Foto’s: Nuwe Mej. SA slaggereed vir haar kroningsjaar

Zozibini Tunzi is Mej. Suid-Afrika 2019. (Foto: Verskaf)

“Ek weet nog nie wat om te voel nie, alles is net so oorweldigend. Maar ek het ʼn baie lang tyd vir hierdie oomblik gewag en dit is uiteindelik hier. So, ek is net ongelooflik gelukkig om hier te kan staan.”

Só het die 25-jarige Zozibini Tunzi Vrydagaand gesê kort nadat sy as Mej. Suid-Afrika 2019 gekroon is. Selfs met haar glimmende silwer rok en die skitterende Buhle-kroon op haar kop, was die blinkste deel van Tunzi haar spierwit glimlag wat byna nie ʼn oomblik van haar gesig gewyk het nie.

Op ʼn vraag of sy elke dag só glimlag, het sy gelag en geantwoord: “Ek het natuurlik ook my af dae, maar oor die algemeen probeer ek altyd positief bly en gelukkig wees. En vandag is ek net opreg gelukkig.”

Tunzi neem oor by Tamaryn Green wat die afgelope jaar die Mej. Suid-Afrika-kroon gedra het. Vanjaar se eerste prinses is Sasha Lee Olivier (26) van Alberton wat by Tunzi sal oorneem indien sy om watter rede ook al nie meer haar pligte kan vervul nie.

Dit is redelik duidelik wat die nuwe Mej. Suid-Afrika se fokus gaan wees vir dié jaar wat sy die kroon dra. “Onderrig en opvoeding. Ek voel asof ek nie sou wees waar ek vandag is as dit nie vir my opvoeding en onderrig was nie. Ek glo elke kind verdien dit om gehalte-onderrig te ontvang; dit is dus beslis ʼn gebied waar ek verandering teweeg wil bring,” sê sy.

Zozibini Tunzi tydens ʼn mediakonferensie kort nadat sy as Mej. Suid-Afrika 2019 gekroon is. (Foto: Mariné Lourens/Maroela Media)

“Ek het vir Mej. Suid-Afrika ingeskryf omdat dit sal bydra tot my doelwit om ʼn doelgerigte lewe te lei. Ek is nog altyd geïnspireer deur mense wat uitsonderlike dinge in die lewe doen; mense wat positiewe verandering teweegbring en hul stempel afdruk op hul gemeenskap en die wêreld. Ek glo nog altyd ons is op hierdie aarde om méér te doen as net na onsself om te sien. ʼn Gedeelte van ons lewe moet gewy word om in diens van ander te wees, veral daardie mense wat hulp die meeste nodig het.

“Ek kom uit een van die mees agtergeblewe provinsies in Suid-Afrika en het al eerstehands gesien hoe ʼn groot invloed net ʼn klein bietjie hulp op iemand se lewe kan hê. Ek wil dit vir iemand kan doen.”

ʼn Aspek wat Tunzi onmiddellik laat uitstaan het tussen die 16 finaliste is haar kort hare. Dit is nie gereeld dat deelnemers aan Mej. Suid-Afrika met kort, eenvoudige haarstyle spog nie. En ook hieroor is Tunzi onapologeties en vol selfvertroue.

“Ek beplan geensins om haarstukke te dra gedurende my jaar as Mej. Suid-Afrika nie. Dit is hoe ek by die kompetisie aangekom het en dit is hoe ek my hare al die afgelope twee jaar dra. Hoekom moet ek noudat ek in ʼn sekere platform inbeweeg, verander wie ek is? Ek besef dit is net die manier waarop die samelewing skoonheid definieer, maar ek glo vroue het baie fasette en is nie eendimensioneel nie. Ons kan mooi wees, maak nie saak hoe ons lyk nie, of dit nou met haarstukke of met kort hare is.”

Die openbareskakelingstudent sê sy sien die meeste uit na al die verskillende mense wat sy as Mej. Suid-Afrika gaan ontmoet, juis omdat sy mal daaroor is om verskillende mense se stories te hoor. Sy voeg by sy wil graag hoop bied aan dié mense so ver as wat sy gaan.

