Foto’s: Net bouvalle, stompe oor van spogplaas

Foto: Reon Janse van Rensburg

ʼn Eens florerende druiwe-en-sitrusplaas van 480 hektaar in Limpopo is gereduseer tot bouvalle, en afgekapte lemoenbome wat vir vuurmaakhout gebruik is.

Die vakbond Solidariteit het vroeër die week die vervalle Sunningdale-plaas, wat tussen Mokopane en Polokwane geleë is, besoek. Die plaas is in 2010 deur middel van ʼn grondhervormingsproses na die Sunningdale Workers’ Trust oorgedra.

Solidariteit het die plaas besoek nadat hy sy lid, Hannes Korff, die voormalige plaasbestuurder vir 13 jaar, suksesvol by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verteenwoordig het.

Foto: Reon Janse van Rensburg

Die trust het hom onregmatig afgedank en het nie ʼn lening wat hy aan hulle toegestaan het, terugbetaal nie. Die trust skuld Korff sowat R400 000.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se arbeidsregafdeling, is hierdie ʼn groot oorwinning vir Solidariteit, maar die werklikheid van die verval op die plaas ʼn tragedie vir almal. “Die plaas het voorheen sowat 158 werkers in diens gehad. Dus word 158 gesinne, wat uitwerk op ongeveer 600 mense, nie meer gevoed nie weens ʼn rampspoedige grondhervormingstransaksie aan onbekwame begunstigdes,” het Van der Bijl gesê.

Foto: Reon Janse van Rensburg

“ʼn Mens hoor dikwels van die rampspoedige gevolge van nie-deurdagte grondhervormingstransaksies. Dit is egter eers wanneer jy tussen die bouvalle staan en die magdom besproeiingspype wat net uit die grond geruk is en aan die kant van die boorde in die son lê en verrot sien, dat die besef werklik insink,” het Van der Bijl gesê.

Volgens Korff sal die plaas nou opgeveil word om die uitstaande skuld te delg, maar dit sal sowat R50 miljoen kos om die plaas weer tot sy voormalige glorie te herstel. Dit sluit in die pakhuise, plaashuise, besproeiingstelsel, wingerde, lemoenboorde, skadunette, grensdrade, en 37 boorgate wat geplunder is en met klippe toegegooi is.

“Dit is belangrik om te onthou dat hierdie tragiese uiteinde van die eens florerende en winsgewende plaas nie net die plaasbestuurder, werkers en omliggende gemeenskap raak nie. Die plaas het hoofsaaklik sy produkte uitgevoer, dus word die ekonomie ook swaar deur hierdie verval getref,” het Van der Bijl afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

Dirk ·

Dis baie waar… met elke plaas en dan ons land nadat die rassistiese ANC kanker klaar is met dit.

honourable member ·

Presies! Hierdie mense beplan geen vooruitgang met die plase wat hulle wil vat nie. Dis hartseer wat met hierdie mooi plaas gebeur het, maar dis mos wat hulle wil he. Hulle veroorsaak hulle eie ellende maar is te dom om dit raak te sien en te besef. Wonder wat se Cyril oor die plaas. Swyg soos die graf soos gewoonlik want ten minste het sy mense nou grond waarop boggerol aangaan.

Murgpyp ·

Dit is presies wat gaan gebeur met die res van die land as hulle dit net verniet kry, as jy nie vir iets betaal nie pas jy dit nie op nie. Al oor en oor bewys.

humor ·

Ek hoop hierdie geval en nog baie ander kry in hierdie tyd van besluitneming oor grondonteiening volledig TV dekking. Wat van n deeglike dokumentere weergawe.

Albaster ·

Ja hierdie feite moet wyd gepubliseer word dat die land en wereld kan sien wat gaan gebeur as hulle durf voortgaan met onteiening.

Andre ·

Daar sal GEEN media dekking wees van sulke plase nie. Plaa ANC en regering in n swak lug.

Adam ·

Humor, alhowel elke regdenkende mens met jou saamstem sal; dit nooit gebeur nie. Die SABC is onder staatsbeheer en die res van die media is hopeloos te polities korrek.

