[Foto’s] Nege sterf in gru-botsing

Die taxi en vragmotor se wrakke. Foto: Verskaf

Nege mense is Dinsdagoggend in ʼn gru-botsing in Limpopo dood.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die botsing het omstreeks 07:00 op die R579 tussen Lebowakgomo en Jane Furse plaasgevind.

“ʼn Minibustaxi en ʼn vragmotor het reg van voor gebots. Altesaam nege mense is op die toneel dood en sewe het ernstige besering opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is die oorledenes ses mans en drie vroue wat in die taxi was. Die taxi was van Ga-Masemola op pad na Lebowakgomo toe die botsing plaasgevind het.

Die insittendes van die vragmotor het geringe besering opgedoen.

“Die oorsaak van die botsing is nie in dié stadium bekend nie en word ondersoek.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Die taxi en vragmotor se wrakke. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dawns ·

Nie te sê nie, kon van die vragmotor ook geeis het. 16 kan nog werk, meeste kombies/taxi is vir 16 – 15passesiers en 1 drywer.

Adri ·

Dawns, die berig se “die insittendes van die vragmotor het geringe beserings opgedoen”

Wonder ·

Tel ek reg??….9 dood….7 beseer….16 in totaal in die taxi…..en waar is die wetstoepassers?? As wette nie toegepas word nie….wat verwag jy??

louis ·

Ja en so saai die taxis net verwoesting op ons paaie en daar word net n blinde oog gegooi na hul deur die wetstoepassers.

wonder net ·

Nou hoekom word daar nie in daai dorp ook verwoesting gesaai en plekke geplunder en afgebrand waar die bestuurder van die taxi en vragmotor bly nie, daar ook mos nou mense dood.

AWes ·

Gaan my verstand te bowe dat die oorsaak v die ongeluk nooit bekend is nie.
Ek ry baie. Kar moet elke 2 na 3 maande vir ‘n diens gaan.
Kom ry ‘n dag saam my en jy sal weet wat 9 tiendes van die ongelukke se oorsaak is.
Blinde hoogtes en soliede strepe beteken niks.

Boontjie ·

Ek wil geensins opkom vir Taxi’s nie maar ek ry ook ongelooflik baie. Ry tussen 150 en 300km per dag. Alle rasse, geslagte en ouderdomme sowel as alle makes and models karre is skuldig! Wit vrou met kleintjie op die sit plek lanks haar, nie vas nie, jaag oor 3 rigting stop ELKE oggend. Boer in sy bakkie met groot trekker band agter op, jaag oor 4 rigting stop. Ek wil sien hoe stop hy skielik met daai ding agter op. Dame met grend kar jaag 120 in 60 zone bo-oor rooi lig. Man met klein Golf ry regs om sirel ipv links.
EN DIT WAS ALLES VANOGGEND VOOR 8!! JULLE IS ALMAL EWE SKULDIG.

Maya Roon Joubert ·

Waar des aarde het die ongeluk plaas gevind – is daai plekke in Limpopo!???? Ka Julle asseblief ou SAfrikaanse plekname bysit… Nog nooit van daai plekke gehoor nie!

LB ·

Maya, Lebowagomo lê iewers tussen Groblersdal en Stoffberg. Dit is ‘n plek waar die grasse lankal nie meer groei nie want dit is totaal oorbewei, daar is nie drade om die vee binne te hou nie wat dus langs die paaie loop en al die bome was alreeds vuurmaak hout.

etienne ·

Ja daar was net 16 in die bussie, ek het al gesien dat 41 uitklim, net soos daar 9 in ‘n slaapkamer in gepak word, nice.

Dries ·

Ek ry daardie pad gereeld.Tussen die taxi’s en vragmotors op die gegewe roete is dit werklik ‘n dobbelspel om hierdie roete aan te durf. Die pad self is ook haglik.

Lee ·

Minibustaxi = DOODSKIS op wiele !!

