Foto’s: Ontploffing rig skade aan by Amsa-aanleg

Die skade aangerig aan ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se aanleg in Vanderbijlpark. (Foto: Verskaf)

ʼn Gedeelte van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) se aanleg in Vanderbijlpark is Woensdagaand in ʼn ontploffing beskadig.

Tracey Peterson, woordvoerder van Amsa, het aan Maroela Media bevestig ʼn ongebruikte gaspypleiding het omstreeks 20:00 ontplof. Dit het skade aan ongeveer 15 m van die aanleg se pypleiding aangerig, asook aan aangrensende geboue en pypstrukture.

Dit is nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het nie.

Volgens Peterson is niemand gedurende die ontploffing beseer nie aangesien die aanleg tans instandhoudingswerk ondergaan weens die algehele landwye afsondering om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Herstelwerk aan die beskadigde pypleiding is reeds onderweg en bedrywighede sal na verwagting soos beplan kan voortgaan sodra die afsondering gelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.