TROTSE SOLIDARITEITLID ·

Net ‘n kwessie van AGT JAAR !!! = HARTSEER
Daai groot woord – GRONDHERVORMING = EUWEL
Baie dankie Solidariteit = sake waaraan julle raak, is nog altyd NET suksesvol !!

Callie ·

Ek vra mooi dat iemand my help. Ek is dalk bevooroordeeld. Na alle soektogte na alles in Suid Afrika kon ek nog niks kry wat opgebou is vandat die ANCregering aan bewind is nie. Ek hoef nie eers te soek na wat afgebreek is nie. Dit wys hulle vir my daagliks op tv. Eskom, bankrot die SAL, bankrot, die universiteite afgebrand, die stadsrade bankrot, die paaie in n toestand, die rioolwerke werk nie, geen water in dorpe, all staatshospitale lyk soos die squatter kampe en is bankrot, spoorweg is tot niet, wil nie verder opnoem nie. Kan enige een my kwalik neem oor my persepsie van swart mense en wat hulle doen. Kan iemand vir my een ligpunt noem, net een waarvan hulle n sukses maak, behalwe bevolkings groei

linda ·

liefste Callie, Die ANC het baie hoogtepunte bereik, om die mooi land so op te voeter dat niemand dit ooit weer sal kan red is een groot reg merkie op hulle lysie!
hoe hartseer is alles om ons

Adriaan ·

Ek kan aan 2 “suksesse” dink:
1. Straat en dorpname is verander.
2. Padmerke word voor verkiesings oorgeverf.

Richter ·

Die grootste positief wat die ANC bereik het is sekerlik die uitbrei van basiese dienste en behuising aan mense wat dit nie voorheen gehad het nie. Dit is dalk baie ondoeltreffend gedoen en nog steeds in ‘n haglike toestand, maar dit is beter as wat dit was. Dis ook omtrent die enigste positiewe voorbeeld waaraan ek kan dink.

Dan is dit belangrik om uit te wys dat dit nie “swart mense” is wat die land so in die afgrond in stuur nie, maar korrupte, onkundige en onbevoegde mense oftewel “leiers”.

Die meeste Suid-Afrikaners is nes ek en jy. Elk wil net sy plekkie in die son hê. As ‘n grootbek politikus hard genoeg skree dat hy dit vir jou kan gee, en jy het geen ander beter opsies (waarvan jy weet) nie, dan is dit mos redelik om te verwag dat jy vir hulle gaan stem.

Snowball ·

Callie, jy soek vir wors in ‘n hondehok. Daar is die sg “producers” en dan is daar “consumers” Die ANC val in lg kategorie. Hulle verbruikersvermoë (lees gierigheid en korrupsie) is so fenominaal dat alles met tyd tot rommelstatus verval danksy al die kripvreters.

Pierre ·

Een ligpunt: Omdat Suid Afrika so verval het, wil geen ander land ons grond hê nie, dus sal ons nie aangeval word nie. Ons kan dus van die weermag ontslae raak, dink aan al die geld wat ons kan spaar.

Pieter ·

Kom almal sing saam my, op die wysie van ” Boesmanland vat my hand” – “Boesmanhand vat my land, lei my oor die afgrond se kant, Boesmanhand vat my land!!!!

willie ·

Richter jy sit die pot heeltemal mis, almal behalwe die wat roof was beter af in die ou bedeling! Mediese sorg, onderwys, maatskaplik, infrastutuur, munisipaliteite, ens.

Andre ·

Waar gaan mense kos kry (en werk) met die ANC se “Kry ‘n baba dan betaal die belastingbetalers jou elke maand” projek? Waar gaan hulle kos koop met die belastingbetalers se geld wat hulle dan kry as rakke leeg is?

White Rhino ·

Tipiese voorbeeld.
Lyk of die springkane dit beetgehad het. Sprinkaanplaag.
Alles is verorber en tot niet. Nou gaan dit met die res van die plase ook gebeur.
Stuur hierdie voorbeeld die wye wereld in. Daar is mos so ‘n geval in Beaufort Wes ook? Wie kan daaroor inlig?

