[Foto’s] Nóg toeriste in Jhb beroof

Veiligheidsdienste op die toneel. Foto: Vision Tactical/‏ @visiontactical

Nóg ʼn groep toeriste is Donderdagaand in Johannesburg beroof kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het.

Brig. Vish Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die groep van sewe buitelanders, almal mans, het pas teruggekeer van ʼn beraad in die Wes-Kaap en het van George na Johannesburg gevlieg.

Hulle is vermoedelik van die lughawe af agtervolg en by ʼn verkeerslig in Corlettweg deur ʼn onbekende hoeveelheid verdagtes oorval.

“Die groep is van persoonlike items soos bagasie, juweliersware, kontant en elektroniese toestelle beroof,” het Naidoo gesê. Een van die toeriste is tydens die voorval aangerand en beseer.

Naidoo het gesê ʼn span senior spesialiste is aangestel om ʼn saak van gewapende roof te ondersoek. Die span bestaan uit beamptes van die misdaadintervensie-eenheid asook die forensiese eenheid.

Volgens Yusuf Abramjee, ʼn teen-misdaadaktivis, is die groep mans van Irak en is een glo ʼn diplomaat. Naidoo kon egter nie in dié stadium die slagoffers se nasionaliteit bevestig nie.

Die rooftog volg kort nadat ʼn groep van 36 Nederlandse toeriste, meestal bejaardes, op 24 September in hul toerbus oorval is kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het vir ʼn 22 dae lange toer deur die land. Die toeriste was onderweg na ʼn lodge toe ʼn man, wat vermoedelik met ʼn gemerkte polisievoertuig gery en ʼn polisie-uniform aangehad het, die busbestuurder gedwing het om stil te hou.

Daarna het vyf verdagtes in siviele kleredrag op die bus geklim en die toeriste van hul persoonlike items asook bagasie beroof. Twee toeriste is tydens die voorval beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling.

Naidoo het gesê daar is in dié stadium geen bewyse wat daarop dui dat die twee rooftogte verbind word nie.

Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg, het die rooftog veroordeel. Hy het op sy Twitter-profiel gesê dit is verdoemende nuus. “Ons kriminele regstelsel faal Suid-Afrikaners [weens] ʼn nasionale leierskapvakuum,” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Will i am ·

Nou kan die buiteland sien wat gaan in hierdie land aan

Hanna ·

Inside jobs all the way! Nou sien julle hoe ons in vrees leef elke dag. Word wakker buitelanders: dis mos waarvoor julle destyds sanksies teen ons ingestel het… Nou is die reenboognasie n realiteit. En almal betaal die prys!

Frikkie (Nie pienk) ·

Irak was omtrent die enigste land wat hul destyds nie gesteur het aan die sanksies teen SA nie. SA het regdeur die sanksies olie vanaf Irak gekry.

Ben ·

Die skrywer van hierdie berig kon dit nie beter gestel het nie. Lees mooi wat sê hy. “Ons krimenele regstelsel” Op sy kop.
Waar gaan dit eindig. Ons is poertes!!!!!!!

Eish ·

Toeroperateurs behoort n vrywaringklousule in hul kontrakte met besoekers aan die helhool te bevat met die strekking dat die toeris gewaarsku is omtrend die gevare verbonde daaraan om die plek te besoek en dat die reg om enige eise van watter aard ookal teen enige party verbeur word vir die tydstuur van die besoek.

Chris ·

Iemand skryf hierbo van ‘n vakuum in die regstelsel. Jammer vir jou ou maat. Dit is ‘n vakuum in die hele bevolking, nie net die regering nie, maar ook die gepeupel wat die regering aan die bewind gestel het. Die spreekwoord lui mos, ” elke land verdien die regering vir wie hy gestem het”.

Equal ·

Nou kan IRAKIERS ook sien dit is onveiliger in SA as daar. Neewat .. ek het GEEN simpatie met besoekers nie, hulle weet wat in SA aangaan, maar hulle glo nie die misdaadstatistieke nie, hulle glo nie dat misdaad buite beheer is en die regering en polisie dit nie kan verhoed of afweer nie, hulle het al die jare die ANC ondersteun om hulle aan bewind te kry. Hulle is nou aan bewind, hulle is nou aan beheer van sake en bestuur nou die polisie en die weermag … Ek het geweet die wiel gaan draai, ook vir die buitelanders wat altyd saam WE WANT EQUAL RIGHTS geskreeu het! Dit kom nou van equal rights vir skelms!

