Foto’s: Onnie se kar ploeg in skoolgebou

Die onderwyser het Woensdagmiddag in die personeelkamer se muur ingeploeg (Foto: Verskaf)

ʼn Doodnormale skooldag by Kopanang Secondary School in Emalahleni (Witbank), Mpumalanga, is op sy kop gekeer toe ʼn onderwyser met sy Mercedes-Benz in die personeelkamer vasgejaag het. Twee onderwysers en twee leerders is in die proses beseer.

Volgens Jasper Zwane, woordvoerder van die departement van onderwys in Mpumalanga, het die voorval Woensdagmiddag plaasgevind.

“Volgens voorlopige inligting het die betrokke onderwyser per ongeluk in die gebou ingery,” bevestig Zwane.

In foto’s wat op sosiale media gedeel is, is dit duidelik hoe die muur verkrummel het nadat die motor daardeur gebars het.

Twee leerders en twee onderwysers is in die voorval beseer (Foto: Verskaf)

Twee assistent-onderwysers en twee leerders is beseer. Hulle is met die Mpumalanga se provinsiale nooddienste se ambulanse na die naaste hospitaal geneem. Dit is nog nie duidelik hoe ernstig hulle beseer is nie.

Volgens Zwane sal Bonakele Majuba, LUR vir onderwys in Mpumalanga, Donderdagoggend die skool besoek om meer inligting rondom die omstandighede van die voorval te kry. Vandaar sal die besluit geneem word of dit wel ʼn ongeluk was en dan sal die onderwyser se lot bepaal word.

Volgens die departement blyk dit om ‘n ongeluk te wees (Foto: Verskaf)

Die beseerdes is na die naaste hospitaal gehaas (Foto: Verskaf)

Dit is nog nie duidelik hoe ernstig die beseerdes beseer is nie (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Misky ·

Party mense hoort eenvoudig nie agter die stuur van motors nie.

Pieter ·

Toe ek op skool was het onderwysers Volkswagens, Toyotas en Fords gery………

Pablo ·

Lekker duur kar wat daai onnie besit. Moet seker groot salaris kry.

Irene ·

Duidelik beheer verloor op n skoolterrein……”,O my word”.

Swerwer ·

O genade………..dit moes teen ‘n spoed gebeur het, en dit by ‘n skool waar bestuurders veronderstel is om te weet om baie stadig te ry. Daarby was die bestuurder nog ‘n onderwyser ook! Wonder watter vakke bied hy aan.

Robert ·

Kar in Drive gesit pleks van Reverse en voet gegee… dit gebeur…

Waarnemer ·

SBO….Skole bestuurs opleiding of K53….Kry jou bestuurderslisensie maklik

B-Man ·

Ek sien ook nie eintlik steenbewapening (brickforce) in die muur nie. Die skool is seker nie volgens NHBRC-standaarde gebou nie.

Marius ·

Jy moet perongeluk met ‘n vet spoed ry om perongeluk so deur ‘n muur te ry..

Robert ·

Nie regtig nie, so 5 meter aanloop van stilstaande is genoeg… het dit al paar keer sien gebeur al in my leeftyd, en amper self gedoen!

Aai ·

Kan net lag tye het verander jy kry nou ‘n duur kar voor jy rybewys kry gaan oor status.Het gister ‘n konstabel gesien met ‘n Audi A3 dinge gebeur in die land en hy was nog baie jonk.

Perdeby ·

Ek wonder maar net teen wat se spoed het hy gery om deur die muur te ry. Was te haastig , bang hy mis sy koffie / tee.

Andrew ·

En kyk hoe pronk die ander buitelandse voertuig daar eenkant

Genis ·

Met so n hoe spoed? Darem te vinning parkering gesoek… daai was nie parkeer spoed nie

Hennie ·

‘n Onderwyser wat’ n merc ry… Lifestyle audit nou! !

Julius ·

Iets soos ‘n minister sonder portefeulje, net daar vir die geld.