Lana ·

Ek dra kennis van die plaas Mardeck in Victoria-Wes. Alles daar is goed opgedinges. Ek was een van die mense wat die DBV gebel het oor die diere daar. DBV moes van die diere daar uitsit a.g.v. wanvoeding. Ander diere is weggevat.
Kan elkeen wat kennis dra van soortgelyke gevalle asb. die plaas se naam en distrik hier gee. Ek het die inligting nodig.

Alma ·

Ja, White Rhino, en wat scary is, is dat die “Trust” nou soos die sprinkane seker na n volgende plaas moet trek om te verslind.

Jenny Thom ·

Dit is realiteit, hulle kan nie eers met ‘n bestaande plaas voortgaan nie, wat van net ‘n stukkie grond kry, dan wat?????? Dit is absoluut hartverskeurend!!!! O, my Koning, asseblief kry U volki jammer, en verlos ons. Ons verlang na U regverdige, geregtige koninklike regering met U as Majesteit YHWH!!

Sam ·

Sy beloftes staan vas, Jenny, en ‘n oorblyfsel sal gered word, maar die verwoesting van die sprinkaanswerm uit die Noorde is nie gedaan nie, want Sy volk het hulle verbond met Hom verbreek … Hy sál ons nie nou seën nie.

Elizabeth ·

‘n Akkurate vooruitskou van hoe ons hele land oor ‘n paar jaar gaan lyk.

Net as ons dit toelaat ·

Natuurlik net as ons terugstaan en niks doen nie, as ons toelaat dat die kommuniste op ons trap.

Doen ·

‘Net as ons dit toelaat’ ~ Vertel asseblief vir ons almal wat jou voorstelle is??

DHK ·

“Doen” – Ek dink dis voor die hand liggend wat ons te doen staan. Ongelukkig is daar net min Afrikaners met ruggraat oor…

Kapenaar ·

Dit gaan met 99% van die plase wat reeds afgegee is so. Hierdie “mense” stel nie belang in opbou nie, hulle breek net af….agtergeblewene sal agtergeblewene bly. Oertyd!!!

Petrus ·

Stuur die foto’s die wereld in! Neem Malema en die hele ANC daarheen en vra wat hul dink die oorsaak is? Malema sal Van Riebeeck die skuld gee en die ANC sal opleiding en hulp veroordeel. Ja, niks is hulle skuld nie. Hulle vergeet dat boere sonder hulp en opleiding suksesvol geword het omdat hulle wou werk en suksesvol wou wees.

Tragies en bitter hartseer ·

Ek het ‘n begrafnis bygwoon in Vanderbijlpark die afgelope week en was ook in Vereeniging. Ek was jare laas daar en ek was erg geskok toe ek die drastiese en tragiese verval sien van daardie twee dorpe. Die rou riool loop vrylik in die strate, baie baie potholes orals en op elke straathoek lê die rommel en gemors wanhopig wyd gesaai. Dit het vir my gelyk asof daardie twee dorpe total en al afgebreek en vernietig is. So ongelooflik tragies en hartseer.

Avra ·

Dis nie net nou wat dit gebeur nie. Reeds in die 70’s is plase in Vryburg distrik deur die regering uit gekoop vir Bobutatshana ingelyf is. Daar was geelhout balke en vloere in die middel van die sitkamer verbrand vir koskook. Toe alles op die plate verbrand is, het hul by die koninklikes in Mafeking gaan kla dat die regering hul in sulke toestande “ingedwing” het.

Niel van Zyl ·

Afriforum/Solidariteit, daar is telke sulke gevalle van “gehervormde” plase wat wat verval het tot niks. Die grond is in die hande van die regering of trustees vir voorheen benadeeldes. Wat is die regering se argument as hulle gevra word hoe hulle dink verdere grondonteienings kan suksevol gedoen word sonder om ‘n impak op voedelsvoorsiening te hê as dié voorbeelde die teendeel bewys.
Voor die regring ENIGSINS moet kom met verder onteienings, bewys eers dat die grond wat klaar onteien is, hetsy teen betaling of nie, winsgewend en suskssvol op geboer kan word deur die nuwe “boere”. Andersins moet RAMPosa die beleid se ware doel verduidelik. Maar net weer ‘n bewys van ‘n rasistiese teenkanting van die witvel.

