[Foto’s] Nuwe vloot vir Prasa

Foto: African News Agency

Foto: African News Agency

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sal binnekort sy verouderde Metrorail-vloot met ʼn nuwe model vervang, het die organisasie Vrydag gesê.

Die toetstrein nr 1, of T1 soos dit bekend staan, het by die Wolmerton-depot in Pretoria aangekom, 18 maande nadat Prasa en Gibela-spoorvervoerkonsortium ʼn finansiële ooreenkoms gesluit het.

Popo Molefe, raadsvoorsitter van Prasa, het gesê Prasa het in 2013/14 met sy R172 miljard belegging begin om “moderne passasierstreine” en ondersteuningsinfrastruktuur aan te koop oor ʼn periode van 10 jaar. Hierdie belegging sal glo die huidige Metrorail-voorraad vervang en alle toekomstige spoorwegbehoeftes aanspreek.

“T1 is die begin van ons reis om passasierspoorinfrastruktuur en -dienste te moderniseer,” het Molefe gesê.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het gesê vervoer is een van die sleutelpilare in die nasionale ontwikkelingsplan en dat die regering “toegewyd is om passasierspoorinfrastruktuur te transformeer en seker te maak dat spoorwegvervoer die ruggraat van openbare vervoer sal word”.

Molefe het gesê die program is daarop gemik om al die ou Metrorail-treine binne die volgende 20 jaar te vervang by Prasa se Wolmerton-depot. “Die T1 is spesifiek gebou as ʼn toetstrein waarop alle toetse oor ʼn sewe maande periode gedoen kan word,” het hy bygevoeg.

Die T1 is spesifiek gebou as ʼn toetstrein en is nie uitgerus met enige gewone passasiertreintoebehore soos stoele nie. Al die elektroniese panele en basiese strukturele bybehore is ook nie bedek nie, om navorsing en toetse gerieflik te maak. Al die data sal gebruik word om die treine se veiligheid, ontwerp en prestasie te verifieer.

ʼn Tweede trein sal glo in 2016 opdaag.

Die eerste 20 treine word in Brasilië gebou en die oorskot sal in Suid-Afrika by ʼn nuwe fasiliteit in Ekurhuleni gebou word. Volgens Molefe word dié aanleg gebou kragtens die regering se nywerheidsplan om plaaslike vaardighede en nywerheidsontwikkeling te bevorder.

“Die T1 is die eerste trein uit ʼn beplande 600 treine, en ses waens per trein kan 1 346 passasiers vervoer,” het hy bygevoeg.

Marc Granger, uitvoerende hoof van Gibela, het gesê die vloothernuwingsprogram sal ook seker maak dat vaardighede oorgedra word aan nuut opgeleide treinbestuurders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann Marx ·

Ek het in ‘n klein dorpie in die Vrystaat groot geword waar tant Dol Serfontein elke dag die spoorweg pakkies van die stasie af afgelewer het met ‘n lorrie met speek-wiele. Terwyl haar lorrie dan afgelaai is, het sy met ‘n groot erde-skottel gesit en groenboontjies afhaar om in te lê. Die stasiemeester se dogter was saam met my in dieselfde klas op skool. En in die winter vakansie het ons saam met die mielietrein gery na die silo’s toe om die boere se mielies te gaan laai. Dan het jy voor in die lokomotief gery, en die drywer het vir jou koffie gemaak in ‘n blikbeker, met warm melk uit ‘n kannetjie wat by die lokomotief se oond se oop deur gestaan het. En toe kom die nuwe Suid Afrika…..en al die stasies word toegemaak, want al wat ‘n kader is het ‘n lorrie gekoop en ‘n padvervoer “kontrak” losgeslaan….baie geld gemaak, die paaie verwoes, en die lorrie weer verkoop. Ek het onlangs gelees Suid Afrika het 7000km treinspoor wat in onbruik verval het. Ek weet ook wie het die hele “wit trein” (Wat in Zambië oor die Victoria valle getrek was en die Koningin van Engeland as gas gehad het) en wat later die “Blou Trein” geword het, se volledige eetservies. Ek dink ook aan Danny Herman se pa wat vir ons die goedere trein deur Ladysmith se stasie laat stadig ry het sodat die troepe kon afspring uit die kondukteurs-wa….en dit terug maak kamp toe na ‘n pas-naweek. Deksels….maar ek’s oud!!!

