[Foto’s] Nog ʼn stadsaal verwoes tydens betoging

Foto: Verskaf.

Betogings in Joe Slovo in Milnerton in die Wes-Kaap het Maandagaand tot ʼn brand gelei waartydens ʼn stadsaal vernietig is.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en maatskaplike dienste, het gesê die saal is erg beskadig en tot verdere kennisgewing gesluit. Dit kom slegs ʼn week ná die stadsaal in Bloemfontein in die Vrystaat verwoes is in ʼn brand tydens betogings.

“Die brandskade is omvattend,” het Smith gesê. “Groot dele van die plafon in die hoofsaal is vernietig. Dit lê nou op die vloer. Dit is veral moeilik om te aanvaar in ag genome die feit dat die departement van parke en rekreasie net gister klaar gemaak het met die herstelwerk aan die plafon ná jare se motivering om die geld vir dié herstelwerk te bekom.”

“Die hele saal is verwoes in die betoging. Die hoofsaal asook die kombuis het ernstige brandskade, selfs die stoorkamer waarin al die rekreasietoerusting gehou word, het afgebrand,” het hy gesê.

Volgens Smith het kinders verlede week nog in dié saal gewoel vir Jeugdagprogramme. “Ons het ook weke se vakansieprogramme vir die kinders beplan – nou moet ons alle personeel van die perseel verwyder. Dit is ongelooflik ontmoedigend vir ons rekreasie-personeel.”

Nagenoeg 2 500 kinders bring weekliks tyd deur in dié saal. Gereelde aktiwiteite sluit aërobiese oefeninge, basketbal, drama en créche-programme in. Die saal het ook ʼn gewilde gimnasium gehuisves.

Die Summer Greens- en Milnerton-saal sal voortaan die gebruikers van die Joe Slovo-saal sover moontlik probeer akkommodeer.

Dié voorval kom slegs ʼn dag nadat ʼn MyCiti-bus in die Joe Slovo-park in Milnerton deur ʼn groep “jong mense” afgebrand is. Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het gesê die motief vir hierdie “sinnelose en skokkende aanval” is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Penellope Jones ·

Die nuutste mode lyk dit my – die ander vernielsug metodes is nou te afgesaag.

SUSAN ·

Hoekom herbou. Los dit so. Moenie eers skoonmaak nie. Dit gaan tog net weer vernietig word.

LMF ·

Susan ek gee jou 12 uit 10 2 vir netheid beste kommetaar ooit hkm herbou net om weer afgebrand te word

Maria ·

Absoluut, as hulle busse brand laat hulle loop, gouste wat hulle dit aan eie bas sal voel

Voorstel ·

Ook my voorstel Susan.
Herrie die strandloper kan maar een van die dae terug kom want hy sal die land dadelik herken.

susan ·

Sprakeloos. Hoopdie regering verhaal die skade van hulle af en nie ons belasting betalers af nie…. ons het nie die goed verwoes nie!!!

Maya Roon Joubert ·

Ek stem geheel e al saam – geen bou van nuwe skole universiteite of munisipale geboue nie dit word tog maar net weer vernietig! Bêre liewer die gelde vir geloofwaardige dag waneer ‘n Christen weer aan bewind is van ons land!

Jeannette ·

Ja, ek stem, Marisa. Moenie die plek herbou of herstel nie. Hulle het dit afgebrand, dus het hulle dit nie nodig nie. “Want not, waste not”, sê die Engelse spreekwoord. Moenie dit wat jy nie wil hê, vermors nie. Nou ja, hulle het vermors, daarom moet mens aflei hulle het dit nie nodig nie, so los die plek net so en wend die versekeringseis se geld aan om ‘n ander woonbuurt se gemeenskapssaal te verbeter of te verfraai. Maak ook so met die skole/munisipale huise en -geboue wat hulle afbrand tydens “proteste”; los dit net so. Hulle waardeer dit nie, daarom verdien hulle dit nie.

Magda ·

Mooi man – Brand alles af ASB – hoe gouer dit gedoen word hoe beter – en moet asb NIKS herbou nie.

Loeis ·

Dit gaan oor politiek, in ‘n baie groot mate. 2019 is nog ‘n ent weg maar mens kry die indruk dat dit ‘n baie interessante verkiesing gaan oplewer. En daarmee geleenthede vir minderhede soos blankes, kleurlinge en Khoi + San om hul stemme te laat hoor. Dit is tyd vir ons almal om op territoriale selfbeskikking te begin aandring! Dan kan die vandale ook hul eie gemeenskappe se skade betaal.