Janosh ·

Soek julle nog sulke fotos. Ek het, en dit sal julle met jul hande in jul hare laat……

Publieke Rekord ·

Asseblief, ja! Indien daar nie ander gevalle aan die lig gebring word nie, sal hierdie geval ook as ‘n uitsondering afgejak kan word. Hoe meer hoe beter.

Lana ·

Ek het hier bo genoem van die plaas Mardeck in Victoria-Wes, Noord-Kaap. Kan amal wat kennis dra van soortgelyke gevalle asb. die naam van die plaas en die distrik hier gee?
Het die inligting nodig.

Derick ·

Meer fotos (before and after) moet geplaas word en deugestuur word na ELKE internasionale nuusagentskap. Die wereld (en veral die wereldbank) moet besef hoe futiel hulle pogings is.

Ray ·

As ek reg onthou het ons Prezzie in sy een gesprek gese hulle gaan die plase weg vat uit die lui mense se hande en vir mense gee wat die grond sal bewerk.

Mmmmmmm, lyk my dit was suksesvol gewees hier (tong in kies)

Nee Mnr. President dink bietjie haarfyn hieroor, want die kos kom nie uit die Spar en Checkers en PnP nie, dit kom vd boer na die aanleg na die winkel. Daar is ‘n kring wat aan die gang gehou moet word en as ons daai kring breek, dan sit almal met werk (grond) en lee rake. Bel Mnr. Mugabe en vra hom, hy sal jou vertel.

En nee dit gaan nie oor velkleur nie, miskien moet die land ophou om na blankes te kyk (as die boere), en dink daaraan om boere te klassifeer as mense wat die grond bewerk en produseer. Dan kan ons dalk aanhou om kwaliteit Groente, Vrugte, Vleis ens. op ons borde te he. Al is dit net ‘n klein stukkie

liz ·

Raak gewoond hieraan dit is Suid Afrika se voorland, Zim gaan lyk soos die paradys teen SA wag net en sien.

HPV ·

Hierdie tragiese waarheid is ongeveer ‘n maand gelede reeds internasionaal aan verskeie instansies en besighede gestuur. Ander sulke “sukses verhale” word daagliks gepos.

Anonieme Lafaard ·

Laat my dink aan almal wat die boere aanraai om alles op die plaas te vernietig voordat dit by hulle afgeneem word. Ek sê: “don’t bother” – die nuwe eienaars sal dit sommer verniet vir jou doen, beter en vinniger as wat jy kan.

Geen reg ANC ·

Die ANC het geen reg om oor ons plase, eiendom en lewens te besluit nie. Ons het ook regte en sal dit beskerm.

plaashuis ·

My plaas sal nog erger lyk voordat hulle intrek – daar sal nie eers ‘n murasie staan nie .
Daar sal niks wees nie -en grond sal nie bewerk kan word nie.

Christo ·

Hierdie is presies hoe Suid Afrika gaan lyk oor n paar jaar.

Emma ·

En so sal dit aangaan en ons land lyk soos in Zimbabwe. Maar he wil hulle he. Wanneer gaan die mense hul oe oopmaak.

Jacques ·

Hierdie is nie vuurpyl wetenskap nie . Enige mens met meer as twee breinselle kan dink dat dit oral so sal gaan as die regering n werkende plaas gaan oor VAT . Maar ek dink hulle is in vir n helse ding , n boer sal nie net se kom vat waarvoor ek my lewe lank bloed gesweet het en trek dit deer jou dinges nie . Dit is baie hartseer om die plaas so te sien .

Nie Zim ·

Ons is nie so min mense soos in Zim wat net gaan wegloop oor die grens nie, hulle moet nie dink hulle kan maak met ons wat hulle wil nie.

Piet ·

Moet nie so haastig tik nie ou seun, die mense van Zim was in n burgeroorlog (al was hulle min) om vir hul grond te veg, totdat die NP regering hulle branstof by die SA hawens geblok het. Nadat die spoorlyn deur Mosmabiek opgeblaas is was hulle uit opsies, want Zim het nie sy eie hawe nie. Hier in SA het die NP die land “oorhandig” aan die kommunistiese ANC, nou is die selfde groep mense geskok om die sien dat hulle grond wil nasionaliseer. Jy moet mense meet aan hul harte nie aan getalle nie, dan besluit jy weer hoeveel daar is.

