[Foto’s] Nóg Limpopo-studente vas oor plundery

Foto: Konst. Maluleke (SAPD Mankweng)

Foto: Konst. Maluleke (SAPD Mankweng)

Nog drie studente van die Universiteit van Limpopo is in hegtenis geneem in verband met brandstigting en plundery op die kampus.

Kol Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag laatmiddag gesê nog drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ondersoeke hulle verbind het met plundery en brandstigting by kiosks op die kampus.

Maroela Media het vroeër berig 13 studente is Maandagaand in hegtenis geneem toe die betoging gewelddadig geraak het. Die studente het amok gemaak en ses kafeterias en ʼn kettingrestaurant gevandaliseer nadat die instansie gesê het hy kan nie gratis onderrig aanbied nie.

Die universiteit bly gesluit.

Die studente het op geboue en veiligheidswagte se kamers by die Turfloop-kampus in Mankwen, oos van Polokwane, toegeslaan.

Studenteleiers het aan die hoof en visekanselier, prof Mahlo Mokgalong, gesê omdat hy versuim het om enige versekering te bied dat die universiteit gratis onderrig gaan verskaf, en vorige skulde gaan afskryf, sal die instansie “onregeerbaar” wees.

Die studente op die kampus het by die landswye #FeesMustFall-veldtog aangesluit. Die studente het begin betoog teen die verhoging van studentegelde vir volgende jaar. Pres. Jacob Zuma het Vrydag ʼn moratorium geplaas op enige verhogings in studentegelde vir 2016, enkele dae nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, ʼn beperking van 6% op die verhogings geplaas het.

Die betogings het egter nie opgehou nie en studente eis nou “gratis onderwys”.

Otto het bevestig daar is nie enige betogings by die Universiteit van Venda in Thohoyandou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Skim ·

Sien dis hoe ‘educated’ mense optrede en probleme uitsorteer. ……

Susan ·

Niks moet reg gemaak word nie. Laat hulle net so in die gemors klas draf. Dis mos hulle wat dit gedoen het.

Martin ·

Ek het ‘n idee dit is presies wat gaan gebeur. Die ouens sal besef, wat hulle rêgmaak gaan weer afgebreek word.

Gert ·

Laat hulle alle klas geld betaal , geen gratis onderrig nie . OP SKOOL BETAAL KINDERS OOR DIE R 500 PER MAAND . MAAK SKOOL EERDER VERNIET

irene ·

Shame in hegtenis geneem more loop hulle weer vry ek hoop hulle word vir altyd geskors onopgevoede gemors vir samelewing

Betsie Koekemoer ·

En wie dink die studente gaan Lektore se salarisse, instandhouding van die geboue en toerusting, handboeke, munisipaliteitsdienste ens betaal? As hulle wakker skrik is hul pap koud. Universiteitsopleiding was nog nooit gratis in my leeftyd van 58 jaar nie. Mens werk om iets te verdien.

Susan ·

Volgens BLADE die ryk mense en ryk maatskapye!!!!!!!!!!!!!!!!

arie plaasboer ·

Dit was so helder so daglig dat toe Zuma die 6% verhoging afgeskaf het dat die studente oorwinning gesien het met hul metodes.
Ek het vir myself voorspel dat dit nie die einde gaan wees nie. Alles dui dan ook daarop dat die studente nou hulle wenpoging gaan aanwend om GRATIS:
Tersiere onderwys,
inwoning (kan jy indink hoe lank mense dan `n “student” gaan bly? Te lekker – die staat betaal mos dan daarvoor)
Etes
Boekery,
Geskikte kleding ens te begin eis.
Sluit eerder die instellings VIR OPROERIGES EN HOU DIT OOP VIR DIEGENE WAT SKRIFTELIK ONDERNEEM OM HULL TE WEERHOU VAN OPROER EN HULLE TE BEPAAL BY HUL TAAK OM TE STUDEER.

Theresa ·

JA! Laat daar ‘n klousule in al elf amptelike tale in die registrasievorms kom wat ‘n voornemende student verplig om te onderneem dat hy/sy nie aan baldadige opstande sal deelneem nie en onderneem om als wat betaal moet word (met lys daarby en die bedrae) sal betaal. Dis tog kontraktueel.
Daar moet ordentlike voorsorg getref word om studente veilig te laat klas bywoon wat voldoen aan die reëls. Die bokspringendes en vernielsugtiges kan maar hardhandig verwyder word. Ry sommer 2000km met hul weg en los hul daar – dit gee kans vir ‘n vraestel of 3 om geskryf te word.
O ja, boetes vir dié wat bly bokspring! Boetes vir skade aangerig. Basta met sulke sotlike gedrag. Niemand kan waag om die mense aan te stel al het hul ‘n string grade wat bereid was om nou so op te tree nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.