Foto’s: ‘Oorweldigende opkoms’ by staptog teen rasse-uitsluiting

Foto: Reint Dykema

“Ons is oorweldig deur die hoeveelheid mense wat deelgeneem het en hul stem laat hoor het. Vandag is Sandton se strate oranje geverf.”

Só sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, ná afloop van ʼn reuseoptog vandag deur die Sandtonse sakesentrum teen rasse-uitsluiting.

Volgens Hermann het Solidariteit verwag dat soveel as 2 000 mense aan die optog sal deelneem, maar nog meer as dié syfer het die strate ingevaar om teen Sasol en rasse-uitsluiting oor die algemeen te betoog. Geklee in oranje T-hemde en pette, en met reusebaniere en kennisgewings, was dit ʼn opvallende see van oranje wat deur die strate beweeg het.

Protesgangers het eers na die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) gestap waar ʼn memorandum aan senior verteenwoordigers oorhandig is. Volgens Hermann word daar in die memorandum versoek dat reëls en regulasies ingestel word om, ooreenkomstig internasionale konvensies, maatskappye wat op die effektebeurs noteer te verhoed om aandeleskemas in te stel wat werknemers op grond van ras uitsluit.

Ingevolge fase 2 van die Khanyisa-personeelaandeleskema sal swart werknemers by Sasol R500 000 se aandele by die maatskappy ontvang, terwyl wit werknemers, ongeag hul posisie of diensrekord by Sasol, geensins aan dié fase mag deelneem nie.

Foto: Reint Dykema

Ná die oorhandiging by die JEB het die skare na Sasol se hoofkantoor beweeg waar daar ook ʼn memorandum aan die maatskappy oorhandig is rakende die omstrede Khanyisa-aandeleskema. Hofstukke is ook op die maatskappy beteken om die wettigheid van die Khanyisa-aandeelskema in die hof te toets.

Hermann sê hy is trots op die manier waarop protesgangers hul stem dik gemaak het, sonder dat daar enige voorvalle van geweld was. “Elke protesganger daar het ten sterkste standpunt ingeneem en gesê genoeg is genoeg sonder dat daar een band gebrand is,” sê hy.

“Soos ons deur die strate gestap het, het optoggangers slagspreuke geskree wat tussen die hoë geboue van Sandton weerklink het. Mense het langs die pad gestaan en kyk en by die vensters van geboue uitgeleun om foto’s te neem en te sien wat gebeur. Dit was byna ʼn emosionele belewenis.”

Optoggangers stap deur die strate van Sandton. (25 Oktober 2018). Foto: Verskaf

Hermann sê hoewel die protesoptog spruit uit Sasol-werknemers se teenstand teen Khanyisa, het dit gegroei tot iets baie groter –  ʼn protes teen rasse-uitsluiting op alle vlakke. “Sasol en selfs ander maatskappye wat op die JEB noteer het begin om ras-eksklusiwiteit as normaal te sien, maar vandag was ons standpunt duidelik – dit is nié normaal nie. Dit is nie normaal om mense uit te sluit bloot op grond van ras nie en dit kan nie net goedsmoeds aanvaar word nie.”

Hy voeg by dat daar talle joernaliste, insluitend buitelandse verslaggewers, by die optog was en dat dié standpunt dus nou internasionaal sal versprei.

Intussen sal Solidariteit ʼn mandaat by sy lede kry om te bepaal of die vakbond se huidige sloerstaking by Sasol sal voortgaan en of dit opgeskort sal word hangende die uitslag van die hofproses. “Ons verwag dat dit ʼn lang en uitgerekte hofproses sal wees en dit is eintlik jammer dat ʼn mens só ʼn sosiale kwessie in die hof moet gaan beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

RINA SCHEEPERS ·

Wonderlik om te kan dink dat daar so baie mense omgee vir hulle medemens!

Sky ·

En nie ‘n dooie woord hieroor in die linkse media (News24, Netwerk 24, ens) nie

Philly ·

Jammer om te kan dink daar kon baie meer mense gewees het. :(

Hoe nou....... ·

Opvallend……daar was geen vlae gebrand en geplunder wat plaasgevind het nie.

TLC ·

OMW
Fantasties
En hul betoog maar met trots kyk ek hul skoon ordendelike manier om stantpunt te stel
EK IS TROTS OP JULLE
EK IS TROTS OM WIT TE WEES

bgj van der westhuizen ·

wel dit was vreedsaam gedoen as as sasol nog nie wil saam werk nie maak sy fabriek toe dat daar niks vervaardig word nie

Blondie ·

Wel gedaan Solidariteit!! My hart swel van trots!! Doen asb so voort!!

Paul ·

Man, man man! Trots is ons en daar is mos nou niks wat in hierdie mense se pad staan nie. Hulle stel ‘n voorbeeld om na te streef. Ander vakbonde, CR, jy noem dit, “eat your heart out”!

Waarom nie ‘n skildery hiervan maak met die naam “voortreflikheid” en dit in die voorportaal van die parlement ophang nie?

