[Foto’s] Noue ontkoming toe nóg ʼn Ford Kuga vlam vat

Nog ‘n Ford Kuga brand uit (Foto: Ford Vehicles Burning/Facebook)

Ford SA is vandeesweek wéér in die spervuur nadat nóg ʼn man Donderdag ʼn noue ontkoming gehad het toe sy Ford Kuga aan die brand geslaan het.

Volgens die Facebook-blad Ford Vehicles Burning het die motor tussen Orkney en Klerksdorp in Noordwes vlam gevat.

Volgens dié blad is die motor voorheen deur Ford ondersoek en as veilig geklassifiseer.

Ford Vehicles Burning het gesê die man het geen beserings opgedoen nie, en is deur ʼn handelaar in die omgewing bygestaan.

Die motorreus het in Februarie vanjaar in ʼn mediaverklaring erken dat hy gefaal het om duidelik met die publiek te kommunikeer oor die probleme wat lei tot enjinbrande in die Ford Kuga 1.6-liter EcoBoost-sportnutsvoertuie en het om verskoning hiervoor gevra.

Ford het 4 556 Kugas, wat tussen Desember 2012 en Februarie 2014 gebou is, op 16 Januarie herroep nadat talle van die voertuie se enjins vlam gevat het.

Meer as 45 van die motors in Suid-Afrika het al aan die brand geslaan.

Die maatskappy het intussen ook die Ford Fiesta ST met die 1.6-liter GTDi-enjin om veiligheidsredes herroep. Volgens Ford SA veroorsaak ʼn probleem met die verkoelingstelsel dat die enjin oorverhit, wat veroorsaak dat die silinderkop kraak. ʼn Gekraakte silinderkop kan tot ʼn olielek lei wat op ʼn warm enjinoppervlak kan vlam vat.

Dit is glo dieselfde probleem wat vermoedelik vorige brande in die Kuga-voertuie veroorsaak het. Volgens Ford SA sal ongeveer 1 078 Fiesta ST-modelle, wat tussen September 2012 en Desember 2014 vervaardig is, herroep word.

Ford was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Ford se klantediens kan genader word by 0860 011 022 of [email protected].

Lees alle vorige berigte oor die Ford Kuga-brande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johann ·

Dit het tyd geword dat Ford al hierdie motors “scrap” en die mense se geld terug gee

Marswa ·

Wanneer gaan hulle begin luister as mens sê hul moet Fire Ball Extinguishers insit? Gaan nie keer dat dit brand nie maar gaan ten minste vlamme in rekordtyd geblus kry

Ramkat ·

Die motor is kort tevore deur n Ford Handel aar as veilig uitgemaak.

EN NOU – WAT NOU?

Nico ·

Ek het in die week iemand met ‘n nuwe een sien ry. Eienaar werk seker vir die brandweer.

Johann cb ·

Ramkat, nou het ons iets anders as politiek om oor te praat! Hoe is die weer daar by jou? ?

Johann cb ·

Ramkat, nou het ons iets anders as politiek om oor te praat! Hoe is die weer by jou? ?

zoom zoom ·

Die persoon was seker oppad na Brand-Ford in die vrystaat

Piet Pompies ·

Ons ry deesdae permanent met die braairooster in die kar, ons kan dalk net ‘n Ford Kuga kry wat brand, danbraai ons….

Eben ·

Eerstens ry ek ‘n Renault vir 17 jaar. Ek het een keer dat die petrojoggie water in die verkoeler laat gooi. Hy het dit vol gegooi en veroorsaak dat daar geweldige drukking veroorsaak is en stoom het onder enginkap uitgekom. Ek het dadelik van pad afgetrek en gewag dat die engin afkoel. Toe ek die watervlak nagaan was dit ver onder die menimum vlak. Ek het dit opgevul tot doe vlak wat gemerk is met teenvriesmiddel. Nou paar jaar later nog nooit probleme gekry nie. Die geheim is om nooit water in die reserwetenk hoeër as die maksimum vlak in te gooi nie. Verder dink ek mens moet nie toelaat dat pettojoggies enige iets onder die enginkap laat doen nie.

Varkie ·

Ai Eben, jy weet hoe lui is mense, almal sit in hlu karre en gee liewer die sleutels aan as om self uit te klim en n oog te hou

Jopie Adam ·

Kan iemand my help? Eks op soek na n Ford Kuga vir my skoonma.

Gerhard ·

Wil jy nie sommer een vir JZ ook koop nie, of nog beter ‘n Hilux. Net omdat jou kanse nog slegter is as die ding rol ;-)

Chris Ws ·

Daars niemand so blind soos een wat nie WIL sien nie.Mense daars beter voertuie as Fords in die voertuig mark in ons land beskikbaar.Maak net die ogies mooi OOP en kyk ‘n slag rond.Moenie een koop omdat jou pa net dit gery het nie!Dinge het verander oor die jare.