johan du preez ·

Ja johan dit is I hartseer storie dit waar wat jy praat ek self woon op die klein vrystaat dorpie ons het destyds daar die G F stoom engin met groot moeite hier op frankfort stasie. Kom plaas om dit te bewaar vir ons nageslag en klein kinders maar wat het gebeur ons moes hom na I paar jaar kom terug haal pietermaritsburg toe sleep al die koper pype. Staal deksels druk meters alle staal ietems wat hulle kon los kry is aan die skroot werf verkoop dit het ons 3 jaar geneem om dit weer tot sy volle glorie te herstel. Dit is I hartseer storie ek kan nog I ding vertel ek het Vandat ek begin werk het het ek op die spoorweg. Gewerk nooit eendag sonder kos gaan slaap nie. Of my kinders nie

Peet Schabort ·

Johann, ry tussen Deneysville en Heidelberg en kyk hoe die spoorlyn ‘verdwyn’ het tussen die silo’s. Dit geld vir nog ander plekke ook. Ek het in die Oos-Transvaal grootgeword op ‘n klein plattelandse dorpie waar die stoomtrein 170m van ons huis af verby gedraf het. Daar was twee spooroorgange en 02h00 het die trein gefluit 2x vir daardie oorgange. Dit was musiek in die ore daardie tyd van die oggend. Jy het net omgedraai en verder geslaap. Baie beter as die geraas op die paaie en strate van kwaad baaiks, veldfietse, harde lawaai wat bekend staan as ‘musiek’ waar almal moet saam luister.
Daar was ook die aartappelfees op Bethal waar die stoomtrein by ons verbygekom het ten laaste hier aan die begin 2000’s. Die fees is gestop deur die munisipaliteit omdat dit ‘te wit’ was. Ek kon egter ‘n video neem van die trein tussen Leven en Oban op sy laaste tog vanaf Bethal. Ja-nee ons raak oud . . .

Pieter ·

Loon, jy spring my voor – ek het aan presies dieselfde gedink toe ek die berig gelees het!

osmeyer ·

Mense ons het almal mooi stories en goeie dinge om te vertel ,maar kom ons los die kritiek ,baie dinge het verander .sal ons die bleekes wat in beheer was nou beter sou kon doen ?

Kobus Pretorius ·

Dit klink na die eerste positiewe stap wat die regering instel indien dit nie ook vernietig word nie. Ek voel enige verbetering op die publieke vervoer stelsels help om die satan taxi’s te verminder. Dit is seker die grootste gemors en oorsaak van pad woede in ons of die land. Die bus lane was n goeie idee maar wie ry nou daar, hoe gerieflik.

Dan ·

Hulle koop treine maar kan nie hulle skuld aan die oumense betaal nie.Reeds met miljaarde bedrieg, so n ander ou kry ook n beurt om ryk te word.

Marietjie Jacobs ·

Johann Marx,
Ons sal BAIE graag jul stories wil deel met mense wat baie waardering daarvoor het en daarmee kan identifiseer. Is daar n manier dat ek/ons dit dalk kan bekom?
Op FB dalk? Maar dan moet jy my insluit.
Ek sal dit vreeslik waardeer. Of e-pos na [email protected]
Baie dankie
Marietjie Jacobs

Gessie ·

Dankie “Dan”ek wou ook se en daar gaan ons pensioen geldjies waar voor ons so hard gewerk het e voor baklei,hul dink seker 1120r is genoeg vir oumense ,nuwe treine belangriker as ons wat jare moes werk e afsloof .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.