Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het aan Maroela Media gesê die gesin wie se huis dit is, was nie tuis toe die ontploffing plaasgevind het nie.
“Die krag was glo vir ʼn geruime tyd in die gebied af en toe dit vanoggend aankom het, het die ontploffing plaasgevind. Ons vermoed dit het moontlik iets met die stoof en die gassilinder te doen, maar die oorsaak kan nog nie amptelik bevestig word nie,” het hy gesê.
Volgens Loubser is niemand tydens die voorval beseer nie. Omliggende inwoners moes as voorsorgmaatreël hul huise ontruim totdat die area veilig verklaar kon word.
Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê hy sal later kommentaar lewer sodra meer inligting beskikbaar is. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Laat mens dadelik weer onthou van tragiese plofstof ontploffing jare terug in Villieria…
Jho, was dit ‘n gewone huishoudelike gassilinder? Julle kan gerus bietjie meer hieroor rapporteer, ons almal kan iets hieruit leer. Mens speel nie met gas nie, hier is die bewys. Gas silinders en onveilige installasies kan lewens neem.
Wat moontlik kon gebeur het is dat die stoof aangeskakel was en die kragtoevoer onderbreek is waarna die stoof nie afgeskakel is. ‘n Gasbottel is toe op die stoofplaat gebruik en daar gelos na gebruik. Die mense is toe weg uit die huis en die krag het weer aangekom. Die gevolge is vanselfsprekend. Op Evander het daar jare gelede dieselfde gebeur en net die mure het (soort van) bly staan.