[Foto’s] Nazi-vlae en vuurwapens in Bothasig gevind

Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn wenk ontvang en vuurwapens, ammunisie, weermagtoerusting en Nazi-vlae in Bothasig, Kaapstad, gevind.

“Die provinsiale ondersoekeenheid is na ʼn huis in Vryburgerstraat nadat hulle ʼn wenk van die publiek ontvang het,” het die polisie Vrydag gesê. “Die beamptes het omstreeks 11:40 die woonstel agter die huis betree en beslag gelê op twee vuurwapens, twee knaldempers, ʼn teleskoop, verskeie magasyne en ʼn groot aantal ammunisie van verskeie kalibers, insluitend R1’s, R5’s, 9mm en .45’s.”

Volgens die polisie het beamptes ook weermag-, opleidings- en herlaaitoerusting, asook Nazi-vlae en -memorabilia gekonfiskeer.

“Alhoewel niemand in hegtenis geneem is nie, is ʼn persoon van belang geïdentifiseer,” lui die verklaring. “Die besonderhede van al die items sal bekend gemaak word sodra speurders die ondersoek op die toneel afgehandel het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Gallie ·

Hopelik kry die een, in wie se woonstel die vuurwapens en ammunisie gekry was, waarvoor hy gesoek het. Daar is wette in die land wat gemaak is vir almal om na te kom en as jy dink dit is reg dat hy dit mag aanhou maak jy n helse fout Gerda. Dink jy nou dit is trots Afrikaans om so op te tree?

Willem De Beer ·

Ek sien net pistoolrame, glystukke en R4/R5 magasyne, geen lope – dus geen vuurwapens nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Willem

Die foto’s wat gepubliseer is, is die foto’s wat beskikbaar gestel is. Dit is nie noodwendig verteenwoordigend van al die toerusting wat op die toneel gevind is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Martin ·

Gallie, ja ongelukkig moet net blankes die ” wette” gehoorsaam…daar is nie meer n ” trots Afrikaans” nie ou maat! Waar was jy die laaste 20 jaar?

Bruno Stef ·

n Vriend van my wat seker by nou se tyd al dood is was n versamelaar van spesifiek Nazi wapens /vlae en memorabilia ek twyfel of dit enigsins onwettig is.Die persoon was n Ier wat toevallig ook aan die Tweede Wereld Oorlog deelgeneem het maar het n voorliefde vir Duitse wapentuig en skilderye/fotos van leiers en offisiere gehad het.

Jan ·

Magasyne, knaldempers en heraai toerusting is nie onwettig om te besit nie. Nazi vlae mag dalk in swak smaak wees maar anders as in Duitsland is dit hier nie onwettig nie. So as die persoon die vuurwapen – of ander wet – oortree het -, arresteer hom of haar . Maar te oordeel aan die foto’s op die polisie se Facebook blad lyk hierdie eder na ‘n vuurwapen entoesias as ‘n krimineel.

Merkel ·

Wonder wat gaan hulle met Mr Pr.ce se 2016 winter mans baadjies doen . Terro Price-te , seker . Het gister n Swastika op n Mo. lem temple gesien . Ich spreche Deutsch .

chrisp ·

Hieruit kan ons seker aflei dat indien ISSIS vlae gevind word dit baie meer aandag en vervolging gaan veroorsaak,aangesien dit vandag ‘n terroriste beweging is nie iets van etlike dekades gelede nie?

GES ·

Volgens my kennis word die besit van dryfmiddels (kruit), slagdoppìes (“primers”) en vuurwapendele (rame en lope wat serienommers bevat) deur die wet beheer. Mense wat gewoonlik nie weet wat aangaan nie, oorreageer en laat dit klink of die einde van die wêreld aangebreek het.

Gertjie ·

Net omdat jy wit is maak dit jou onwettig in die land “nevermind”

Trolle ·

Ek sien niks erg hier nie.waars die ak47. Dink baie mense raak nou desparaat want iets is groot vout met die linkerkant dis hoekom mense regs draai.Selfde wat gebeur het in 2 wereld oorlog.
Hitler se boeke mag nou vir die eerste keer verkoop word in 70 jaar,gaan lees dit dan sal julle sien hoekom was daar n 2de wereld oorlog.

