Foto’s: Nog tientalle kruise by Witkruismonument geplant

Die saamtrek Saterdagoggend by die Witkruismonument (Foto: Verskaf)

Sowat 1 000 mense het Saterdagoggend by die Witkruismonument tussen Pietersburg en Potgietersrus in Limpopo bymekaargekom om nóg wit kruise te plant as eerbetoning aan die boere wat die afgelope jaar in plaasaanvalle vermoor is.

Altesaam 64 kruise is vanoggend by die meer as 2 000 bestaande kruise in die grond geplant.

“Die mense is gatvol. Misdaad in hierdie land het heeltemal handuit geruk. Dit kan nie so aangaan nie. Onskuldige mense se lewe word elke dag van hulle af weggeneem,” het Louis van der Walt, een van die organiseerders van die saamtrek en ook ʼn boer in die omgewing, vanoggend gedurende die verrigtinge aan Maroela Media gesê.

Volgens Van der Walt moet die woord “menseregte” te midde van die geweld in Suid-Afrika herdefinieer word.

Die saamtrek Saterdagoggend by die Witkruismonument (Foto: Verskaf)

“As jy iemand vermoor, ontneem jy hom of haar sy reg om te lewe. As jy ’n vrou verkrag, ontneem jy haar haar vryheid. Hoe kan misdadigers dan regte in hierdie land hê?”

Hy het die atmosfeer gedurende vanoggend se saamtrek as een van bekommernis beskryf.

“Hier is mense wat gebroke is omdat hulle geliefdes verloor het of mense ken wat geliefdes verloor het. Ons is nie hier om fees te vier nie. Daar is nie te veel om oor fees te vier nie.”

Maroela Media het vroeër berig die gemeenskap van Pietersburg en Potgietersrus het reeds die afgelope maand saamgestaan teen die voortdurende plaasaanvalle en -moorde en het verskeie kere na die Morebeng-landdroshof opgeruk wanneer die drie verdagtes verskyn het in verband met die aanval op Chris en Leonise Joubert aan die begin van Augustus.

Die verdagtes, onderskeidelik 18, 29 en 38 jaar oud, staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, huisbraak met die doel om te roof, twee aanklagte van verkragting, aanklagte van poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die 18-jarige verdagte is intussen uitgeken as die seun van ʼn huiswerker wat op die plaas werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Termiet

Ek salueer ieder en elk van julle wat daar was.

Jaco

Om vanoggend daar te staan en die hartseer van die families en vriende van vermoorde Boere te sien was hartroerend . Om te dink aan al die gebede, angs, vrees, marteling, pyn en leiding wat elke kruis verteenwoordig is amper te veel on te verwerk . Staan op en staan sterk Boer Volk.

SomeOne

ek het empatie met alle boere en familie, maar die regering moet weggevat word, stem sal nie werk nie

Adeline

EENDRAG MAAK MAG!!!

Pieter

As ons blankes net wil standpunt in neem maar dit lyk vir my ons wil nie hoekom weet ek nie.