozi, Tamaryn en Demi-Leigh wat vorige jare so goed gevaar het,” sê sy.

Die huidige Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, wat as gevolg van die Covid-19-pandemie vir die langste tydperk in die geskiedenis die Mej. Heelal-kroon gedra het, sal tydens die glansryke geleentheid by Seminole Hard Rock Hotel and Casino in Hollywood, die kroon aan die nuwe Mej. Heelal oorgee.

Die Mej. Heelal-kompetisie vind op 16 Mei in die VSA plaas (om 02:00 op 17 Mei Suid-Afrikaanse tyd). Die geleentheid sal regstreeks op 1Magic, DStv kanaal 103, uitgesaai word. ’n Herhaling sal ook op 17 Mei om 21:30 beskikbaar wees op dieselfde kanaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marcello ·

Ek hoop van harte sy kry dit, want volgens baie Suid-Afrikaners was sy die mooiste in die Mej. SA kompetisie gewees.

Aai ·

Die wereld sal die mooiste een kies bring hom terug Natasha Joubert trots op jou en jy beeldskoon en slim.Die wereld is mal oor ons Afrkaans sprekende mense se (engelse aksent.)Was al self baie in Amerika

JohanR ·

Net derde plek in Mej SA kompetisie? Ek is oud maar nog nie koud. Ons kan heel nag sit oor ‘n glasie of bottel, of ,drie bottels wyn en ek net in haar oe sit en kyk!

Daleen ·

Sy is pragtig. Hoop sy het daardie lelike rok waaroor Maroela onlangs berig het by die huis vergeet ????

Karina ·

Sterkte en bring die Kroon terug Suid Afrika toe! Jy is klaar ‘n wenner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.