Charmaine ·

Wat ons seker volgende gaan lees, is dat die vrou en kinders afgemaai is…

eddie ·

Volgende is dit seker weer n “regse komplot” om die regering omver te werp. Gaan hierdie vreeslike fonds ooit tot n skuldigbevinding in die hof lei?

Nita Johnstone ·

Wat gaan die arme eenman mag uitgerig kry, met die verskriklike arsenaal. Witmense word daagliks aangeval, beroof en vermoor met sulke wapens en geen haan kraai daarna nie.

Oom Kallie ·

Dis mos nou groot moeilikheid soek. Wat maak die vermeende met militêre opleidingtoerusting, en waar is die R1 en R5 waarvan die ammunisie gevind is? Die mense lees te veel Stormfront en White pride. Die nazi neigings waai hiertoe van Amerika se kant.

ertjie ·

Ek gaan lekker lag as alles wettig is! Nerens word melding gemaak dat enige van die “vuurwapens” of ammunisie onwettig is nie. “R1” en “R5” ammunisie is verleidelike terme vir ammunisie wat baie algemeen in jag en sport gewere ook gebruik word. Hulle kon net sowel gese het 308 ammunisie, maar dit sou nie die agenda gepas het nie.

Stem saam ·

Ja , en n paar trofee , Rooibok , Springbok en ander teen die muur . Dis die reaksie wat ontlok moet word wat tel . Ons moet fyn dophou of ons mis alles , maar ons is te besig met ander goed wat geen waarde het nie .

Evert Louw ·

Die R1ammo=.308 jaggeweer,die R4,R5ammo =.223 jaggeweer ammo. . 45 is amerikaanse handwapen kaliber.So wat is nou eintlik gekry?

GES ·

Dit is wat ek ook wil weet. Hierdie is maar weereens net ‘n propagandaset. Net weer ‘n poging om die blankes te diskrediteer. “Nice try” probeer weer.

Pieringoog ·

Ja wat, hy wou seker net bietjie gaan jag het, met sy nazi vlae en knaldempers en teleskope. Dis bietjie siekerig, maar vertel dit vir die apologete!

Berhalet Beukes ·

En môre gaan daar seker gesê word daar dit ‘n groot geheime vêr regse komplot teen die regering gefnuik is. Hehehe.

adrian ·

Nazi vlae so what, die spul swaai die hamer en sekel en komminisme is die voorbrand in ons land. Hul jil en skreeu en brand als af en die regering lig nie n vinger nie.Ons boere word uitgemoor ..niks gebeur nie. Blanke volk in suid afrika staan op voor dit te laat is

Karolis ·

Hulle kan my nazi vlag kom haal as hulle wil maar ek gaan nie my Pink Floyd dvd vir hulle gee nie.

david ras ·

Darem ‘n snaakse samelewing waarin ons leef . Daar word ‘n paar Nazi vlae gevind en dit kry voorrang op die foto en almal sit regop om beswaar te maak dat iemand dit sou waag om sulke goed in sy besit te he.
En tog, leef die beswaardes onder ‘n Nazi styl wetgewing wat al wat wit en beswaard is, se lewens vergal.
Daardie wetgewing heet–heel Amerikaans–“Affirmative Action” !

‘n Naakte kopie van Adolf Hitler se beleid teen die Jode tussen 1931 en 1939.
Kein arbeit fur Juden: geen werk vir Jode. Lui dit miskien ‘n klokkie?
Geen werk vir blankes ?
Alles moet verteenwoordigend van die bevolking wees—volgens Herr Hitler en sy Nazis.
En volgens Herr Jimmy Manyi van die ANC moet dieselfde hier gebeur.
Die Jode was ‘n etniese minderheid, net soos ons wat Hitler ook uit sy land wou verdry net soos ons ook ‘n etniese minderheid is..

