Foto: Nuwe huis vir gesin ná brand

Die gesin se nuwe huis in die Moretele- informele nedersetting. (Foto: Verskaf)

Die gesin wie se huis in die Moretele-informele nedersetting in die noorde van Pretoria kort voor Kersfees tot op die grond afgebrand het, het danksy ’n barmhartige samaritaan nou weer ’n tuiste.

Die eienaar van Amandla Ethu Construction in Hammanskraal het uit die goedheid van sy hart vir Lucent Molofo (26) en haar gesin ’n vierslaapkamerhuis in Moretele gebou.

Maroela Media het vroeër berig Molofo, haar kinders Mpho (9) en Oratile (3), en ʼn meisie van 11 wat sy onder haar vlerk geneem het, is op 19 Desember dakloos gelaat toe ʼn brand in die vroeë oggendure in hul huis uitgebreek het.

Duisende rande se skade is aan die huis aangerig en die gesin moes sedertdien by hul bure woon.

Masango Manyike, burgemeester van die Moretele- plaaslike munisipaliteit, sê die nuutgeboude huis sal Maandag omstreeks 12:00 aan die gesin oorhandig word.

‘n Gesin se huis het in Desember afgebrand. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vonkprop ·

Bietjie vinnig gebou en as ek so na die foto kyk het hy definitief nie ‘n waterpas gehad nie.

Chris dupreez ·

So jy kan sommer op n foto sien of iets waterpas is of nie.

Frikkels ·

Daardie is eerder ñ vier vertrek huis as ñ vier slaapkamer huis.
Waar pas jy vier slaapkamers in so pandokkie in?

Swerwer ·

Dit is so ‘n pragtige gebaar, ‘n voorbeeld vir ander. Aan die eienaar van Amandla Ethu Construction in Hammanskraal, jy is ‘n Engel.

Gesina ·

Dit is so eronies dat hulle so vinnig gehelp word in Danville het ‘n gesin se huis afgebrand voor die verkiesing verlede jaar oktober, al wat al gebeur het daar was stene afgelaai desember en nog steeds niks gebeur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.