Zozibini Tunzi omhels haar 13-jarige suster, Ayakha, nadat sy pas as Mej. Suid-Afrika 2019 gekroon is (Foto: Verskaf)

Tunzi is van Tsolo in die Oos-Kaap afkomstig en het tot haar kroning in Tuine in Kaapstad gebly waar sy studeer en werk. Sy sal egter nou die Moederstad vir die Goudstad moet verruil en sien uit daarna om haar intrek te neem in die luukse woonstel in Sandton wat deel vorm van haar pryse.

Tunzi het ook ʼn splinternuwe Mercedes-Benz-cabriolet ontvang wat sy vir haar kroningsjaar kan gebruik. Maar sy gaan nie gou agter die spoggerige motor se stuurwiel inskuif nie. “Ek moet nog ʼn bestuurslisensie kry!” lag sy effens skaam. “So, ek sal nie gou my motor self kan bestuur nie, wat ʼn bietjie hartseer is, maar dit is goeie motivering om dit so gou moontlik te doen.”

Kalm, iemand wat volhard in wat sy wil doen en by wie ander maklik aanklank kan vind. Dít is hoe Mej. Suid-Afrika 2019 haarself opsom.

“Ek wil onthou word as iemand wat probeer het, iemand wat iets gedoen het wanneer ander mense nie wou nie. Ek wil die persoon wees wat daar is en gewillig is om haar bes te doen.”

Vinnige feite oor Zozibini Tunzi:

– Sy kan goed sing, hoewel sy nooit in die openbaar sing nie.
– Sy het drie susters, Yanga (30), Sibabalwe (24) en Ayakha (13).
– Haar gunsteling-televisieprogram is Game of Thrones.
– Sy lees tans The Secret van Rhonda Byrne.
– Haar gunsteling-kos is geurige vleisbredie met stampmielies.
– In haar vrye tye geniet sy dit om te lees, dokumentêre rolprente te kyk of die strand te besoek en langs die kus fiets te ry.
– Sy is ʼn getroue Marvel-aanhanger en lees graag Wonder Woman-strokiesboeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

ano ·

Nee wat – daar was baie mooier meisies. Kyk maar wie was die beoordeelaars.

Laetitia ·

Dit is duidelik Ano dat jy geen benul het waarvan jy praat nie.Die beoordelaars is almal baie stylvolle dames en het baie ondervinding op die gebied.Dit is hoogtyd dat jy verby die kleur van ‘n persoon se vel skuil.

Jared ·

Voel jy nou beter, Laetitia, nadat jy jou “virtue signalling” gedoen het?

Jan ·

Laetitia, dit is duidelik dat die beoordeelaars nie verby die kleur van dames se vel kan kyk, die feit is daar is baie mooier blanke dames as die spul, moennie dom speel nie, almal weet hulle het doelbewus swartes gekies, dis deel van die transformation projek en demografiese verteenwoordigheid, gern meriete by dié mej swart SA.

Barend ·

Snaaks dat dit vroue dag was en nog steets word vroue soos koeie op ge veil

maryn ·

Ons sien sy sing graag???? Gaan sy nou sommer ook aan AMERICA’S GOT TALENT deelneem? Want verder lees sy net strokiesverhale?

Elaine ·

Hoop maar jy het nie kinders nie want by jou gaan hulle leer hoe om ‘n boelie te wees.

Erika ·

Sy het n besonderse skoonheid en is ongelooflik mooi. Hou van haar waardes en ook om haar kort hare te hou, dit is soveel meer authentic, trots op jou Zozibini..

Jerry ·

Baie geluk Mej. Suid Afrika! Wees n ambassadeur vir alle Suid Afrikaners.

SjN ·

Gelukkig mag smaak verskil, jy kan dink wat jy wil maar nie sê wat jy wil nie.

Marie Van Graan ·

Ek jou van haar. Sy is petite . Daar was beslis mooier meisies as sy. Ek het van die blonde meisies die meeste gehou. Ek glo egter dat daar nooit weer in Suid Afrika ñ wit meisie sal verkies word nie. Dis ook.seker reg so. Daar is te veel rassehaat nog in Suid Afrika. Daar was pragtige meisies met baie mooi lyfies inderdaad.

Jared ·

Ek sien sommer gereeld veel, veel mooier meisies by enige winkelsentrum. Hopelik het die wenner darem ‘n mooi persoonlikheid want duidelik is skoonheid nie juis meer ‘n maatstaf nie. Net soos kundigheid nie meer ‘n maatstaf is in SA om ‘n werk te kry nie.