Tiptol ·

Ekke ook. Dis lekker om bietjie kommentaar te lees waar ons bloed nie kook nie.

Susan ·

Ek lees die kommentaar van party mense, en staan verstom om te sien die opmerkings oor die onderwysers se kar!? Waarom sou dit snaaks wees dat hy of sy ‘n luukse kar ry? Wat se salaris sou die oningeligtes dink ‘n onderwysers behoort te verdien? Dit is egter ‘n professionele werk, universiteits graad van 3 of 4 jaar, nagraadse Onderwys diploma is nodig, so waarom sou mense dink onderwysers verdien nie ‘n behoorlike salaris nie? Kan dit wees dat hulle wraggies nog dink dis ‘n halfdag pos, 4 vakansies ‘n jaar!? Terwyl jy heerlik lê en slaap Meneer, sit ons Taal onderwysers tot 2 uur in die nag en vraestelle merk, asook gedurende die heerlike lang vakansies. ‘n Groot deel van die halfdag staan ons ook af om jou onopgevoede kind maniere te leer omdat jy voldag werk en nie tyd het daarvoor by die huis nie. Gelukkig staan ons ook in die warm son middae om sportspanne af te rig terwyl jy in jou lugverkoelde kantoor hard sit en werk.

Hendrik ·

As gewone burgers het ons geleer om verskriklik tussen lyne te lees en omdat ons so baie blootgestel word, is ek nie verbaas dat mense hierdie afleidings maak nie. Ons weet onderwyser verdien behoorlike salaris en ons in die privaatsektor (wat ook grade ens. het) het werk ook ons alie af om vir die staatsektor mense ‘n behoorlike salaris te gee uit ons belasting. Ja nee my 15 dae vakansie ‘n jaar na 40 jaar in die bedryf beny ek nogal mense wat baie vakansie het al moet hulle gedurende al hulle baie vakansie ook so bietjie moet werk vanaf die huis.

anniekiewiet ·

Dis ‘n baie goeie verduideliking van hoe dit 25+ jare gelede was, en in sommige skole vandag nog en in die toekoms by hulle sal wees, maar as jy dink alle onderwysers werk so voldag, het jy geen idee hoe dit elders gaan nie.

Lida ·

Susan ek hoor wat jy sê en dit is absoluut die waarheid. 80% van vandag se ouers het n te “besige” leef styl en weet nie wat om hulle gebeur nie. My dogter is n onderwyseres en ek dink dat hulle met die opleiding/ diplomas en selfs grade agter hulle name en vir dit wat hulle in hul werk insit en die omstandighede waarin party van hulle werk, beslis nog onder betaald is. Gin wonder hulle gaan soek vir beter in ander lande waar hulle regtig erkenning kry vir wat hulle doen. Dankie vir julle geduld, liefde en opofferings om deure vir ons kinders oop te maak sodat hulle ook eendag n verskil te kan maak.

Nie Verbaas ·

N onderwyser met n Mercedes Benz? Hulle word goed betaal? Wonder waar die lisensie gekoop is.

Janice ·

Die motor lyk nie te sleg vir een wat deur ‘n muur geploeg het nie. Ek is meer bekommerd oor die standaard van die gebou.

Anthony ·

Nou nie juis n baie sterk aanmekaar goboude muur nie of wat se ek?

Lida ·

Suur druiwe…onthou daar is 2 inkomste. Dalk is die ander party n dokter, prokereur of wat ook al en kan hulle dit bekostig. Wat worry julle oor n kar???? Sal graag oor die welsyn van die beseerdes wil hoor en bid hulle sterkte toe. Alles was en is traumaties vir kinders en onderwysers.

Deon ·

So die LUR doen sommer nou die polisie se werk ook… Peisang plaas

Hasie ·

Hoe in die lewe kan onderwyser Mercedes bekostig ….ek kan nie eens die skaduwee van daardie voertuig bekostig nie ?

Blikkies ·

Nou daai foto van die silwer voertuig, kyk die registrasie nommer, behoort seker aan ‘n buitelandse onderwyser.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.