[Foto’s] Nóg ʼn aanval by gewilde uitkykpunt

Ernest van der Spuy na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit

Ernest van der Spuy na die aanval. Foto: Hi-Risk Unit

Twee jongmense van Pretoria is die jongste slagoffers in die gewelddadige aanvalle wat die afgelope tyd by ʼn uitkykpunt in die stad plaasgevind het.

Ernest van der Spuy (27) het drie steekwonde, kopwonde en erge kneusplekke opgedoen nadat hy en sy 22-jarige vriendin Sondagaand by Fort Klapperkop aangeval en beroof is. Van der Spuy het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 19:15 die aand gebeur.

“Ek en ʼn vriendin het roomys gaan koop en by die uitkykpunt gaan sit om die stad se liggies te kyk. Ons het seker so ’n halfuur buite die voertuig op ʼn bankie gesit en gesels, voordat ons terug in my bakkie geklim het,” het hy gesê. Hy het gesê hulle was ongeveer twee minute in die bakkie toe twee verdagtes uit die bosse op hulle afgestorm het.

“Die een het die venster by my aan die bestuurderskant met ʼn klip stukkend geslaan en dadelik so halflyf in die bakkie geduik,” het Van der Spuy gesê. “Dit het nie gelyk asof hulle enigiets wou steel nie. Dit het gelyk asof hulle gekom het om ons dood te maak. Hy het ʼn mes in sy hand gehad en het net aanhou steek en steek.”

Die klippe waarmee die voertuig se vensters stukkend geslaan is. Foto: Hi-Risk Unit

Die klippe waarmee die voertuig se vensters stukkend geslaan is. Foto: Hi-Risk Unit

Van der Spuy het gesê hy het heeltyd probeer om die aanvaller af te weer, maar is twee keer in die skouers gesteek en het ʼn snywond van sy oog tot by sy oor opgedoen. “Ek het probeer om die bakkie aan te skakel om weg te ry, maar ek kon nie omdat hy aangehou het om my met die mes aan te val. Later het hy ʼn massiewe klip opgetel en my hard teen die kop geslaan. Ek het vir so ’n kort rukkie my bewussyn verloor.”

Intussen het die tweede aanvaller die passasiersvenster stukkend geslaan en begin om Van der Spuy se vriendin met ʼn mes aan te val. Sy het probeer keer en is vier keer in haar hande gesteek.

Toe Van der Spuy weer sy bewussyn herwin, het hy ʼn mes wat in sy bakkie se deur was gegryp en homself teen die aanvaller probeer verdedig. Die aanvaller het hom weer in die skouer gesteek en Van der Spuy het die mes laat val. “Toe hy [die aanvaller] gebuk het om die mes op te tel, het dit my kans gegee om die bakkie aan te skakel en die motor in trurat te sit. Hulle het agter ons aangehardloop en probeer om by die vensters in te spring, maar ons het weggejaag.”

Die twee is direk hospitaal toe waar hulle vir hul beserings behandel is. Hulle het eers later agtergekom dat Van der Spuy se beursie uit die bakkie gesteel is. Volgens Van der Spuy het hy Maandag ʼn saak van poging tot kaping en aanranding by die Pretoria Sentraal-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Ek gaan nog baie slapelose nagte hieroor hê. My vriendin is baie saggeaard en ek voel skuldig dat sy deur so iets moes gaan. Die snywonde op haar hande sal weer gesond word, maar die emosionele knak van hierdie voorval sal haar vir ʼn leeftyd bybly.”

Maroela Media het Maandag berig ʼn egpaar van Durban is Saterdagaand by dieselfde plek aangeval. Die man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Arthur Crewe, hoof van Hi-Risk Unit-veiligheidsdienste, het gesê gewelddadige aanvalle en rooftogte by die uitkykpunt word gereeld by Hi-Risk Unit aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

PIXIE ·

Waarom luister die jongmense nie ! ‘n Mens kan nie eens in die dorp uit jou woning gaan na 6 n.m. nie dit is moeilikheid soek. Julle kon dood gewees het.
Sterkte met die beserings hoop julle word gou gesond en herstel van die trauma.

Christo ·

Jy weet , as ons polisie so vreeslik wakker was, sou hulle hulsef voor gegee het as n paartjie wat daar sit, en die goed vand wat hulle roof, maar nee in pleks van dit word daar net gese hulle doen ondersoek,

WP van der Merwe ·

Kan iemand vir my verduidelik hoekom daar nie ‘n saak van poging tot moord oopgemaak is nie..?

Jakoos ·

Hierdie is NONSENS! Hoekom moet ons gebukkend gaan onder die slegte goed se “reels”? Hoekom MAG ons nie in die natuur gaan sit nie? Hoekom is daar nie na die vorige aanval verskerpte patrolering nie? Ek dink wraggies ‘n klomp mense moet ‘n lokval stel vir die goed. Dis absoluut verregaande. Die polisie kan baie maklik ‘n paar lokvalle stel en die spul vastrap!