Bren ·

Lewe en dood sit in die mag van die tong…..Spreek lewe. Nooit weer nie?????
Ons Afrikaners kan net partykeer negatief praat. Aai!!!! Wens ons kan verby ons Afrikaner oogklappe kyk.

Vivian ·

Sy mag dalk nie fisies pragtig is nie maar haar mooiheid straal uit haar menswees.Nogal jammer dat die kommentaar so negatief is,dit wys beslis jou lelikheid uit!

Grote genade!! ·

Nee wat,hou verby!
Aaklige rokke en nét vroulike beoordeellaars wat ñ klugspul !!

Hendrik van George ·

Uitgediende en seksistiese kompetisie. Hoe lank nog voordat ons verby hierdie absurde skoonheid kompetisies gaan kom? As die skoner geslag ernstig opgeneem wil word, is dit tyd om aan te beweeg.

O jinne ·

Hierdie is lankal al ‘n klug spul. Moet wragtag nou nie vir my kom wil sê SY was die mooiste nie. Asseblief.

Lynni ·

So dit jul lewe beter gemaak het as ‘n blonde meisie gewen het. Dis net ‘n kompetisie. Geluk Zozibini

Jaco ·

Vir my gaan dit nie oor wie wen of verloor nie maar eerder oor die nut en volhoubaarheid van hierdie tipe kompetisies

Swartwolf ·

@Lynni – definetief. Smaak verskil. Dis ‘n demokrasie ons mag. En dit se ook.

Elaine ·

Kom laat ek jou so bietjie reghelp. Ons almal lyk stukke beter met make-up aan.

Faith ·

Demi-leigh het ‘n foutjie gemaak met daardie wit nommertjie.

Jerry ·

Mej SA is gekies omdat sy in die oe van die beoordelaars die beste ambassadeur vir alle Suid Afrikaners sal wees op hierdie tydstip in SA se geskiedenis. Sy moet die regte dinge reg doen en Suid Afrikaners verenig en n verenigde beeld uitdra na die buiteland. Ondersteun haar en help haar om mense te verenig. Soos wat julle vir Steve ondersteun het toe hy nog n sanger en ook ambassadeur vir sy land was, so moet julle Mej. SA ook ondersteun. Mej SA dien nie n politieke doel nie, sy dien n goeie verenigde en eerbare doel en daarom mag julle nou opinies lewer wat versoenend van aard is. As jy n verdelende opinie wil lewer, dink eerder twee keer daaroor!

Jimmy ·

Hoe moet die kind nou die land verenig? Ramaphosa en Tutu kan dit nie eers doen nie. Die dae van eenheid, vrede en voorspoed is vir altyd verby.

Marinda n ·

Congratulations Zozibini. All the best for the year ahead.

Teleurgesteld ·

Ek kan verstaan hoekom ons land so gemors is as ek van die kommentaar lees. Teleurgesteld in ons land se mense. Gun ander mense niks in die lewe nie

Bianca ·

Gladnie gekyk nie en stel ook gladnie belang nie…!
Dink dis uitgediende,sekssistiese absurde kompitisie,van LIGSINNIGHEID en sal wonderlik wees, as dit n ewige dood sterf.

Andrea van Vuren ·

Dis waar ons land se swaarverdiende geld heengaan. ‘n Luukse motor, miljoene se prysgeld ens. ens. Nee wat. Stel nie meer belang. Die dae van ware skoonhede is verby.

Essa ·

Goed gestel Jerry. Geluk aan Zozibini – sy is stylvol, positief, lewensbly en onopgesmuk, bv. haar besluit oor ‘n natuurlike haarstyl. Sy is ‘n waardige wenner. You go girl.

cathy ·

Dankie vir die met positiewe kommentaar. Vertel my hoe kleur nie ‘n probleem is vir sommige mense nie? As ek na die vieslike comments kyk kry ek skaam. Ons is almal een op een planeet. Ek skaam my soms vir mense se comments. Pragtige dame en interessant. My juis opgeval dat sy “representative” is van meeste van ons jong dames in die land. Begin asseblief verby kleur kyk mense.

Linda ·

Ek was baie teleurgestel dat die Blanke, Blonde meisie, Van Der Westhuizen NIE die intelligensie gehad het om deur te druk nie !!!!

