Foto’s: Oos-Kaapse stadsaal brand

Die brandende stadsaal in Komani. (Foto: Twitter)

Die stadsaal in Komani (Queenstown) in die Oos-Kaap was Saterdag in die vroeë oggendure deur vlamme omhul.

Brig. Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes op patrollie het vanoggend rook uit die gebou sien trek en ondersoek gaan instel. Dié gebou huisves die Enoch Mgijima‑ plaaslike munisipaliteit.

“Onbevestigde berigte dui daarop dat alle munisipale kantore afgebrand het. Die polisie het ’n ondersoekdossier geopen.”

Die brandende stadsaal in Komani. (Foto: Twitter)

Kinana sê die omstandighede van die brand is nie in dié stadium bekend nie.

“Geen inhegtenisnemings is in dié stadium gemaak nie en geen beserings is aangemeld nie.”

Foto’s van die brandende gebou word intussen wyd op sosiale media versprei.

’n Woordvoerder van die Enoch Mgijima‑ plaaslike munisipaliteit kon nie vanoggend vir kommentaar bereik word nie.

Die brandende stadsaal in Komani. (Foto: Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Hulle gaan nie ophou tot die hele land in as en pyn lê nie.

Tanniepetoors ·

Ek het nie woorde om my misnoeë en hartseer oor die vernietiging van sulke pragtige geboue te beskryf nie.

Swerwer ·

Wanneer gaan hierdie ongevraagde brande end kry? Alles dui op ‘n vernietigende ANC wat die land heeltemal vernietig /verwoes en dan vir die “apartheid” wil skuld gee dat daar nie infrastruktuur is wat hul vernietig het uit weerwraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.