Foto’s: Noodlanding op Keurboomstrand

Erasmus Mare van George by sy vliegtuig Foto: NSRI

Erasmus Mare van George by sy vliegtuig Foto: NSRI

Nog foto’s volg onderaan die berig. ʼn Ligte vliegtuig het Vrydagoggend net voor 10:00 ʼn noodlanding op Keurboomstrand naby Plettenbergbaai gemaak.

“Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se span in Plettenbergbaai is ontbied,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê.

Erasmus Mare (29) van George, het tydens die noodoproep aan die NSRI bevestig hy is veilig op die strand en hy het slegs ʼn geringe skouerbesering opgedoen. “Hy het ook bevestig hy was alleen in die Jabaroo-enkelenjinvliegtuig,” het Lambinon bygevoeg.

Die vliegtuig is ook nie erg beskadig nie en slegs die skroef word vermis.

Die gebied is afgesper en die burgerlike lugvaartowerheid is ontbied.

“Paramedici het Mare op die toneel ondersoek en het bevestig dat hy nie hospitalisasie benodig nie,” het Lambinon gesê.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die skroef op ongeveer 2 500 voet afgeval het voordat Mare ʼn noodlanding aangekondig en die vliegtuig na die strand laat neerdaal het. Hy het vroeër by George-lughawe opgestyg.

Die burgerlike lugvaartowerheid se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.