Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het by die Rietspruit-brug op die R104 (die ou N4) naby die Crocodile Valley-pakhuis plaasgevind.
Volgens Meiring het die egpaar geringe beserings opgedoen. “Die bakkie se lugsakke het ontplooi en die vrou beseer. Die man was net erg geskok.”
Meiring sê die seekoeibul het nog geleef met hul aankoms op die toneel. “Ek het die Toerisme-en-parkeraad geskakel en hulle oor die situasie ingelig. Ek is aangeraai om die seekoei van kant te maak weens sy beserings en het om op die toneel geskiet.”
Bossies Community Justice is ʼn niewinsgewende organisasie in Nelspruit.
En toe kom die bosvlooie en kap hom op. Tipies. God weet…die goed is niks gewoond en beslis nie mens nie. Punt.
Nina , jy sal jouself seker as ‘n Christin beskou nê ?