Houdop ·

Die GROOT vraag WIE ?
Persone wat ons land besoek kom PRAAT, BETAAL en KYK hoe vér die GROOT PLAN gevorder het en instukteer volgende stappe.
Kyk en sien na volgende besoek kom daar weer nuwe streke uit.

christa ·

dis soos die huidige regering wil he Suid Afrika moet lyk. Dis hulle leefwyse. Vernietig en verwoes alles.

Theresa ·

Stuur aan elke persoon en plek in wêreld wat belangstel om te sien waaroor mens bekommer.

Mamma ·

So dan word die plaas opgeveil om die skuld te delg en wanneer Ramaphosa se plan om grond sonder vergoeding af te neem in werking tree, word dit weer van die nuwe eienaar weggeneem?

Adelle ·

Net een van vele plase wat reeds landwyd op so wyse tot niet gegaan het. Die regering het destyds ‘n spogplaas van byna 6000 hektaar naby ons aan nuwe “eienaars” oorgedra. Vandag is daar NIKS our nie: 3-verdieping huise is bouvalle, boorde ook afgekap vir vuurhout, wild gestroop… die lys gaan aan…. Tragies on the sien.

Hierdie is weereens net ‘n bewys dat die oorgrote meerderheid aanspraakmakers op grond GEENSINS belangstel om te boer, hul wil bloot op bestaande infrakstruktuur TEER.

Hierdie voorgestelde planne op grondhervorming gaan rampspoedige gevolge hê. One kan dit NIE toelaat nie!

Lana ·

Adelle, kan jy asb. die naam van die plaas en die distrik hier gee?

Sal nie ·

Ek gaan nie toelaat dat hulle my besittings en hele lewe vat net om te probeer stemmers werf nie, vergeet dit ramaphopsa.

B ·

Sjoe mense – julle het nie veel insig oor die beginsels wat die onteieningplan dryf nie. Dit gaan NIE daaroor om die grond ekonomies te bedryf nie, dit gaan NET oor die feit dat wittes dit nou het, en dit nie mag besit, PUNT. (Dis ook hoekom daar nie na bv staats, stam- en ander ongebruikte grond gekyk word nie. Dit moet JUIS weggeneem word by wittes en aan andere gegee word, dis AL waaroor die saak gaan, die ‘wegvat en gee’ aksie)

Stef PApendorf ·

Jy is ongelukkig reg B.
Die huidige leiers, die wat nog lewe, het in 1984 saam met Oliver Tambo besluit die plase moet gevat word. Daarmee saam dat die eienaars gemoor moet word en hulle toerusting saboteer word. Vooruitgang en groei was en kan nie hulle agenda wees nie.

Neil. Die Gautrein is ‘n privaat onderneming nie die Staat nie.

Ontsteld ·

Dit is absoluut hartverskeurend om te sien hoe alles waardeer ‘n swerm springkane trek, te sien tot niet gaan. Hulle rus nie tot selfs die stoppels opgevreet is nie. Dan beweeg hulle aan na die volgende veld. Daar waar die miere opgegaar het vir die komende Winter..

Liberaal ·

Linkse liberalliste volg selfde strategie. Transformeer een land dan vlug ons linkses na volgende sodra die transformasieproduk onuithoudbaar raak, transformeer dan westerse waardes uit die nuwe gasheerland en dan na volgende. Linkses is klaar met SA, Europa is linkses hard mee besig.

marous ·

Begin ‘n van toeka tot nou projek . Gaan kyk in Trichardsdal en Letsitele Vallei in Limpopo dan sal julle sien hoe lyk dit . Stuur dit dan die wereld vol onder suksesverhaal van die grond hongeres

Arnót ·

Gautrein word nog met honderde miljoen per jaar gesupsidieer. Nie profitable.

Carel Wilken ·

Hoe jammer tog dat hierdie berig net op Maoelamedia se webwerf verskyn, en nie ook op Netwerk24 en News24 se webwerf nie, en dalk ook n paar ander…

Aasvoels ·

Carel stuur dit na Belgie en Australia se nuuswebwerwe.
Sommer ook Amerika na Trump toe.

Mrs H ·

Maroela, is dit moontlik om vir ons vroër jare se fotos van die plaas te wys asb?