Wie sien die ooreenkomste raak ?

Hoekom vertel ons nie juis DIT vir die wereld nie ?
Niemand steur hom ‘n uitbraak van kommunisme vir die doodeenvoudige rede dat kommunisme vanself ineengestort het , sonder ‘n oorlog om dit te stuit,

Maar Nazisme het 60 miljoen dooies geverg om te stuit, Daarom die heftige reaksie teen Nazisme.

In SA leef ons maar so sukkel-sukkel saam met dieselfde stelsel. Kla daaroor waar ons byeen kom terwyl die antwoord voor die hand liggend is—-vertel dit luidkeels aan die wereld daarbuite.!

Nazisme is nie beperk tot Jode haat nie–al dink die Jode so. Daar is ander soorte Nazis ook.

Paul Johnson, beroemde historikus beskryf Adolf Hitler as ‘n Rasse Sosialis.
Kan enigeen die sosialisme en rassisme van die huidige regime ontken ?
Dan is die antwoord mos eenvoudig ……

Henry ·

Goed gestel David Ras.

Tereg wys jy op Johnson se beskrywing van Hitler as ‘n Rasse Sosialis. Dit is inderdaad netso van toepassing op die huidige sirkus se narre.

Die ooreenkomste tussen die huidige regime en Nazïisme is merkwaardig en verdien ‘n wyer gehoor.

Henry ·

Vir die spelling ‘Einstein’ hier onder:
Sorrie vir die tweede i. Is ‘n drukfout ou grote!

Ingeneur ·

Lees oor “Social Engineering” . luister na Noam Chomsky , Freud se nefie – Burnays , Edward as ek reg onthou , lees daaroor , Verstommend hoe ver ons al Wat’ glo .

boetie ·

Skuus tog meneer hier is my lisensie om n vuurwapen te besit. Uitgereik volgens wet.Next please

Marius Möhr ·

David Ras jy kan nie eers Nazïsme spel nie maar jy wil almal kom leer wat dié diaboliese ideologie behels. Dit is net so boos soos kommunisme. As ek my daarmee moet vereenselwig om nie as ‘n verraaier uitgekryt te word nie, het ek nuus vir jou en almal wat geestelik korrup is: Jy staan alleen duiwel!

Grassie ·

Marius – David se spelling is reg, joune nie. En wat David sê maak sin.

david ras ·

Marius, ek gaan nie ‘n debat met jou hieroor voer nie. Duidelik het jy nie begryp wat ek geskryf het nie : Nazisme en Kommunisme is beide sosialisties van aard. Dalk was die kommunisme , veral onder Stalin so entjie erger as Hitler se weergawe., hulle het meer mense vermoor as Hitler.
Die wereld het egter nooit oorlog verklaar teen Stalin om sy beleid te stuit nie, maar die 2e wreldoorlog was gevoer om Hitler te ontsetel. en die som totaal van dooies in daardie oorlog was min of meer 60 miljoen dooies

Feit is net, as gevolg van daardie oorlog , het die word Nazi die grootst politieke skelwoord van alle tye geword.
Hoe jy by verraaiers en Nazisme uitgekom het, sal net jy weet.

Groetnis

As jy meer wil weet oor die Nazi weergawe van regstellende aksie wil weet, gaan google gerus : affirmative action in Nazi Germany.

AmY ·

Net twee vrae: Gaan dit nou ‘n misdaad wees as mense ou Landvlae en die Vierkleur in hul huise het? Gaan dit “moontlike terroriste” van hulle maak?

Duncan Gill ·

Die wat moet Neo-Nazi beweging aan gryp om hul punt te maak is desperaat en behoort nie deur niemand erenstig aan te vat nie! Of wou hulle die van Neo nazi flag gebruik te maak om hulself te vermom en teverdomp,miskien is dit die plan.Maar as mense in hierdie land moet begin met gewapende stryd te voor sal hulle wel nie met sulke klein hoeveelheid van wapens gevang word..dit is in my opsie maar net speeltjies!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.