Oorsaak = wetteloos/roekeloos

Verban alle taxi’s ASB

Johan. H. ·

Hoe kan jy se verban alle taxis. Soos enige iets is daar vrot appels, Jy hoor vandag nou van die taxi, maar hoefeel ander ongelukke het nie vandg op al die paaie gebeur nie? BMW,MERCS, enige ander kar. Ek self ry n skoolbus Qiuntum, ek het nog nie n ongeluk veroorsaak nie..Wonder eerder of hierdie nie net maar n geval is van te oorbevolking nie wat deur die plaasmoord KARMA reggeruk word nie,..

oumie ·

Gids johan wil nou nie so op die man af wees soos jy nie maar ‘karma’ is n baie waar woord

Annette Stander ·

Meeste taxi bestuurders is padvarke. Hulle gee nie ‘n duiwel om vir sperstrepe of zebrastrepe nie. Sien dit elke dag. Verban taxis en skaf meer publieke busse aan. Alles gaan net oor geld. Mense se lewens beteken niks vir hulle nie

wonder net ·

Hoekom waar daar nie nou ook verwoesting gesaai in die dorpe waar die bestuurders van albei voertuie bly en hul plekke ook afgebrand nie? Daar is ook mos nou lewens wat geneem is.

T ·

Ek het vanoggend gese Taxis moet vir poging tot moord aangekla word WANT hulle vat mens verby op ‘n soliede wit streem met ‘n VOL taxi met karre wat van vooraf kom dan staan hulle so effens stil langs jou om die kar van vooraf te mis … hulle sit al daai mense se lewens in gevaar !!!! en dan ry hulle amper hulle EIE mense langs die pad raak wat stap … geen maar geen gevoel vir mense nie

Ouma ·

Vanoggend vertel die vrou wat saam met my werk, hoe ‘n Taxi verby die bus gejaag het waarin sy gestaan het. Daar was nie sitplek vir almal nie. Die bus moes so wild uitswaai om hom nie te tref nie ,dat sy vir lewe en dood moes klou en haar rug seergemaak het. Die taxi is very die bus, oor die rooi lig, en binne in ‘n ander kar vas. Ek gee hulle altyd spasie om verby my te kom. Eerder voor my as langs of agter my. Want hulle SAL voor jou probeer indruk. Doodskiste op wiele.

Hennie ·

Kan ek raai? Die taxi het op ‘n sperstreep verby ‘n voertuig gegaan en in die aankomende vragmotor se baan beweeg. Nooit gedink iets kan oor die built kom nie . . . eish!

Blind eye ·

Die bedryf word nie gereguleer nie. Die voertuie is onpadwaardig, sommige bestuurders het nie lisensies nie. Daar word meer as wat die voertuig kan vat in dit ingelaai. Bestuurders ry onverskillig, kom nie padreëls na nie. Ongelukkig kyk almal weg as daar oor taxis gepraat word want ‘siestog die mense het geen keuse nie’. Dit is so, maar hoekom kan die regering dit nie reguleer soos langafstand taxis gereguleer word nie? Hoe langer julle ‘n blind eye gaan draai, hoe langer gaan daar ongevalle wees.

John ·

Boontjie, ek stem 100% saam met jou, almal is skuldig. Elke aand net voor ek by die huis kom is daar ‘n stop waar mense wag tot jy amper by hulle is dan jaag hulle net voor jou in. Dit is agv ons swak verkeersbeamptes dat mense al hoe meer soos mal goed ry, want niemand gaan my mos keer nie ek kan maak soos ek wil en as ek ‘n grand kar ry dan is ek eers “important”.

Nee wat, almal is skuldig nie net die taxis en vragmoters nie.

Summerfield ·

Hier word baie klippe gegooi na die taxis. Baie van die kommentaar word gerig op hoeveel mense daar in die taxi was. Ek wil net se – so what!!???? Ons kom hou vakansie in SA elke tweede jaar, oor die Kersvakansie, en ek staan verstom oor hoe mense op die paaie in Suid Afrika jaag. Nie net taxis nie. Hoe grender die kar, hoe groter die padvark agter die stuur. Hier in die VSA kom jaar niemand agter op jou stert en flikker ligte nie. Niemand trek af vir jou om verby te jaag nie. Dis asof daardie mense dink die pad behoort aan hulle. Nee wat, almal is skuldig, nie net die taxis nie.

Justice ·

Ek kan net op my kniee gaan en dankie se dat ek nie een van daardie arme pendelaars is wat van vroeg of tot laat in lang rye te moet wag om in `n taxi deur `n “rank marshall” ingeprop te word nie. Die pendelaars het nie `n keuse van die taxi se padwaardigheid of drywer wat volgende in die ry is nie. Sou hulle laat of nie by die werk opdaag kan hulle as somtyds enigste broodwinner hul werk verloor. Dit is `n “catch 22” situasie wat eintlik tragies is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.