[Foto’s] Omstander red 18-jarige uit brandende motor

Nooddienste op die toneel. Foto: Crisis Medical

Nooddienste op die toneel. Foto: Crisis Medical

ʼn Omstander se dapper optrede het moontlik die lewe van ʼn 18-jarige motoris gered nadat laasgenoemde se motor tydens ʼn kettingbotsing aan die brand geslaan het.

Neil Powell, direkteur en woordvoerder van Crisis Medical, het aan Maroela Media bevestig die botsing, waarin vier voertuie betrokke was, het Maandag omstreeks 21:15 op die N2-snelweg naby Umhlanga, noord van Durban, plaasgevind.

“Een van die motors het tydens ʼn hoëspoedbotsing aan die brand geslaan. ʼn Omstander kon daarin slaag om ʼn 18-jarige man uit die brandende motor te red, voor die voertuig heeltemal deur die vlamme oorweldig is,” het Powell gesê.

Volgens Powell is die jong man ernstig beseer en twee mense het geringe beserings opgedoen. Al drie mense is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die omstandighede rondom die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Irene ·

Soe alle groot ongelukke in Kwazulu Natal
Wat gaan daar aan

Karma ·

Dit sal net ‘n 18-jarige laaitie wees wat in daardie kar was – hulle begin mos petrol/diesel “drink” as hul eers hul lisensie gekry het en dan trap hulle die blou dinges uit enige kar (veral Golfies!) se enjin uit. ‘n Meisie (of vrou dan) dink verder; het gewoonlik ‘n gesin wat hulle veiliger laat bestuur!

AvrilS ·

Karma, ek moet gedeeltelik met jou verskil. Ja hulle jaag, maar daar is meer senior burgers wat n groter gevaar inhou vir mede padgebruikers.
Maar op n meer ernstige nood. Ek dank my Hemelse Vader dat Sy engele ons behoed en bewaar, dit was nie n menslike ingryping nie maar n Goddelike.
Dankie Abba Vader, die lof en die eer kom U toe.

Lee ·

Dit is nie duidelik of die 18 jarige die person is wat die ongeluk veroorsaak het of in die ander motors was nie, (daar was 4 motors)

Gesiggie ·

Karma…. ek dink dit is n bietjie erg gestel”’niemand het bevestig dat hy vir die oorsaak van ongeluk verantwoordelik was…ketting botsing kan enige iets beteken, hy het dalk van agter die stil staande motors ingery??? Well Done aan die persoon wat hom betyds uit die brandende voertuig kon red”’die kind kon dood verbrand het… Glo my hy sal jou altyd dankbaar wees… hoop dat jy gou sal herstel.

m ·

Wel as dit dalk die kind se skuld was het hy hopelik sy les baie goed geleer..

E ·

Hierdie man wat sy lewe vir n ander gewaag het is defnitief beter as ek. Hy is n held 1000.

johann cb ·

Liewe aarde! As ek so na die wrakstukke kyk, het iemand ontsettend vinnig gery! Dit is ‘n wonderwerk dat niemand dood is nie. Dankie aan die omstander wat die jong man se lewe gered het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.