[Foto’s] Nog reën vir KZN voorspel

Foto: @bravedaveZA/Twitter

Foto: @bravedaveZA/Twitter

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ʼn waarskuwing uitgereik vir nog swaar reën aan die KwaZulu-Natalse kus.

Jan Vermeulen, ʼn voorspeller by die weerdiens, het gesê 68 mm reën is teen 08:00 Saterdagoggend oor 24 uur by die Virginia-lughawe, sowat 10km noord van Durban, aangeteken. Teen 08:00 Sondagoggend is ʼn verdere 93 mm aangeteken.

Volgens Vermeulen is 190 mm reën teen 08:00 Sondagoggend in Durban-Suid aangeteken. Die gemiddelde maandelikse reënval vir KwaZulu-Natal in Mei is 59 mm. “Dit is ʼn moontlike rekord vir gemiddelde daaglikse reënval in KwaZulu-Natal.” Vermeulen het gesê die beslissende data sal egter eers Maandagoggend beskikbaar wees.

Volgens Vermeulen is die kans vir reën Sondag tussen 60-80%. Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê hulle is op ʼn hoë gereedheidsgrondslag. Daar was oor die afgelope 48 uur verskeie noodlottige ongelukke op die provinsie se paaie weens die swaar reën.

Die Hazelmere-dam was teen Vrydag 44% vol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Dit reën sedert gister hierdie tyd byna onophoudelik! Die reën kom van die see se kant af en deur die nag was dit so lekker om te lê en luister na die harde reënval teen die vensters, die swiep van die wind en die geklots van die branders. In die nag opgestaan en afgekyk na die straat doer onder, die blink weerkaatsing van die straatligte op die teer. En die vallende reën wat plof in die poele op die sement. Nou net opgeruim na die braai en die reën het tydelik bietjie bedaar. Dit bly vir my nog al die jare snaaks dat dit op die see reën.

Cherokee ·

Nou sowat 90 minute later reën dit weer lekker. Dit sal miskien ‘n rekord wees vir reën in Mei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.