Foto’s: Ontmoet vir Zonkie die sebra-donkie

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Zonkie is ʼn driejarige kruising tussen ʼn sebra en ʼn donkie.

Zonkie woon op die plaas Roux Horsemanship in Bainsvlei buite Bloemfontein. “My man, Bertie, het hom mak gemaak deur slegs lyftaal te gebruik,” het Annemarie Roux, Bertie se vrou, gesê.

“Kinders is mal oor hom. Hulle voer vir hom wortels en hy is mal daaroor.” Zonkie het die wollerige pels van ’n donkie, maar wit-en-swart gestreepte bene.

Zonkie sal nie geleer word om ʼn ry- of werkdier te wees of vir voortplanting gebruik word nie aangesien dié soort kruisings meestal steriel is.

Ander kruisings soos muile (perde en donkies) of zorses (perde en sebras) kom nie soos sonkies (sebra en donkies) in die natuur voor nie. Sonkies is egter ook baie seldsaam.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Is hy ‘Zonkie’ of ‘Sonkie’? Naby Deneysville is ook so ‘ n mensgemaakte mismaaksel. Op ‘n stadium was daar ook ‘n Lier (leeu/tier) in die Bloemfonteinse dieretuin. In die natuur sal hulle NOOIT kruis maar die mens maak misbruik van hulle natuurlike drange. Dit klink al asof die nuwe SA nou ook onder die diere ingeforseer word.

scalla ·

Zeronkie, niks nuuts nie, weet en sien van baie gevalle, party van hulle is die lyf gestreep soos die zebra en bene van die donkie. kan ook nie voortplant nie.

Eish! ·

Snaaks……………….. Eintlik moes dit met alles en almal so gewees het. Steriel as jy oor ‘n grens gaan. Dier, mens, voels, ape, alles! Dan sou daar meer vrede op ons aarde gewees het. Raar maar waar.

pop ·

Ek dink hys alte pragtig. Hoe kan iemand hom n mismaaksel noem. En Peet ons het op die plaas n perd en Zebra gehad wat so draad gespring het. Ons het definitief nie n vinger in daai pie gehad nie. En net soos met diere is alle kinders pragtig.

Peet Schabort ·

Soos gesê Pop is dit in die Nuwe SA wat dit so lekker gaan. Hierdie zebra en perd het dit seker ook misbruik. As mens nou se dae by velkleur en herkoms kan verbykyk dan kan daar seer sekerlik ook by strepe en voshare dieselfde gedoen word. Wat ek egter wil beklemtoon is dat wanneer jy nie respek het vir ‘n ander nasie dan kan jy nie verwag dat daar teenoor jou respek betoon word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.