O ja en dan ‘n byskrif in hoofletters waaroor die protes gegaan het!

Mossie ·

Dit maak my hartseer om 2 redes:
Hartseer/trots om te sien hoeveel mense bereid is om standpunt in te neem, om gehoor te word en dit op n waardige en trotse manier. Hoop die negatiewes onder ons wit mense wat net geweldadig wil raak, raak rustiger.
Hartseer omdat ons sover moet daal tot op n vlak deur ook te staak en die strate in te vaar soos die ander. Hartseer omdat dit ons menswaardigheid van ouds ontneem om n probleem om n tafel te sit en uit te sorteer soos volwassenes.
Hoerdie sal baie beslis raak gesien word juis omdat dit so teenstrydig is met ander stakings, internasionaal gaan dit mense bietjie laat dink.

Tiger ·

Mossie ja stem saam dis mooi om te sien dat mense vreedsaam betoog.Ek sou egter wou sien dat die betogings uitgebrei moet word na meer fasettte,soos die blokkering van Sasol aanlegte en afsny van steenkool toevoer na Sasol aanlegte en die volskaalse boikottering van Sasol vulstasies vir ‘n onbebeperkte tyd sodat Sasol dit behoorlik aan sy sak kan voel.Sasol steur hom nie aan woorde nie.Hy moet “geslaan” word waar dit die meeste tel – sy sak.

Chris Ws ·

Dis pragtig om te sien.Wel gedaan mense! Nou moet daar harder opgetree word teen SASOL.Blokkeer sy in en uitgannge by alle aanlegte en sny sy steenkool toevoer heeltemal af.Blokkeer ALLE Sasol vulstasies totaal en ontneem Sasol van inkomste deur brandstof verkope.Verhoed Sasol om brandstof uit te voer na buurlande.Mooi praatjies gaan niks help nie.Harde optrede wel.Kry motoriste om Sasol vulstasies te boikot op groot skaal.

John ·

En die jammerste is dat Sasol hom gaan afvee aan hierdie oranje-optog want Sasol is onaantasbaar… verwaand.

Naas Vermaak ·

Google bietjie ‘n foto van die Raad van Sasol….vertel ‘n storie, glo my….Sasol maar net ‘n pion…hierdie skemaregulasies kom van ander vlak af…duidelik soos daglig.

Tammy ·

Sies Sasol ek skaam my vir julle, dat julle so laag kan daal om die mense wat julle gebring het waar julle was, let wel was, want na hierdie episode is julle nie meer waar julle was nie, al is dit net in aansien…. geen respek vir Sasol meer nie, die eens gerespekteerde instelling het gevaal in sy rasse onbillikheid teenoor die witmense!!! En vir die paar wit werkers wat nie wou deelneem nie, julle kinders sal eendag definitief weet dat julle nie belang gestel het om vir hulle te baklei nie.

Eish ·

Wat n gesig!
Mens se hart klomp sommer vuurwarm vir julle!
Wonderlike inisiatief wat ons vertrou wyd blootstelling gaan kry…
Onse mense!

waarheid ·

Wonderlik om ‘my mense’ so te sien!!!!
So trots op julle!!!!

Elmarie Boshoff ·

So trots op hierdie mense en kyk mooi na die foto’s. Dit was nie net wit mense wat gestap het nie. Ek wens ons kon dieselfde in die Staatsdiens doen maar, as ons dit doen word ons sumier afgedank.

Arina van Zyl ·

Ons is so baie trots op julle. Wys ons kan ook ons stem dik maak, maar sonder om af te breek. Dankie.

jean ·

Hoekom sou daar enigsins geweld wees?……Ons weet wie ons is..

Boy van die Suburbs ·

@Jean – stem 100% saam met jou. Opbou is ons leuse. Afbreek en verwoes is NIE ONS STYL NIE!

Callie ·

Baie geluk. Hier was die bewys wat is die verskil tussen opgevoede mense met billike redenasie vermoens teenoor onopgevoedes wat vernietig

Willehond ·

Tweede fase: STOP DIE PLANT! IN SY SPORE!!!!! JULLE KAN WANT DIE ANDER HET GEEN IDEE WAT HULLE ELKE DAG DAAR DOEN NIE!!!

chrisjan ·

Stem saam!Stop Sasol 1,2,3 en 4 heeltemal om te produseer!

Liberaal ·

Ek het gedink daar gaan min opdaag, lyk my dat ek was verkeerd. Linkses hou nie daarvan as mense vir hulle eie regte opkom nie, en linkses hou nie can menseregte as die mense witmense is nie.

Hendrik ·

Ongelukkig kon ek self nie daar wees nie omdat ek in die buiteland werk. Baie dankie aan almal wat wêl daar was. Maar waar is die groot gros mense wat in JHB of PTA bly en kon gaan saamstap het? Lyk my nie daar het veel gekom van die optog wat verkeersknope sou veroorsaak nie. Ek is bevrees dat alhoewel hierdie optog vir ons beter laat voel, dit nie ‘n duik maak op die openbare mening nie. News24 en Netwerk24 berig nie eens daaroor nie, maar hulle berig oor ‘n optog in die Boland oor plaasafsettings. In SA kry jy net nuusdekking as jy ontwrigtend optree – Afrika sien beheersdheid as swakheid. Indien Snadton se sakekern tot stilstand gedwing was deur ons mense, sou dit dalk ‘n duik kon maak.

