Foto’s: Omstanders plunder ná ‘bloedbad’-ongeluk op N2

Een van die voertuie se wrakke. Foto: Verskaf

Terwyl paramedici Saterdagmiddag in KwaZulu-Natal moes bontstaan om na 16 beseerdes van ʼn ernstige kettingbotsing om te sien, het omstanders glo van die voertuie se wrakke geplunder.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê paramedici is omstreeks 13:30 na die kettingbotsing op die N2-snelweg naby Chesterville in Durban ontbied.

“Die toneel was ʼn totale bloedbad. ʼn Voetganger is doodgery, waarna ʼn tweede botsing plaasgevind het. ʼn Vragmotor het in verskeie voertuie ingeploeg. Twee van die voertuie is teen ʼn steil wal afgedruk, waarna die vragmotor ook teen die wal afgetuimel het,” het Jamieson gesê.

Volgens Jamieson was ʼn totaal van 11 voertuie en die vragmotor in die kettingbotsing betrokke.

“Altesaam 16 mense het verskeie soorte beserings opgedoen en bystand moes ontbied word om te kom help. Terwyl nooddienspersoneel na die beseerdes omgesien het, het inwoners van ʼn nabygeleë nedersetting die voertuie gestroop en gesteel wat hulle kon.”

Slegs een baan van die besige snelweg was oop vir verkeer. Nadat al die beseerdes op die toneel gestabiliseer is, is hulle na verskeie hospitale in Durban geneem vir mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die botsing is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Tiaan ·

Het die plunderaars geen respek vir ander nie? Dit sê alles…

zoom zoom ·

Die woord respek bestaan nie meer in SA nie. Die woord respek is in 1994 vervang met ” it is my human rights” daarom is ons land in so gemors

Mlilo ·

Nie Afrika nie, Suid-Afrika. Lede van my gesin was 2 jaar gelede in n ernstige motorongeluk in Botswana waar 3 taxi’s stilgehou het en hulle bygestaan het. Die vrouens het alles in swartsakke bymekaar gemaak en dit aan hulle oorhandig terwyl hulle vir die ambulans gewag het. n Paar dae later is die inhoud tuis in SA deurgegaan om te sien wat vermis was. Alles was daar, kameras, videokamera, sonbrille etc. Net n beursie was vermis. Dit het hulle n week later by die polsiestasie gekry (met al die pulas nog daarin) toe die voertuig teruggesleep is na SA. Wetteloosheid seevier beslis hier in SA.

Barbaars ·

Dit is kommerwekkend wat in ons land aan gaan. Hoe kan mens so laag daal. Babare, voel niks vir niemand nie.

anon ·

Ek wonder of hulle darem die mense se valstande uitgelos het

Daan ·

Almal weet dit Pres Trump het net die moed gehad om te sê wat almal die media ingesluit te bang is om te sê want die waarheid word verkrag om polities korrek te wees.

Callie ·

Geen land waar mense opgevoed sal so iets gebeur nie. Net in sh…. Hole lande soos Trump dit stel. As jy nie eers selfrespek het nie hoe sal jy ander respekteer

Pieter ·

Ek kan op die fotos sien wie so barbaars is om te roof en te plunder terwyl mense beseer is in ongeluk …Presedent Trump?

Bets ·

Wat as hierdie selfde plunderaars die omgeluk veroorsaak het, dat hulle so iets beplan het ? Dam gaan n mens meer en meer sulke gevalle vorentoe sien. Wys net, Trump weet en ons weet maar ons mag dit net nie se nie

Thomas ·

Bets, jy het ‘n baie waardige punt daar. Mense moet versigtig wees met die verby ry van enige “informele basis” wat so strategies langs ons paai geplant word.

HEVW ·

Seker nie die laagste vlak waartoe die mens kan daal nie, maar dit is reeds baie, baie ,baie laag.

Werner ·

Omstaanders ???
Daar is baie ander beter woorde om re sê wat hulle werklik is

Hans ·

Ongelooflik dat so iets kan gebeur. Waar was die SAPD en kon hulle nie n “strooptog” by die neddersetting gaan uitvoer het nie.

Antjie ·

Die ergste: Duidelik op ten minste een foto van die ongeluk, is ʼn polisievoertuig. Was seker te warm of te vet om te beweeg en die gespuis met ʼn knuppel te verwilder!

Onnie ·

SAPD plunder voor in die koor! Waar dink jy sien die mense dis ok om dit te doen? Was jy al ooit op n toneel waar n goedere lorrie omgeslaan het – die polisie orgestreer alles. Welcome to South Africa Lawless Country Since 1994

Waarheid ·

Voel Groot deernis met die slagoffers..maar SIES geen mens verdien nog om BESTEEL te word daarby ook. Soos gesegde gesteelde goed brand joun of spook by jou, hoe klink daai.

PJC ·

Gelukkig neem mense deesdae fotos van alles en kan almal dus sien wat ons al die jare weet.

Pop ·

Mnr Ramaposa ek raai jou aan om n tolk te kry om die kommentaar op maroela deur te gaan. Ons is n klein deeltjie van die bevolking, en dis hoe ons voel oor die klas van ding. MAAR, dis hierdie klein deel van jou landsgenote wat n goeie, vooruitstrewende, vreedsame land en ekonomie kon behartig voor 1994. Ek stel voor dat jy, Mnr Ramaposa iets doen aan die land se regstelsel, en wette in plek stel wat sommiges in hierdie land op hulle plek sal sit. Nou word n blinde oog gegooi op al die ongeregtighede.

Yankee ·

Pop, Ramaposa praat, skryf en lees afrikaans uistekend!! Waarom n tolk?

Theresa ·

Dit moet ook aangestuur word na mense in die buiteland wat graag die waarheid sien. Ja, daar is kommentare wat soms vra, wat dit help? Dit help wel. Ander mense buite die landsgrense moet ook weet hoe dit werklik hier gaan. En wie dit is wat dit doen.
Baie, baie sterkte aan al die mense wat beseer is. En dié met langvingers: jou dag kom…

Oom Kalahari ·

Oral langs die paaie is die tipe van ongemagdigde nedersettings wat soos paddastoele oprys en van die inwoners ‘n lewe voer uit strooptogte as die geleentheid hom voordoen. Daarom deesdae is die klippe afgooi van brue af ook ‘n manier van rooftogte. Dit isregtig hartseer dat so ‘n pragtige land sy waarde en respek so verloor. Geen wonder toeriste dink 2keer om te besoek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.