SêNet71 ·

Stem saam met jou Marisa. Laat hulle so doen totdat daar niks oorbly om af te brand en te vernietig nie. Wens dat die “benadeeldes” wat alles brand self iets gehad het wat hulle na aan die hart gelê het wat van hulle weggevat of vernietig kon word – tot daardie dag sal hulle aanhou en aanhou. Dit maak my siek.

christa Nagel ·

nou hoef niemand hoekom het die land rommelstatus nie. Hulle is besig om nog ‘n groter rommelhoop te maak. Hou so aan, julle vorder goed.

Rikku ·

Ja laat hulle die Land onder hulle basse afbrand, dan is daar niks meer oor om voor te moor of vernietig nie.

Erika ·

Hulle wil nie opgehef word nie dan moet hulle gaan werk en vir hulself sorg.Met als vernietig kan hulle nog meer vol gestop word.

marous ·

Laat die land totaal ondergaan en klaarkry . Diegene wat al hierdie dinge as bangmaak stories afgemaak het , is meer as welkom om dit te herbou…

Anton ·

…ek het skoon naar geword toe ek dit lees…naar baie baie naar…en verslae…

zoom zoom ·

Stuur foto’s van die stafsaal na al die travel agency ‘sofat hulle dit oorsee kan versprei as nuwe nesoek plelke im ons land.

Stella ·

Hulle preek heeldag,bewaar vir die nageslag,,WAT wil hulle bewaar,al wat die “nageslag”gaan erf is klippe en stof en dan ook nog onder die sterre slaap,dis al wat oor gaan wees..

Carel ·

Ek voel ook nie tevrede dat my (ons)belastinggeld aangewend word vir die herstel van sulke skade nie. Voorsien dat belastingontwyking / weerhouding gaan toeneem. Weet nie van een suksesvolle vervolging, wat nog verhaling, nadat talle skole, geboue en sale afgebrand is.

christa Nagel ·

as jy nie vir iets gewerk het nie, KAN jy dit nie waardeer nie. Dit is hulle eiendom ons het dit mos van hulle gesteel. Dit is “het niks en sal nooit iets he nie” nou wonder mens hoekom het hulle niks.

MCH ·

Lekker kortsigtig ne. Met die volgende natuurramp of brand is die perde voor in die koor om tydelike blyplek te soek. Dan kry die plaaslike regering weer slae omdat die weerloses in tydelike strukture gehuisves word. Een rubriekskrywer het n goeie Afrikaanse woord vir die algemene agteruitgang van die mensdom wêreldwyd. Verdomming.

Sw ·

Aangesien die NVG soms so kreatief raak met klagtes byvoeg – wat van iets soos binnelandse terrorisme of sabotasie teen skuldiges?

Riaan ·

Daar is ongelukkig niemand in die tronk oor die Bloemfontein brand nie. Ook nie vir enige ander brand nie. So, die publiek meen dis nie verkeerd om geboue af te brand nie.

LMF ·

Hul het met niks hier aangekom so daar sal niks vir die nageslag oorbly

Lance ·

1.Coligny 2.Knysna 3.Bloemfontein 4.Milnerton 5 ? 6 ? 7 ? 8 ? ????????

Peet J ·

Ek wou nog verhuis na die Weskaap, is mos onderbeheer van die DA, maar die afgelope tyd kom daar almeer en meer kriminele aangeleenthede te voorskyn dus, sal maar liefs in die Noordkaap gaan woon ek dink dit is meer veiliger; is in elkgeval mos deel van die toegestaande Volkstaat deur die Nasionale, in samewerking met die ANC, regering. Mag die Almagtige God my tegemoet kom dat ek my huidige eiendom verkoop kan kry alvorens die regering se wetsontwerp om landbougrond te onteien, sonder vergoeding, inwerking gestel gaan word.

TDW ·

Mense se kommentare slaan die spyker op sy kop! Meeste van hulle het nog nooit belasting betaal nie, ook nie versekering nie, hulle het ook nog nooit iets self gebou met eie geld nie, hoekom sal hulle daarna omsien? Hulle verstaan nie dat geboue nie net opgerig word op die ingewing van die oomblik nie. Hulle het beter opvoeding nodig om te waardeer wanneer iets goed gedoen word.
(En hoekom word al die geboue wat deur die witmense in die apartheidsjare gebou is vernoem na mense wat nog nooit SA help bou het nie maar gehelp het met die afbreek daarvan? Toe hulle RSA oorgevat het moes hulle nuwe goed gebou het en dit dan vernoem na wie ookal hulle wil)

Helizna ·

TDW Dit help nie jy leer iemand met ‘n IK van 70 om goed op te pas nie. Hy verstaan jou nie.