HPV ·

Suid Afrika word bestuur deur ‘n minderheid kriminele en die regering kyk magteloos toe. Hierdie buitelanders gaan dit luidkeels adverteer in hul lande. Ons moet egter nie vergeet dat van daardie regerings die grootste ondersteuners van die ANC was en nog steeds is nie. So geen simpatie met hulle nie.

Jordaan ·

Die regering is deel van die kriminele – hoeveel voorvalle van korrupsie is daar nie, soveel so dat dit niks gebeur nie, want di evolgende krisis kry weer die media se aandag,

zoom zoom ·

Het ons min van polisie nie gesê dat die dinge die nek ingeslaan gaan word. O sorry my fout hu is besig om bal te speel.

erika ·

As dit ‘n polisie voertuig was, kan die beheerkamer seker kyk watter motor was op daardie stadium op daardie plek!!

Amelita ·

Ek glo nie dat wat hier in SA aangaan so bekend is aan buitelanders. Dit is hoekom ons moet probeer om elke plaasmoord, korupsie, rassisme, ens oor te dra op sosiale media aan oorsee se groepe, koerante en familie en vriende oorsee. Dit sal almal dan bewus maak daarvan.

Drikus ·

Ons SAPD se misdaadintelligensie laat ons in die steek. Waarskynlik omdat dit nie meer bestaan nie, of self deur die misdaadnet geïnfiltreer is. Dit is eenvoudig: Skep beheerde toegang van en na OR Tambo en skandeer ID’s. Gebruik die geld wat op e-tol gemors word vir die infrastruktuur en mannekrag wat hiervoor benodig word. Hou dan goed bemande padblokkades op sentrale punte weg van OR Tambo. As dit reg gedoen word, behoort dit nie tot verkeersvloeiprobleme te lei nie. Sonder behoorlike ootrede kom die misdadigers weg en groei die mark vir meer van hulle. Ons moet keer dat dit gebeur.

Karel ·

Ek wonder wat het geword van die “agbare minister van polisie ” se maatreëls wat hy maande gelede by Jan Smuts lughawe ingestel het om hierdie tipe boewery stop te dit.

Alida ·

Karel jy bedoel seker OR Tambo lughawe, Jan Smuts bestaan al jare nie meer nie. Ai ! Terloops mens kan nie ‘n enkele woord glo wat nar Fikile kwytraak nie.

Willem ·

Vroeër is berig dat hierdie Irakiërs ontmoet het met senior weermagoffisiere!? Indien dit waar is hoop ek die regering besef dat hy met gevaarlike dinge besig is. Die VSA hou nie baie van daardie regime nie…

Alida ·

Glo my die buiteland weet van al die moorde en kapings maar hulle wil nie hoor nie en dink ons praat bog. Nou moet hulle maar kom voel.

Hanna Hoekom ·

Die stille oorlog is al jare aan die gang,maar nou kan dit nie meer stilgehou word nie! Roep uit dat die berge en die heuwels antwoord gee..!!! (Kareekloof, Suikerbosrand)

Sekuriteit ·

Ag dis sleg en jammer …. maar kon die Irakese nie onthou al die goeie sekuriteit/weermag/polisie van ou SA nou in Irak om n rede

Eduard ·

Ek het n vraag – waar dit toeriste aangaan word n span “senior spesialiste” aangestel om die misdaad te ondersoek. Waarom nie dieselfde spanne inspan met die eskalasie van plaasmoorde nie? Natuurlik ek het vergeet toeriste = geld in politici se sakke boere = kos op die tafel, maar dis mos nie n probleem nie as die boere almal uitgemoor is sal die supermark rakke nog vol kos wees, aldus die meerderheids mentaliteit

Kay ·

Wat my bekommer is my seun en sy meisie kom feb kuier van NZ.. Nou et ek hulle afraai want gaan hullebooit veilig wees ????

susan ·

Kay geloof in hulle veiligheid is wat jy moet hê want jy is net so min veilig wanneer jy hulle by die lughawe gaan haal is dit nie. My dogter is jare gelede in Londen beroof. Geen haar sal van jou kop val xxx

Louis ·

Wat sou ek doen as ek die Minister van Polisie was? Ek sou al die buitelanders wat sonder werk in SA is uitsit terug na hul lande van herkoms en die grensbeheer verskerp tot voor 1994 se standaarde, dan sal ek begin met onwettige plakkery aantespreek, dan sou ek druk uitoefen op politieke platforms om belastingmisbruik en korrupsie aan te spreek, werk te skep, weer regverdige SAPS instel, en laastens druk op die verskillende departemente uitoefen om bevolkingsbeheer te begin toepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.