Mrs H ·

Wat is die moontlikheid dat Mnr Korf voorstel dat hulle hom aanstel as voorman om die plaas na sy vorigge glorie te herstel met n salaris pakket wat dan ver verby R400 000 strek per jaar?

Siek en sat ·

My pa is al 45 jaar oorlede en het TOE al voorspel wat nou besig is om te gebeur. En NIEMAND SE N WOORD VANUIT DIE REGERING NIE.

Reguit ·

Julias sê mos gereeld: “Our people need the land to be economically empowered – so that they can ‘work the land’…”.

Hulle gaan mos die land vat en dit dan glo “bewerk”. En die Internasionale Geldmag naamlik o.a. die Wêreld Bank, IMF & Company staan (agter die skerms) bankvas daaragter. In die skaduwees trek hulle die toutjies. Die wittes van SA ken mos nie hulle vyande nie.

Sien die video:

https://www.youtube.com/watch?v=N-X7fp9HckM

Jacobus ·

Dit gaan so werk na onteiening, die blanke ontneem van alles, om kos op die tafel te sit en heenkome te hê gaan dan maar gedwee die eiendom; plase en besighede namens die nuwe eienaars bestuur as bywoners.

Dit is die scenario waarop die ANC hulle toekoms verwed en beplan, hulle het van 94′ af gesien die blankes is maar gediend met die verandereinge hoe groot of klein en maak nie ‘n groot bohaai (gebruik geweld) nie, daar is al te veel verraaiers in ons midde wat die ANC mildelik reeds dien met raad en daad.

humor ·

Die regering asook malema en sy gevolg leef met die konsep om bloot net polities aan bewind te wees besit jy nog nie die land nie. Ook is daar ander wereldmagte agter die skerms met baie langtermyn ekonomiese doelwitte. Ongelukkig is daar mense met n baie gebrekkige toekomsbesef. (toekoms gerigtheid.) en besef nie hoe die toekoms hul gaan raak nie.

Flip Sadler ·

Wat ek graag wil weet, ons het reeds n groot tekort aan water, elekrisiteit [Daar word mos net gekoppel ] Wie gaan aan die nuwe boere dit alles voorsien, dwars oor S A en ook nog die riool stelsel Wie gaan die plaas huis kry, wie die stal en garage, die vee en bewerkte grond , Trekkers en implimente ???? Ai tog !!! Almal net gelukkig op sy eie stukkie grond wat van die Staat gehuur gaan word !!Predikant so maand of wat terug op radio kinders vra waar gaan ons heen, werk,en wat gaan van ons word ?? Toe vra hy Here, ons het nie die antwoorde nie, Help !!!!

Joshua ·

Daar is baie plase wat reeds dit oorgekom het en wat van dai huidige 4000 plase in besit van die ANC?

Reguit ·

Communism’s new mask – how they changed the terms.

Old Communist Term —— vs —— New Communist Term

Revolution > Transformation
Nationialization > Expropriation without Compensation
Marxist Atheism > Religious Tolerance
Class Struggle > Struggle against Apartheid
Equality > Diversity
Fascist ! > Racist !
Kulaks are the enemy > Whites are the enemy

Corma ·

Ek stel voor Solidariteit onderneem ‘n landsreis en neem foto’s van plase wat deur die staat oorgeneem is en wat aan Agtergeblewenes geskenk is!! Voor- en na-foto’s!! Plase wat in volle produksie was en wat tans TOTAAL vernietig is!! Daar is talle sulke plase. Dit kan in ‘n boekvorm gepubliseer word en die wêreld ingestuur word!! Dan kan die wat al die jare teen geskreeu het en ons geboikot het, sommer sien wat het hulle bereik!! Terloops daar kan ‘n hele reeks sulke boek verskyn: Dorpe, paaie, skole, hospitale; almal voor en na ’94!! Ek voorspel dit sal trefferverkopers wees!!

Philip Labuschagne ·

Moenie verbrande skole vervang nie. Sluit alle winkels ens op gestroopte dorpe. Kry honde in jou huis. Vertrou niemand al is die gamiet hoe vriendelik.

