[Foto’s] Nege dood in busongeluk

Foto: @medicnick83/Twitter

Foto: @medicnick83/Twitter

Minstens nege mense is dood en tientalle beseer, nadat ʼn bus vroeg Sondagoggend omgeslaan het op die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg in die Wes-Kaap.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 02:00 na die toneel, sowat 10km buite Touwsrivier, ontbied. “Die bus het op sy kant, gedeeltelik in ʼn veld langs die pad, gelê en die sleepwa in die middel van die pad.”

Volgens Vermaak is talle mense uit die bus geslinger toe dit omgeslaan het. Nege mense is in die ongeluk dood. “Plaaslike nooddienste het toe reeds 31 beseerdes na nabygeleë hospitale geneem. Nog 20 pasiënte was steeds op die toneel en sommiges was in die bus vasgekeer.”

Paramedici en brandbestryders was teen 05:00 Sondagoggend steeds besig om van die beseerdes met meganiese toerusting uit die bus te verwyder. Minstens 10 mense is kritiek beseer. Talle kinders is ook in die ongeluk beseer.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karoomeisie ·

Watter busdiens is dit nou weer? Dot maak my bang as ek dit sien dit raak vakansie een van die dae,en baie mense ry bus na familie.My kinders gaan ook Kaap toe en is al kla op my senuwees.Busdrywers moet omruil as hul moeg word da is mos 2 per bus.Dam sal dit nie gebeur. Da is baie mense en moet na hul veiligheid kyk.

Leon Pit ·

Soos gewoonlik onvolledig Karoomeisie sal maar op ander nuus wedwerwe kyk wat se busdiens dit was.

Lucas ·

Dit is nou lui berriggewing Maroela. A nee A mens verwag darm beter as dit van julle!!

Zoro ·

Hi! Dis tragies, padwaardigheid speel sekerlik n Groot rol in die ongeluk dis belangrik om voorrit inspeksies te doen op busse – Waar is die 24 uur wedstoepassing waarvan Kenny Africa so spog op RSG dis tyd dat hy minder sy tyd spandeur op radio’s en sy departement in order kry – dis hoogtyd vir ‘nuwe bloed’ sigbaarheid van wetstoepassers is baie belangrik , al plekke waar jy hulle kry is by inkopies sentrums en naby die stortingstereine waar hulle nie nodig is nie en waar geen ongelukke gebeur nie passiewe wetstoepassing was nooit n oplossing om ongelukke te voorkom nie – raak ontslae van hopelose topbestuur die department vir soos n dooie vis wat vanaf sy kop vrot .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.