Foto’s: Nog miljoene entstofdosisse kom aan op OR Tambo

Die eerste besending van die skenking kom op OR Tambo-lughawe aan. (Foto: Twitter)

Die eerste besending van die meer as 5 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof wat deur die Amerikaanse regering aan Suid-Afrika geskenk is, het Saterdagaand op die OR Tambo-lughawe in Kempton Park aangekom.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, en dr. Joe Phaahla, adjunkminister van gesondheid, het dié eerste besending van meer as 2,8 miljoen dosisse op die lughawe in ontvangs geneem.

Kubayi-Ngubane het gesê die dosisse is net betyds vir die inentingsprogram vir landsburgers tussen 18 en 34 jaar oud wat op 1 September moet begin.

“Vandag se skenking dra by tot die versekering dat Suid-Afrika aan die vereistes sal kan voldoen, ons teikens kan bereik en die meerderheid van die bevolking binnekort kan inent.”

Die dossisse is deur die VSA geskenk.  (Foto: Twitter)

Die skenking vorm deel van ’n verbintenis wat die Amerikaanse regering aan pres. Cyril Ramaphosa as voorsitter van die Afrika Unie gemaak het om Covid-19-entstowwe aan Suid-Afrika en ander lande op die Afrika-vasteland te skenk. Die skenking het ten doel om gelyke toegang tot entstowwe te verseker.

Kubayi-Ngubane meen die skenking toon die goeie verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika. “Dit toon ook die Amerikaanse regering se erns om dié verhouding voort te sit.”

Todd Haskell, saakgelastigde by die Amerikaanse ambassade, het op sy beurt gesê die VSA en Suid-Afrika het oor die afgelope paar jaar een van die sterkste bilaterale gesondheidsvennootskappe ter wêreld opgebou.

“Suid-Afrikaners weet dat hulle op die VSA as ʼn vriend en vennoot kan staatmaak om die pandemie te beveg en om hul ekonomie weer op dreef te kry.”

Minister Mmamoloko Kubayi-Ngubane neem die skenking in ontvangs. (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Het ons al vir enige entstof enigsins iets betaal? Wat is die vervaldatum?

piper

nou gaan die regering dit verkoop en n lekker wins in hulle sakke stop.

Casper

Ag natuurlik maak oor people staat op die VSA want hulle kan niks self doen nie behalwe hulle beskuldig van rassisme.

Affieplaasmuis

“Vandag se skenking dra by tot die versekering dat Suid-Afrika aan die vereistes kan voldoen” – wie se vereistes waarnemende minister? Wie sit soveel druk op julle om mense gou-gou te ent? Iemand wys het onlangs gesê : “Never be so poor that you have to receive things for free – rather question the motive.”

Anel

O, gonna. Nou wonder ek wat die regte rede is. Vertrou dit net mooi glad nie. Hoekom gaan enige land die goed net weggee? Duidelik vertrou hulle nie die goed nie en gee dit maar eerder verniet weg aan die derde wêreld land. Soos die Franse sê, o, la, la!!