Ford Kuga eienaar ·

Hierdie siek opmerkings is ongevraagd.
Die dekking deur sekere media-huise is só swak, dat hulle eerder geskiedenis moet oorweeg.
Die algemene SA-padgebruiker se lewe is ook in gevaar, tesame met die eienaars vd voertuie (wat noodgedwonge hierdie voertuie moet gebruik).
Wanneer gaan SA ernstig raak en ons saak begin ondersteun deur Ford (saam met ons) aan te vat?! Ford SA en die NVK sleep voete.
Een persoon het reeds doodgebrand en van die eienaars ly finansiële- en emosionele-skade…
Hierdie is ‘n baie ernstige saak.

Gerhard ·

Daar gaan elke dag mense op SA paaie dood. As jy MM lees sou jy dink hulle ry almal Ford Kuga’s. In werklikheid is dit voertuie met swak veiligheid gradering, 4×4’s (veral Hilux en LandCruiser) wat maklik rol, swak paaie, ellendige bestuurders en voertuie wat nie in stand gehou word nie.

Nelia Davel ·

Ek is bekommerd want ek moet ry vir my werk. Ek het geen vertroue in die Kuga nie. Word nou gedwing om n ander voertuig te koop. Niemand wil die Kuga koop nie so…nou moet ek hom in ruil vir n Everest. Nie my keuse nie. En Ford los net my Kuga af. Na ek n maand terug 4 nuwe bande opgesit het. Dit is onaanvaarbaar. En glo ek word in gedoen. Met nou n duurder en groter voertuig koop ek verloor net. Duurder bande duurder brandstof is nou my voor land. Dit voel vir my of Ford nie regtig iets wil doen nie. Weet nie meer….

Conrad ·

Nelia, my ondervinding is die volgende: Ek het ook al n Ford of twee gery en ek ry nou ook een. Met my vorige Fords, as ek teruggaan na hulle om optegradeer, gee hulle my n slegte inruil waarde op daai voertuig. So hulle wil n kopie deurwerk, maar hulle wil jou nie help deur jou as klient te behou nie. Die ander fabrikate doen maar dieselfde. So wat jy doen is, jy vat jou kar na n ander fabrikaat en jy sal gewoontlik daar n beter prys op jou Kuga kry, want hulle wil jou as klient wegrokkel van jou huidige fabrikaat voertuig af. Koop die kar daar en ry hom tot jy weer wil inruil, maar onthou die kanse is goed dat jy dan weer na n ander fabrikaat moet gaan, want die oefening gaan homself herhaal. SO koop jy ‘n kar. Daar is gelukkig nie net Fords in die land nie, maar ander fabrikate ook. Ek gaan dus binnekort weer ‘n ander fabrikaat ry. Die Kuga ding het jou nou bietjie tenagekom, maar probeer die beste prys kry al is dit R1000 of R2000 meer. Elke sent is minder uit jou sak. Moet nie ‘settle’ by n fabrikaat wat jou nie wil help nie.

Wiebo ·

Ek het ook n Ford. Die Ford is alewig stukkend en ek loop oral waar ek wil wees. Veiliger om te loop as om met die Ford te ry. Ek loop elke dag werk toe en terug, meer gemoedsrus. Die versekering het juis weer verlede week Woensdag my Ford ingesleep toe ek gewaag het om te ry. Maak een ding reg, dan breek die volgende. BLY WEG VAN FORD AF! En die parte is peper duur! F oute O rals, R eparasies D aagliks. Dis waarvoor FORD staan.

Ford Cortina 3.0 ·

Mense n ford is n goeie kar.Na 30 probleemvrye jare het ek geen klagtes.Niemand het my nog gesleep nie,ek sleep self n groot karravaan.Al wat rook is sy agtertyres ,maar niks brand nie.Parte vir dienste koop ek by Midas vir spotgoedkoop.

Ford Ranger,Fiesta en Ecosport bly onder die topverkopers,so n Ford kan n swakn kar wees nie

FM ·

Ford Cortina ek stem. Ek het my hilux ingeruil op n Ford Ranger 2.2 6 speed. Man die bakkie ry so lekker en daai 118 kw praat lekker. Ek ry nou 2 keer vinniger dorp toe met n sleepwa en kry meer gedoen agv meer tyd. Ek was nog altyd n Hilux man, maar hierdie Ranger is in n klas van sy eie. Ek hoop die Ford SA maatskappy lees my kommentaar, want ek wil nog n Ford koop. Hoop ek kry dan goeie afslag!!!!!!!!!he he!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.