[Foto’s] NSRI-stoor geplunder, beroof

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Diewe het toegeslaan op die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stoor in Maitland, Kaapstad en dit geplunder en verskeie toerusting gesteel.

“Die stoor is in ʼn veilige kantoorpark geleë met elektriese omheining en 24 uur wagte,” het die NSRI in ʼn verklaring gesê. “Ons is Vrydagmiddag om 15:35 deur die veiligheidswagte ontbied, aangesien die alarm geaktiveer is.”

Die veiligheidswagte het dadelik ondersoek ingestel en alle vensters en deure nagegaan, maar kon nie ʼn poging tot inbraak sien nie.

“Personeel van die NSRI het verder ondersoek ingestel en ontdek dat die diewe deur van buite af deur die hoek van die gebou ingebreek het.” Die NSRI het verduidelik dié hoek van die gebou het nie vensters nie en is eintlik buite die veiligheidskompleks geleë. “Diewe het moontlik ʼn voorhamer gebruik om kniehoogte deur ʼn dubbel-baksteenmuur te breek.”

Die stoor is ook geplunder. Diewe het onder andere mediese voorraad, spalke, draagbare, bokse NSRI-uniforms, oliekanne, gereedskap en bootskroewe gesteel.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van roof. Enigiemand met inligting word versoek om die Maitland-polisie te skakel by 021 506 9400.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

Jy weet… NSRI red lewens. Hierdie flippen goed se lewens of die van hul vriende/familie sou een of ander tyd deur NSRI gered kon word, nou steel hul hul toerusting. Die ouens sukkel juis so met geld, nou nog dit ook. WAT wil hul met hul uniforms maak? Die polisie moet nou maar net kyk wie loop met NSRI unifroms rond en ondervra hul waar hul ookal is; sou hul “legit” deel van NSRI wees, reg dan, maar andersins kan hul die goed so opspoor. Dis nou as die polisie net bietjie wil dink.

Michiel ·

‘n Gat in die muur gekap en niemand het die geraas gehoor en gaan ondersoek instel nie?? Lyk my sekuriteitswagte dink ook ons stap/sit net bietjie rond en dis wat ons doen.

E.K. ·

Michiel – horende doof en siende blind! Ek hoop mense maak hul sakke bietjie oop vir die ouens wat fantastiese werk doen! Wie weet wanneer mens hul gaan nodig kry? Ons ondersteun hul al jare.

Elfie ·

Skandalig! Hierdie mense red lewens ja, en dan word hulle besteel. Absolute skande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.