Ben ·

Ons het n Nederlandse prinses wat n plaats het in die Bethesda/ Graaff-Reinet omgewing. Wonder of dit ook gevat word?

Kaufman ·

Niemand weet nie. Die regering speel met mense se gevoelens, laat ons in ondekerheid konstant leef. Dit is n wapen om ons geestelik te probeer breek.

Dina ·

Ons hele land is besig om afgebreek te word en te verval. Alles stort in duie wat n duidelik even bewys is dat die huidige regering aan bewind nie die nodige kennis, wysheid en insig het om n land te regeer nie. Alles wat vir jare met sorg opgebou is word nou deur gierige onkundigheid vernietig omdat dit in verkeerde hande beland het.

Marthie ·

Verantwoordelikheid
Wanneer jy ‘n plaas koop, erf, “kry”, neem jy daarmee saam, die verantwoordelikheid om te help om ‘n land se mense te help voed. Om werk te verskaf, om voedsel te produseer, om die ouers se kinders wat betrokke is by die plaas, te help om ‘n opvoeding te verseker.
‘n Plaas is nie die plek om langbeen in die son te gaan sit, sodar die plaas vir jou kan kos, rus, vrede en ‘n woonplek kan verseker nie. ‘n Boer sorg verseker nie net vir homself en sy gesin nie. Daar is ‘n baie groot verantwoordelikheid teenoor almal op sy plaas en gemeenskap en ook die land. Gestroopte land en onbewerkbare grond kan nie toegelaat word, daar is teveel monde wat gevoed moet word!!

HA HA ·

Lekker lag ek. Dis eintlik nie snaaks nie maar die woord ONBEKWAAM staan in groo rooi letters gestempel oor die regering se grondhervoring (gronddiefstal beleid). Die ironie is dat oor ‘n paar jaar die meeste produktiewe grond dieselfde paadjie loop. Maar dis so goed jy praat met ‘n muur, jy gaan waarskynlik ‘n meer intelligente antwoord uit hom kry …

Sue ·

@Maroela Media…. ons bevind ons in ‘n ‘catch 22’-situasie, want ons wil graag hierdie soort nuus met die buitewêreld deel. Ons vriende oorsee verstaan nie Afrikaans nie…. en MM is die enigste platform wat hierdie nuus akkuraat weergee. Ek wil voorstel dat julle jul berigte laat vertaal en ‘n skakel onderaan elke berig plaas met die Engelse weergawe. Ek kan julle selfs op ‘n vryskutbasis daarmee help. Ons het nodig dat die res van die wêreld weet wat in ons land gebeur!

Willie Maree ·

Stuur asseblief hierdie en soortgelyke fotos aan die agbare Minister en die President se kantoor. Almal predik grondonteiening maar gee nie n duit om vir produktiewe waarde nie

UITDAGING AAN DIE PERS/VF+ ·

Ek sou wou hê Afriforum/Maroela/VF+ – enige koerant ens, of iemand met gesag moet hierdie foto’s na Cyril neem en vra vir kommentaar. Vra vir ‘n onderhoud en wys hom dit en vra hom direk om selfs net hierdie geval vir ons te kwalifiseer vir sy grondgrypbeleid. Ek DAAG iemand in die pers uit om dit te doen. Moenie net noem wys die foto’s!

Penellope Jones ·

Ja-nee, is nie eintlik verbaas nie.
As mens nie hard vir iets gewerk het nie, en geen respek het vir enigiets en enigiemand nie, dan is dit seker maar die uiteinde.

Jan ·

Mense daar is net een ding wat die ANC grond toe kan bring. STOP OM BELASTING TE BETAAL. Geen dienslewering geen belasting. Hulle misbruik ons geld om ons geordende lewe te vernietig. Ons het duisende voorbeelde.

1+1 ·

Erfgoed is swerfgoed, hulle sal die realiteit, betekenis en inpak van die uitdrukking baie later besef, maar dan gaan dit te laat wees.

Jannie ·

As almal maar net 25 jaar terug kon sien waar die land gaan opeindig maar ongelukkig kon slegs ń klein groepie mense sien waar dinge heen gaan.
Soos ons nie tyd kan terugdraai nie net so sal ons nie weet wat môre op ons wag nie, maar een ding is seker ek sien niks goeds nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.