Foto’s: Noue ontkoming ná bakkie teen seekoei bots

Foto's: Verskaf

Foto’s: Verskaf

ʼn Egpaar het ʼn noue ontkoming gehad nadat hulle bakkie vroeg Saterdagoggend teen ʼn seekoei gebots het buite Nelspruit in Mpumalanga.

Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossies Community Justice, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het by die Rietspruit-brug op die R104 (die ou N4) naby die Crocodile Valley-pakhuis plaasgevind.

Volgens Meiring het die egpaar geringe beserings opgedoen. “Die bakkie se lugsakke het ontplooi en die vrou beseer. Die man was net erg geskok.”

Meiring sê die seekoeibul het nog geleef met hul aankoms op die toneel. “Ek het die Toerisme-en-parkeraad geskakel en hulle oor die situasie ingelig. Ek is aangeraai om die seekoei van kant te maak weens sy beserings en het om op die toneel geskiet.”

Bossies Community Justice is ʼn niewinsgewende organisasie in Nelspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nina ·

En toe kom die bosvlooie en kap hom op. Tipies. God weet…die goed is niks gewoond en beslis nie mens nie. Punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.