Buffel ·

Kyk ou Linda die blonde meisie is vir ‘n begin strate mooier. Hulle noem dit nie verniet ‘n skoonheidskompetisie nie.

Daleen ·

Sy is pragtig en STYLVOL, en het boonop nog ‘n sprankelende persoonlikheid! Ek voel ook dat n dame van kleur ons beter kan verteenwoordig as ‘n land aangesien een van haar hoofrolle is om nasiebou en vrede te bevorder.

Ek skaam my vir sommiges se kommentaar hierbo, sjoe….

Baie geluk Zozibini!! Jy maak ons trots!!

Rinkhals ·

“Beauty is in the eye of the beholder”. Gelukkig mag ons verskil.

Pieter Botha ·

Ons het mos in Maroela Media se Poll..79%.. gesê ons stel glad nie belang in die Mej.SA uitslae etc. nie….maar julle hou aan…..

Lorraine Swanepoel ·

Weet iemand of hierdie ook n kwota kompetisie is?

Ag foeitog ·

Dai pol op MM laat veel te wense oor! Pragtige kind stralend en sprankelend ons kan nie voortgaan om ons blanke velle tot ons voordeel te gebruik nie!

Lekker lag ·

Die kwotas begin en die regte spelers bench…..soos in rugby.

Derek ·

NOU WAAROM…wil koppe afbyt of wil kritiseer of as RASSIS met velkleur voordeel,uitgekryt word…as ons nou nié almal saamstem,met hul keuse nie,hmmmm?
Ons MÁG MOS VERSKIL van mekaar en ons MÁG MOS ñ eie opinie hê.
Sy is ook nou nié… mý smaak of mý keuse persoonlik nie, maar BAIE GELUK en baie sterkte aan haar

Lana ·

Jammer mense, nie my idee van mooi nie. Ek praat van die klere ook.
Gelukkig het die Bokke die Pumas gewen!

Realis Thailand ·

Ek sou haar inskrywing nie eers aanvaar het nie
SA se dames het nog altyd onder die eerste 10 geeindig
Kyk die PRAGTIGE Tamryn .Die vrou gaan nie eers die eerste tien haal nie
Moet aub nie my kommentaar verwyder. Wees dapper genoeg om dit te plaas

Emma ·

Ja ek sal nie se sy was die mooiste nie beoordelaars kyk mos darem ook of hul breins het. Baie geluk maar ek dink ook die mej heelal en mej wereld is vir eers vir ons op sy geskuif

Piet die Mamba ·

As hierdie die mooiste antie in SA is, dan eet ek my hoed en albei veldskoene, sonder tamatiesous!

SjN ·

Sy het glo die eerste kwalifiserende titel in Diepsloot Gauteng gewen.

Linda ·

Ja 99% van die rokke was baie lelik gewees. Die wenber Zozibini Tunzi is n waardige wenber met hope veryroue en intelligensie. Sasha-Lee Olivier se vertroue het haar in die steek gelaat. Die Pretoriase Van Der Westhuizen (blank) deelnemer was pateties en kon nie regtig behoorlike, intelligente antwoorde gee nie !! Wat n jammerte !!! ek vertrou dat die wenner, Tunzi, baie goed sal vaar by die Mej Wereld Kimpetisie, sy het dit wat dit vat om n Mej Wereld te wees. Baie Geluk Zozibini !!!!

Linda ·

Intelligensie en Vertroue was hier baie belangrik !!! Vandag skryf my foon n sy eie spelling! hahaha jamner !

Buffel ·

Hopelik as dit by die internasionale kompetisie kom is die beoordelaars meer ingestel op skoonheid, intelligensie en selfvertroue ipv etniese korrektheid. Na Miss World sal ek jou herhinner.

Hans ·

In ‘n land waar miljoene mense nie kos het nie,is ek verstom dat maatskappye so ‘n kompetisie kan borg.

Bianca ·

Praat jy nou HANS…en dan is dit boonop gedompel in omstredenheid ook!
VOEL OOK,borge kón hul geld aan iets meer sinvol of waardevol spandeer

Linda ·

Al het miljoene mense nie kos in ons land nie, Moet ons hierdie kompetisies he !!! Hierdie kompetisies word in elk geval geborg en dit is goed vir ons land !!!!

Kabous ·

Wys net weer oupa mamba jys oriemuur pappa dais nou styl! En Finnese en mooier as jou ounooi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.