Pendoring ·

Elke keer wanneer ek ‘n bakhand by ‘n robot sien verwys ek hulle na Mandela, Zuma of Malema. Julle het almal vir “vriedom” baklei. Sorg ook nou vir mekaar…

Elsie ·

decolonisation is op aanvraag en sal toeriste aan lok. Glo dis die doel. Daar is mos jaloesie oor wat gebou is, so brand af dat almal wat kom besoek kan kom sien hoe ver julle trek met die agenda.

Pietskiet ·

Daar is 60000 job .losses in suid afrika nou is daar werk vir so 50 ouens vir 6 Maande dit is nie verwoesting nie dis is werkskepping sal ek se ….Brand alles af dan bou ons weer en verdien n salaris hieedie afbrand van.ekke word gereel deur iemand hoog op sorrie dis my meening

Andre ·

Dis die vrye demokratiese Suid Afrika wat julle wou he… Waar dit die norm is om goed te beskadig, mense dood en seer te maak, te roof, verkrag en korup te wees. 2 berige in n week oor polisie beamptes wat vas gekeer was oor roof. Ens ens ens… Dis gevaarlikker om te boer as om ‘n polisie beampte te wees. Krimenele in die tronk het regte, mag stem, kry opvoedding (Waarskynlik beter as norm), kry strippers, ontsnappings, borgtog vir moordenaars en verkragters. Mense word helder oor dag in hoof strate gekaap en niemand lig ‘n vinger ie want mense word in die kop gesteek met ‘n skroewedraaier vir ‘n selfoon. Mens is nie veilig in jou eie huis nie want dis ook ne meer jou huis nie, enige een wat nie het nie kan dit sommer kom vat. Sou die polisie dit waag om terug te baklei is dit ‘n rasse storie (Verstaan nou nog nie daai een nie). Die presedent mag sy huis bou met jou geld en sy swembad vol maak met nood dienste se fasiliteite. Dit alles terwyl jy een van die hoogste belastings betaal op geld waarvoor jy jou half dood werk want jy moet werk vir jou baas wat nie eintlik die werk kan doen nie maar die posisie MOET he.
Ag dis lekker om demokraties te wees…

Sien-dit-beter-raak ·

Dis lankal nie meer n demokrasie nie. Die demokratiese proses was net gebruik om aan bewind te kom. Dis lyk meer op n’ getransformeerde (op 1930 geskoeide kommunistiese) sosiaalistiese staat.

Andre ·

Ek weet nie of ek my blind staar teen iets of wat nie, maar dit wil vir my verskriklik eenders begin lyk as die destydse ‘scorched earth’ belyd wat die Britte destyds aan ons gedoen het? Was natuurlik nie daar nie so kan nie bevestig nie, maar wat gebeur klink vir my eenders aan die verhale (Wat ons nog Geskiedenis genoem het op skool, want deesdae word nie daarvan gepraat nie)

Anoniem ·

Andre, dit wat vandag gebeur laat my ook terugdink aan dit wat die Britte in die vroeer jare aan ons gedoen het. Dit wil vir my ook voorkom asof die geskiedenis besig is om hom te herhaal. Destyds het die Britte mos ook alles afgebrand wat die Blankes opgebou het.

Bouwe ·

Die oorsaak van die gebeure is dat ontwettige plakkers verwyder is toe hulle die grond van ‘n ou skool beset het. Brandstigting word gebruik as ‘n middel om stadsraad te dwing om die grond beskikbaar te stel vir informele nedersettings. Hierdie probleem is al ‘n lang tyd aan die smeul en word vererger deur die gebrek van optrede deur die polisie asook die stadsraad & polisie wat alle gemaanskapsorganisasie met minagting hanteer. Oproepe van verskeie gemeenskapsorganisasies om die probleme aan te spreek word al jare ge-ignoreer. Die wyk is sedert die verkiesing sonder raadslid, omdat die DA hierdie wyk gebruik as opleidingsterrein vir junior raadslede wat geen ervaring het nie. Vir redes wat nooit bekendgemaak is nie, het die vorige raadslid eenvoudig verdwyn. Daar is ‘n tussenverkiesing in Aug. in hierdie wyk en die aanduidings is dat daar weer ‘n junior raadslid genomineer gaan word. As daar iemand is wat kan raad gee hoe inwonersverenigings hierdie stadsraad tot sy sinne kan bring, sal dit op prys gestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.