LYDIA LURIE ·

Soo trots op ons mense!! Wens ek was ook daar!! Omdat ons eerlike reguit pad loop waarvoor ons staan…..sal ons Hemelse Vader ons nooit in die steek laat!!!

Hoc est bellum ·

Respek aan diegene wat voordeel uit die stelsel gaan behaal en wat bereid is om saam met diegene teen wie gediskrimineer word, te stap en te staak.

humor ·

Hier uit SWA ook trots op julle. Ook jammer dat dinge sover gevoer moet word om geretigheid in hierdie eens beskaafde land te bewerk. SaL hulle hulle ooit aan so n beskaafdheid steur?

Wiehan ·

Nee nee nee, hierdie mens weet nie hoe om te staak en te betoog nie, ie eers een winkel is geplunder of voertuig is beskadig nie. Jô

Boeremeisie ·

Solidariteit en AfriForum ek smeek julle vanaand met trane in my oë. Die bankrot instellings is besig om my GEPF leeg te suig agv reddingsboeie. Dit veroorsaak dat ek binnekort my geliefde land sal moet verlaat om in die buiteland te gaan skool hou!! Help asb!! Kan julle nie ‘n Hofbevel bekom wat keer dat die Regering nie hulle kloue in my GEPF slaan nie?? My senuwees is gedaan….dit beteken ek sal op 53 in die Buiteland moet oor begin…….

Fanie ·

Solidariteit ondersoek dit reeds, en het inligting vir Cosatu deurgegee wat ook die regering daarmee aangevat het. Jy hoef regtig nie sleg te slaap nie.

Pik ·

En dis nie net sasol nie wat van DSTV en al die banke hulle doen dieselfde?

Koos ·

En wat van MTN? Het hulle nie ook skemas wat wit werknemers uitsluit nie?

Jaspaas met sy stil geraas... ·

JIP, my vriend se tuinier, het my een van hul(MTN) se aandeel skemas gewys, en ek self kon nie deelneem nie, en hy was selfs bekommerd dat ek die , onder die dekmantel, skema nou raak gesien het en te hy te laat besef het oor wat hy my oor ingelig het…

Maar wat toe gebeur het, later aan, is dat baie van van die aandeelhouers toe ge”scam” was…
doen self ondersoek…

ps. ..en koop tog maar die – Daily Sun, so af en toe… selfs Nedbank het, en andere…
DAAR adverteer “HULLE” die aadeel skemas….

Hoe nou....... ·

En so het meeste Mpy wat gelys is op die JSE – dit gebeur orals met hulle ”empowerment” inisiatiewe en alles te doen met BBBEE scoring.

Fanus ·

Weet van klerewinkels soos EDGARS wat ook mense uitsluit op grond van hul velkleur. Hartseer.

Stephan de S ·

Baie geluk Solidariteit met die optog en al die ander goeie werk wat julle nms minderheidsgroepe doen.

JJ ·

Dit was nou so mooi om te sien. Ons wit mense wat saamstaan teen rasse diskriminasie. Ek hoop daar sal vele meer van hierdie optogte wees totdat rasse diskriminasie teen ons wittes gestaak word! Ons moet net nie moed opgee nie. Die Here is getrou!

wollie ·

Grootste wit olifant ooit. Daai besigheid is van geen nut vir Jan Burger nie, useless geldmors storie.

En nou? ·

Nou wat is die verskil tussen hierdie optog en ander optogte? Met hierdie optog is niks afgebrand of beskadig waarvan ek weet nie.

Petrus Heigers ·

Ek kan trots se het ook gestap! Dit was ordelik en tog is die boodskap baie duidelik oorgedra. Die paaie op die N1 was met tye heeltemal tot stilstand gedwing- sodat almal kon kennis neem van die krag van ons optrede. Opmerklik was ook die goedkeuring van mense die mense wat geduldig in hulle motors gesit en wag. Baie hulle goedkeuring gewys en vertel
Ek stem ook verder saam dat daar na rassime in in firmas soos Edgars, MTN, GPDF, DSTV……….gekyk word

Susan de Klerk ·

Gedurende die 1980’s was daar n petrolheffing vir Secunda 2 & 3. Wat het daarvan geword?

Werner ·

Ek gooi by geen Sasol petrol stasie meer in nie. Gebruik ook niks van hulle produkte nie. Sal ook nooit weer nie. Ek hoor dat ander petrol, en ander, maatskappye van Sasol se produkte gebruik, en sal hou daarvan om te weet wie hulle is. Mens kan seker nie heeltemal wegkom daarvan om van hulle produkte deur ander maatskappye te gebruik nie, maar sal sover moontlik probeer om die minimum of niks te gebruik. Net my klein bydrae teen Rasse uitsluiting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.