Hennie ·

Wie gaan dan suip en slaap in amptelike voertuie of in die aanklagkantore?

anet ·

Mob justice, dan sal hulle dalk twee keer dink voordat hulle onskuldige mense aanval

Andre Pretorius ·

En intussen le die polisie man dronk in sy voertuig langs die pad. Die ander is besig om te “lunch”, “Who cares? they are only white people”

celia ·

Daar is al hoeveelkeer gepraat van die aanvalle maar die mense bly soontoe gaan dan is dit mos nou vir moeilikheid soek. Kan die Plek nie maar toegemaak word nie wat help dit om dit oop te hou as dit dan so gevaarlik is. Gee die mensdom regtig om vir mekaar.

Hennie ·

Hoekom moet ons alles net gelate aanvaar en toemaak. Kom ons staan op vir ons regte!!!!!!

Sonei ·

Ek stem Hennie!! Hoekom moet ons wegkruip as daar iets aan hulle gedoen kan word?

Susan ·

Stem heeltemal saam. Dit is ook ons LAND. Waarom moes ons toegesluit wees in ons eie huise????? dit is regtig tyd om op te staan en terug te baklei. Hulle is in elk geval te bang om een te kom.

Niel ·

Ons het in die 1980’s baie daar gaan sit, geen probleme, wys jou net hoe het die land agteruitgegaan, selfs helder oordag moet mens versigtig wees daar

Delea ·

Belaglik. Pragtige plek maar kyk daarna op fotos. Hopelose situasie wat net al hoe meer agteruit gaan. Immigrasie was eerlikwaar die beste besluit ooit.

Barry ·

Stem saam jongmense moet meer versigtig wees, maar dit gee die barbare steeds nie die reg om hulle summier aan te val nie.

Ek glo aan Taxi’s, Treine en Busse. God slaap nie, kyk maar hoeveel van hulle sterf maandeliks deur daardie 3 voertuie te gebruik.

‘n Taxi ry van die brug af en land voor ‘n trein!! Wat is die kans?? En toe is 17 op slag dood. Viva!!!!!!!!!

André ·

Bewapen julself mense en wees paraat. Al is dit net met n slaan- of skokstok. Die boewe is oral en hulle get geen genade of respek vir julle lewens nie. Moet nie in julle huise wegkruip nie, maar indien iets gebeur, slaan hard terug.

Eliza-beth ·

Ek sê weer, daar moet ‘n groepie gaan, in ‘n minibus met donker ruite en helfte moet binne wegkruip. Nog ‘n klomp op bystand met radios. Laat hulle dan kom dan sien ons wat gebeur. Hulle MOET ‘n les geleer word. Hoe hou hulle ons uit ons spesiale plekke?? Ek wens ek kry ‘n paar rowwe manne….

Winston ·

Alles is gesê. Wat my pla is dat die rassehaat meter besig is om al dieper in die te rooi beweeg. En nie van die witman se kant af nie. Genoeg is genoeg. Sy “top gasket” moet nou maar blaas!!

Winston ·

Alles is gesê. Wat my pla is dat die rassehaat meter besig is om al dieper in die te rooi beweeg. En nie van die witman se kant af nie. Genoeg is genoeg. Sy “top gasket” moet nou maar blaas!!

Darius ·

Ongelukkig is dit dan die onskuldiges wat net by die werk wou kom wat dan dood is.

Bruno Stef ·

Mense moet net soetkoekie kommentaar lewer op die forum anders as jy dit sou durf waag om in terme van sterk optrede teen die arme agtergeblewe beweerde Sg skuldiges te bepleit dan word jou kommentaar summier verwyder.

Johannes Meintjes ·

Ek raak self bekommerd dat Maroela Media die Afrikaner publiek mislei met beriggewing oor brutaliteit maar “vurige debat” kortwiek met ‘n manipulerende agenda en deksel op die drukpot wat eintlik dien om frustrasie en rassisme subtiel en eskalerend aan te moedig. Ek sal die saak van kommer skriftelik en sistematies op ander media forums begin opper, veral omrede ek al sedert 2001 ook grondvlak aanvoerwerk doen vir verbeterde en meer effektiewe burgerlike beskerming, plaaswagte en buurtwagte.

peet J ·

Maroela dankie vir die beriggewing met die doel dat ek my kinders kan waarsku wat ook lief is om sulke plekke te besoek ek voel jammer vir van der Spuy en sy vriendin dink net aan al die skade en die trauma wat hulle moes deurmaak gelukkig lewe hulle nog Ek en my ander seun het ook al deurgeloop kan al ‘n boek skryf oor al die insidente wat met ons gebeur het ‘n Mens lewe in vrees jy weet nooit wanneer slaan hulle toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.