Foto’s: Nege polisiebeamptes vas vir korrupsie

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Nege polisiebeamptes en ʼn werknemer van die Parow-polisiestasie in Kaapstad is Vrydagoggend in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

“Die sersant, agt konstabels en voormalige werknemer sal van korrupsie aangekla word na berigte dat hulle omkoopgeld aanvaar het en bewysstukke gesteel het,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Van Wyk is die tien verdagtes deur die provinsiale teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem.

Lt.genl. Arno Lamoer, polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Dit stuur ʼn sterk boodskap aan alle polisiebeamptes dat slegte elemente in die polisiediens nie geduld sal word nie. Ons wil graag die gemeenskap van Parow verseker dat die inhegtenisnemings nie ʼn invloed sal hê op dienslewering nie. Daar is gebeurlikheidsmaatreëls in plek gestel om te verseker dat alle dienste by die polisiestasie gelewer sal word,” het Lamoer gesê.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is nie meer snaaks nie. Die polisie is totaal korrup .Ek sal graag wil weet hoeveel Rand se brandstof hulle bedags uitry vir privaat besigheid en nie eers om te praat van Kentucky koop nie.Hulle is die oorsaak van die geweld in ons land want die boewe weet dat hulle nikswerd is.

nicolette ·

Dit verbaas my glad nie maar is tog hartseer dat die mense wat misdaad moet bekamp self die korruptes is

Des Wolfaardt ·

Get each and every criminal. …be it “who ever. ….

anet ·

Trots op die provinsiale teenkorrupsie-eenheid van Kaapstad. Ek hoop dat die Gautengse teenkorrupsie-eenheid hierdie nuusbrokkie kan lees. Wel gedaan Kaapstad! Ons kan doen met sulke manne soos julle!

Anita ·

Tannie Helen en Patricia, ek is trots op julle!

Dis ‘n voorbeeld vir ander provinsies van hoe dinge gedoen behoort te word.

Andre Erasmus ·

Ek se nie dit is reg wat hulle doen nie. Maar dit is VERSEKER nie reg om die manne en vroue in blou, wat daagliks hulle lewens vir ons waag, so SWAK te betaal nie….!!!!!! Betaal hulle wat hulle toekom, en die probleem sal opgelos wees(grotendeels) Maar nee, die regering is te hard besig om die staats koffers te plunder, eerder as om vir hulle werknemers n ordentlike salaris te gee…!!!!!!!

ontnugter ·

Na amper 27jr in die SAPD kan ek met alle eerlikheid se ons ondersoek nou 90% korrupte Polisiemanne en 10% haasmanne! Ons is oppad na nerens toe nie en faal ons land! Ek se baie jammer van my kant af want ek alleen kan nie die geveg wen nie!

Drieks ·

Ons weet jul kry swaar. Almal wat eerlik is en wil polisieman wees, kan nie sy beste gee nie. Ontnugter, ek saluut jou en hoop hul verander die mag na wat dit was. ANC + BEE = MISLUKKING.

Babs ·

Toe my kinders klein was het ek hulle geleer om polisie te vertrou want hulle beskerm ons. Vandag waarsku ek hulle om versigtig te wees vir iemand in ‘n polisie uniform want dit kan ‘n skelm wees.

moegoe ·

Die SAPD- 50% is nikswerd en 50% MISBRUIK die staatsvoertuie – m.a.w hulle is i LOST vir die gemeenskap.

Trevor ·

Roei uit die vuilgoed wat eerlike, hardwerkende Polisiemanne en -vroue se naam oneer aandoen. Die publiek weet dat hierdie gemors in die minderheid is.

Sparkie middelburg ·

yippeeeeee een van die dae het ons n nuwe polisiemag en minister as dit so aan gaan, mooi so hou so aan manne.

jacqueleen ·

This is absolutely fantastic news. Now when do they start in Gauteng.

Lynni ·

Polisie het Vrydagoggend op Kaapstadstasie pamflette uitgedeel oor korrupsie. Hoop dat alle korrupte poliemanne aangekeer gaan word. (En politici ens)

hugo ·

Wel done! Good to know that there are still justice out there… we know it is not a walk in the park in the saps but most police men and women is still honest and the bad apples can learn from them…

mienkie ·

Die polisie in krugersdorp koop oop en bloot drugs deur die dag , stop jou vir omkoopgeld, kruideniers word gekoop dan flash die blou ligte by kentucky, by chicken licken maar niks word gedoen nie so ja ek se fire die goed hul is useliss en vet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.