Foto’s: Nog sneeu in Sutherland, op Tafelberg

Sneeu in Verlatenkloofpas buite Sutherland. (Foto: Helga du Plessis/Storm Report)

Dit sneeu steeds in Sutherland in die Noord-Kaap terwyl sneeu intussen op Tafelberg geval het.

’n Video van sneeu vanuit ’n kabelkar op ’n koue Tafelberg word sedert Saterdag op sosiale media gedeel. Dít terwyl pragfoto’s van ’n wit Sutherland steeds die rondtes doen.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word baie koue toestande Sondag oor die suidelike dele van die Noord-Kaap, die suidelike dele van die Vrystaat, die suidwestelike hoogliggende dele van KwaZulu-Natal sowel as die sentrale en noordelike binneland van die Oos-Kaap verwag.

In die Wes-Kaap bestaan die moontlikheid van reënbuie langs die Suidkus. Dit sal andersins gedeeltelik bewolk en koel in dié provinsie wees hoewel koue in die binneland verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adeline ·

Enigste mooi in vandag se tyd in die RZA is die wit sneeu wat dele van ons land bedek in die absolute verrotte korrupte land van ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.